Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -51 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -1 hour ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -1 hour ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -2 hours ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -2 hours ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -2 hours ago

Hoeveel keer per jaar gebruik jy jou wa?

Submitted by Frikadel on Tue, 20/08/2019 - 08:05
Forums

Gister moes ek my karavaan se lisensie gaan uitneem, dit beteken ons het die outjie nou presies n jaar.

Nou wonder ek, hoeveel keer gebruik n gesin op avarage hulle karavaan per jaar, net vir interesantheid.

Ek moet noem dat ons tyd baie beperk is met die kinders se aktiwiteite, so ons gryp geleenthede aan.

Dan moet ek ook meld dat alle vakansies nie woonwa wegbreke is nie, soos die jaar is huisie bly vakansies, Keurboomstrand vir n week en ons kuier by Koningin Liesbet en die Ingilse 10 dae in Desember.

So van Julie 2018 tot Augustus 2019 as volg:

  • Edenpark
  • Mbizi
  • Weesgerus
  • Waterberg Resort
  • Voetpadkloof

 

Pensionarisse is natuurlik uitgesluit, jy moet kinders op skool he en dit maak Willem deel van die opname.

Gooi hom!

Môre vriende

Die antwoord op Frikadel se vraag, is maklik---hopeloos te min. Ek is oortuig dat die aanskaf van 'n wa om "goedkoop" vakansie te hou, nie die kapitale uitleg regverdig nie. Tog doen ons dit, WANT die kans is goed om na etlike jare die kapitale uitleg te kan herwin, met verkoop van wa. Dis nou wanneer die asem te kort sit om te sleep en kampeer.

Ek het afgelope jaar darem so 9 keer my wa gebruik. Dit sluit 'n tog na Oos Vrystaat en Satara in. 

Onthou net---daar is vele maniere om die vraag te antwoord; soos ek hierbo [kere gaan kamp], of aantal dae in wa spandeer. In laasgenoemde geval gaan die mense soos Koos Mol, Arie en dalk Chris Boucher bo uitkom.

Groete

Wessel  

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 20/08/2019 - 10:55

....ook graag my wa meer wou gebruik, maar soos wat die ouderdom aanstap, beland daar soms struikelblokke in die pad om jou te verhinder.

Ek het presies 50 jaar gelede op 22 jarige ouderdom my eerste karavaan aangeskaf omdat ek 'n mobiele huis moes hê omdat ek in opdrag van my werkgewer die hele land (insluitende die destydse Suidwes-Afrika) sou moes deurreis om my werk te doen.  Die alternatief was hotelle waarvoor ek nie kans gesien het nie.

Sederdien staan daar nog altyd 'n karavaan op my werf, nie uit finansiële oorwegings nie, maar omdat ek gek is oor hierdie vorm van leefwyse.  Maar vir dié wat die finansies belangrik ag, nie een van my 9 karavane wat ek besit het is teen 'n verlies verkoop nie.

Secunda

Sleep nou

Tue, 20/08/2019 - 12:20

In 2019 nog nie gekamp net rondavel so sou ek n wa gehad het sou sy 4 wielle vierkantig gewees hetsad

Die wapad.

Koos Mol

Tue, 20/08/2019 - 13:39

Gebruik my wa heeltyd vanaf 4 April 2016. Ek het toevallig gister my data opdateer.

Hier's 'n paar syfers:

Gemiddelde kampkoste is R120.06 per nag. Ek het 25,969 km gesleep, totale km afgelê = 72,256. Brandstof rekening R111,826. Gemiddelde brandstofkoste is R1.548 per km. 200 plus nuwe mense ontmoet, my lysie is bietjie agter.

Die rede vir die draad is nie om te kyk of die wa die moeite werd is in geld waarde nie, gladnie.

Ek wil net vasstel of ons te min kamp of nie.

Ek sal more weer vir my n wa koop, 20 x oor.

Willem, ek dink tussen jou en Ski is julle die Baas wat kamp aanbetref!!

Koos en Chris doen ook goed, Wessel doen ook nie sleg nie.

Len verlang na die Willetuin.

Middelburg

Noel

Tue, 20/08/2019 - 15:36

Ek kamp nou baie minder as my vorige 2 karavane. Namate ek ouer word, moet ek verlof neem om te gaan kamp. Naweek kamp is hopeloos te kort om te rus en kamp te geniet asook dit regverdig die kampkoste vir n week teenoor naweek koste veral verder as 150km van die huis af. Ek het sover 3 keer gekamp vanjaar en is hopeloos te min en die boswa is 2017 laas gebruik sad

Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 22/08/2019 - 06:43

Het altyd ten minte eenmaal  n maand gaan kamp.

Nou met al die teen spoed (siekte, werk en siek Froggy) het ek die jaar nog net 3 keer gekamp.

n Baie duur ornament.

Froggy is darem nou weer mooi op die been. smiley