Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -46 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -1 hour ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -1 hour ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -2 hours ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -2 hours ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -2 hours ago

Elke 10000 km ??

Secunda
Submitted by Sleep nou on Sun, 18/08/2019 - 09:24
Forums
Glo julle om elke 10000 km voertuig bande te ruil oorkruis of agter voor te sit en voor agter en allighment te doen of is dit maar n geld maak storie ek doen dit wel ?
Centurion

Voortrekker

Sun, 18/08/2019 - 11:38

Ek ruil my bande op my caddy, oorkruis, want hulle is nie rigting spesifieke bande nie.   Ek moet dit maar doen want my agterste bande loop vreeslik stadig af en as ek dit nie so ruil nie sal die agterste bande se loopvlak nie ten volle benut word nie.  Sodoende kan ek dan langer lewe uit 'n vol stel bande kry en al 4 gelyktydig vervang.   Ek ruil die bande gewoonlik so na 35 000 km.

Middelburg

Noel

Sun, 18/08/2019 - 13:50

Ek stem met Anton se redinasie om bande se looovlak te balanseer ruil albei my voertuie se bande elke 10000km. Die Isuzu se bande het op 80000km geloop voordat nuwes vervang. Bande wat met karavaan sleep loop vinniger af as gewoonlik. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 18/08/2019 - 15:35

Ek ruil voor reguit na agter en laat balanseer dan sommer terselfde tyd ook, maar my waarborg verwag nou ook 'n wiel sporing elke 10 000Km.  Ek verkies ook om liewer al vier bande gelyk te vervang, dit is maar net iets wat my pa my geleer het, alle bande moet egalig loop, reg of verkeerd, dit is maar hie ek voel.

My voertuie se bande word ook elke 10000 kilos geruil van voor na agter, gebalanseer en wheel alignment word gedoen.

BMW kry so 60000 op stel en die Hilux so 70000.

Môre vriende

Ek kan amper nie glo dat in vandag se tyd daar steeds mense is wat bande oorkruis ruil nie.

Ek is deur Hi-Q aangeraai om tenminste elke 15000km die bande te ruil, slegs voor na agter, op my Hilux.

Ek het met my voorwiel aangedrewe Jetta's gevind dat mens nie eers moet waag om agterwiele na voor te ruil nie. Weens verskillende instellingshoeke, tussen voor en agter, kon ek net nie kry dat die voertuie wil padhou na 'n ruiling nie. 

Groete   

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 19/08/2019 - 12:30

Ek ruil weer my Cooper bande kloksgewys, elke 10 000km, spaarwiel ingesluit  -  terselfdertyd balanseer ek elke band en laat die wielsporing ook doen.  Ek verkies dit so, maar Coopers vereis dit ook vir hulle 80 000km waarborg.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 19/08/2019 - 13:29

Met die AWD moet ek inelk geval altyd al 4 bande saam ruil anders is die bande se diameters nie die selfde nie want dit pla die ratkas.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 19/08/2019 - 19:59

Laat ook roteer, maar hoe dit gedoen word,  nie seker nie. Gebruik dieselfde bande plek lankal, hulle vra so R200, 00 vir n ruil. In die tyd drink ons n lekker sawwe koffie daar naby.

Die reel waarmee ek groot geword het was dat kruislaag bande oorkruis geroeteer word en straallaag bande net van voor na agter en andersom geruil word. Met ander woorde - links voor na links agter en links agter na links voor en dieselfde vir regterkant.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 21/08/2019 - 16:06

Vanoggend my bande se waarborg na gekom deur dit na T&W in Vanderbijl te neem vir die eerste 10 00Km diens teen 'n koste van R605. 00 kon ek nie kla nie.  Bande is geballanseer, geruil en wiel "alignment" is gedoen.