Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58553 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Soos julle kan sien is die… 1966 Jurgens opknap Miss Daisy -8 minutes ago
Daisy is weer terug. 1966 Jurgens opknap Miss Daisy -20 minutes ago
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -4 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -4 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -5 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -6 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -6 hours ago

Kaapsehoop

Pretoria
Submitted by Slowstrike on Mon, 12/08/2019 - 15:57
Forums

Ons het toe nie gaan kamp by Mary Pebbles nie.

Ek was dalk oor optimisties oor my gesondheid. Dus het ons gaan kuier by Kaapsehoop saam familie en beste vriende. Dit was heerlik....

Ons het al Don middag laat vertrek en by Alzu ietsie geeet. Darm lekker om al die renosters en buffels daar te sien. Ek sien laatmiddag is daar 4 gewapende wagte wat hulle oppas

.

Die pad was besig en ek moet sê dit lekker om `n betalende e-tollenaar te wees. Daai e-tag only baan het geloop soos stroop terwyl al die roofryers in die rye moes wag. 

Het `n nare kop aan kop botsing teegekom net voor Kaapsehoop. Dit was weereens `n minibus taxi wat teen `n optraande in die donker op `n dubbel sperstreep verbygesteek het. Dit het nare herinneringe teruggebring en die arme passasiers moes met hulle lewens daarvoor betaal.

Vrydag en saterdag was die weer maar goor Koud nat en baie mistig. Dis verbasend om te sien hoe mense bestuur in sulke uiters slegte weerstoestande. Sigbaarheid was soms minder as 20m en steeds wil hulle verbysteek.

.

Het darm heelwat van die wilde perde teegekom. Een van die locals het te vertelle dat die perde word deesdae gereeld doodgery en selfs gesteel. Daat is al `n knaap gevang met sy treiler met twee perde.

Die dorpie self is maar net gastehuise en winkeljies wat allerlei goedjies verkoop. Kos en drinkplekke is daar genoeg en in feitlik almal brand daar `n gesellige kaggel.

Daar is ook `n pragtige kerk

.

google kaart
Pretoria

Slowstrike

Mon, 12/08/2019 - 16:12

Het ook die twee ou dames raakgeloop

.

.

 

Die perde

.

 

Die terugkom was maar goor met weereens mense wat geen respek het vir die padreëls nie. Die tolhek by Middelburg het nie `n e-tag only baan gehad nie en die verkeer het vir kilometers ver opgedam met die taxis en selfs duur platkarre wat links op die grond en gras by talle voertuie verbysteek. Polisie en verkeer hwas teenwoordig maar het niks daaraan gedoen nie.

 

Nog so paar random foto`s

Groetnis

.

.

.

.

 

.

.

.

 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 12/08/2019 - 17:59

Dankie vir die vertellinge en fotos, Slowstrike.

Moet sê, daardie is 'n pragtige kerkie wat mooi instand gehou word.

Port Elizabeth

Antie

Tue, 13/08/2019 - 06:17

Ons was al daar, baie lank terug, maar net vir 'n dagbesoek.    Ja, dit is 'n pragtige plek tussen die berge.   Daar kom wilde perde voor, hulle is beautiful!

Middelburg

Noel

Tue, 13/08/2019 - 07:36

Ek het baie in die negentiger jare daar oor geslaap in die gebou wat gebruik word vir landdiens kampe toe ek in laeveld gewerk het.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 13/08/2019 - 08:40

Danie, dankie vir die deel, Kaapsehoop is 'n pragtige kunstenaars dorpie in Oos Transvaal (Mpumalanga).

Dit is regtig jammer om van die patetiese bestuurders op die pad te sien, veral ook die slegte nuus in verband met die wilde perde,  dit is juis ons rede vir ons besoeke daar.

Die omgewing is asemrowend mooi, en enige mens moet daar aan doen wanneer jy in daai omgewing is, beslis die moeite werd.

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Tue, 13/08/2019 - 15:36

(eintlik gespel Kaapschehoop) gaan kuier na 'n 10 dae besoek aan KNP. Dis 'n interessante dorpie.

Baie wit tarentale toe ons daar was. 

"

Die pragtige perde

"

"

Kennisgewing in die gesellige Salvador Restourant

"

"

pretoria

pieterc

Thu, 15/08/2019 - 19:23

Baie oulike plekkie.

Ek weet al lankal van die plek, maar het in 2017 vir die eerste keer daar uitgekom en verlede jaar weer een aand daar oorgeslaap op pad Wildtuin toe. Nie rêrig op die pad nie, maar ook nie n vreeslike draai om te ry nie. Pragtige en rustige omgewing om net te ontspan.Ek verstaan daar is ook n "Adam`s Calender" in die omgewing, maar was nog nie daar nie.

Kaapschehoop is naby genoeg aan Gauteng vir n naweek wegbreek, meer kan ook as basis dien om die omliggende omgewing te verken as jy langer wil bly. n Dagrit na Msauli Village via die Geotrail is die moeite werd al is jy nie n geoloog nie. Pragtige uitkykpunte en voorbeelde van geologiese vormasies.

Msauli Village is die ou asbes myndorpie wat net so agtergelaat is toe die myn van asbes weens gesondheidsgevare gestaak is. Alles is net so agtergelaat, daar staan nog n vol grootte snoekertafel in die kroeg met n pragtige sleeper kroeg en sitplekke. Die klavier in die ontspanningsaal is ongelukkig in die laaste jaar verwoes. n Onlangse poging om die dorpie in n vakansie oord te omskep het ongelukkig weens finansiele redes misluk en ek is bevrees dat die sleeper kroeg en deure dalk as vuurmaakhout kan opeindig.

Pieter

pretoria

pieterc

Thu, 15/08/2019 - 19:31

Jammer

My vorige plasing is bietjie van die onderwerp af.

Baie dankie vir die deel en mooi fotos Slowsrike en Sarel.

Pieter