Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -47 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -1 hour ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -1 hour ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -2 hours ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -2 hours ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -2 hours ago

Willem en Verf

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Fri, 16/08/2019 - 14:33
Forums

Ja die kwas los my net nie, is seker maar die lot van huis eienaar ?

Het nou die anderdag gesien die woonwa se afdak se dak begin roes en die blare waai langs die geut in die "lip-channel" in waar dit lekker lê en roes.  So daar moes ook plan gemaak word.

.
Dit is die groot deel wat nog gedoen moet word 😢

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 16/08/2019 - 14:47

Het toe maar besuit om te begin aangesien niemand anders dit vir my gaan doen nie.  Ek het besef dat en nie net kan verf nie want daai roes kolle gaan nie vanself wek raak nie.

.
Hier kan die geut gesien word tussen die "lip-channels"

Toe ek die geut skoonmaak sien ek plek-plek is hy deur geroes 😢

Hoe nou gemaak, ek het van daai membrain gebruik waarmee jy dakke seël en dit binne die geut in geverf, hoop dit hou ?

.
Hier kan jy sien wat het ek aan die dak se kant ingesit het om die luin blaartjies te keer om onder die dak tussen die geut en "lip-channel" in te waai.
.
Hier kan jy sien die plaat wat ek ingesit het om die blaartjies tussen die buite "lip-channel" en die geut te keer.

 

Pretoria

Slowstrike

Fri, 16/08/2019 - 15:21

Willem

 

As jy klaar is daar by jou kan jy gerus hier by my kom invallaugh

Ek haat dit om te verf jy my mater het veel meer moed as ek om dit self te doen

Groetnis

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 16/08/2019 - 15:30

En so begin dit.

.
Planke is op.
.
So begin die skuur van die dak.

Daai openings moet ook geseël word, sal nog besluit of ek membraam of plaat gaan gebruik ?  Want die wind waai die doring boom se klein blaartjies daar in en daar kom saam reën in wat gekeer moet word.

 

Centurion

Voortrekker

Sun, 18/08/2019 - 06:16

Ek gaan in September ook weer bietjie verf werk doen.  Moet onder se ceiling verf asook die mure in sitkamer.     EK doen dit gewoonlik maar self - verf is nogal 'n groot job, altyd baie groter as warrvoor 'n mens beplan.

Centurion

Voortrekker

Sun, 18/08/2019 - 06:19

Willem, as ek daai dak so opsaaiz,  is jou rug en grinder altwee moertoe voordat jy klaar geskuur het

Hier by ons het hulle juis nou die dak gefix / service.  (Nie ek nie)   Afgeskuur, vrot balke vervang en weer geseël ens.  Daar het water ingekom en my een muur binne is beskadig, verf begin afdop ens.  Ek moet dit ook in September fix, maar moet nog beplan hoe ek dit gaan benader.  (Miskien moet ek vir Willem Brits aanstel? laugh)

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 18/08/2019 - 08:13

Het oom Wilsur nie redelik onlangs op pensioen gegaan nie. Nou wonder ek, is die verfwerk regtig nodig of is dit n metode om die trauma te hanteer. Dit kan ook net n verskoning wees om meer bier te mag drink. smiley

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 18/08/2019 - 15:47

Willem, as ek daai dak so opsaaiz,  is jou rug en grinder altwee moertoe voordat jy klaar geskuur het. 

Neef, ja ek voel dit elke keer die volgende dag vir paar dae 😢

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 19/08/2019 - 14:14

Ek voel vandag my rug sukkel om by te hou. 

Maar het darem so ietsie gedoen gekry, moet nou net "sealer" ky om dit af te seël.

.
Darem begin.
.
Die een kant is gedoen, elke een gesny om te pas.

 

Middelburg

Noel

Mon, 19/08/2019 - 14:52

Wilkem, dit is n baie netjies en sien jy wil dit deeglik doen vir volgende 15 jaar. Wil byse Willem het maerder geword van al sy huiswerkies.