Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -39 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -59 minutes ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -58 minutes ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -2 hours ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -2 hours ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -2 hours ago

My nuwe speelding

Worcester
Submitted by Wildehont on Mon, 02/09/2019 - 14:09
Forums

Almal weet teen die tyd dat ek verlede week ‘n splinternuwe 2de-handse 2008 Echo Kavango woonwa gekoop het. 

Die agterligte het nie reg gewerk nie, en 3 van die binne liggies was ook onklaar. Ek het dit vanoggend by die auto elektrisiën gaan haal nadat dit reggemaak is. Hier staan dit in die straat oorkant ons huis net voor ek dit weer ingetrek het. Ek hou van die lae profiel en dat dit omtrent net so hoog soos my Everest is. Die haak was ook op die regte hoogte om die A-raam mooi horisontaal te laat hang.

Ek brand om te gaan kampeer en maak reeds besprekings vir die volgende paar maande. 

Ek

Middag Chris

Lyk baie mooi, maar;

1] hoekom hang die Everest se stert in die grond, was daar vloeibare kruideniersware agterin gelaailaugh

2] jy moet kyk na jou kragkabel, dit lyk of dit amper op grond sleep.

Groete

 

Worcester

Wildehont

Fri, 06/09/2019 - 20:55

Ek sit en vat nou ietsie terwyl ek die gebruikershandleiding vir my model Echo Kavango wat ‘n lid van die 4x4community forum vir my gestuur het lees, ter voorbereiding vir my vinnige een nag staan langs die Breede rivier môre. Dit gaan net ek en my twee kleuters wees want mamma is in Pta vir werk. Ek gaan dus moet bontstaan maar hulle sien so uit daarna dat ek sal moet gaan. Ek sien natuurlik net soveel uit daarna!

H

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 07/09/2019 - 06:39

More Chris, glo dit gaan pret wees,  laat weet hoe dit gegaan het, en moenie sleg voel jy gesukkel het nie, glo nie eers 'n nuwe (vreemde) pad wa is maklik die eerste keer nie.

Geniet die toets lopie👍👍

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 07/09/2019 - 09:26

Chris, baie geluk met jou kopie, die Kavango lyk pragtig agter die Everest !  Twee van ons kampmaats wat elk 'n Bushlapa het en baie in hulle skik daarmee is, sê hulle verlang tog nog steeds na hulle vorige Echo's, alhoewel nie die Kavango nie.

Vir my is die Kavango een van die mooiste bos-karavane op die Suid-Afrikaanse mark.

Sterkte vir jou toetslopie vandag en môre, jy gaan beslis jou hande vol hê met jou twee kleuters en jou nuwe baba, en dit sonder 'n ma !

Hello Chris

Ek hoop jy oorleef nog die Kavango en die kinders.

Sal graag wil hoor hoe was die eerste keer. Eintlik behoort jy jou te skaam om sonder die beterhelfte die eerste keer met nuwe speelding weg te gaan. 

Ek hoop dit het goed afgeloop, en jy is tevrede met rykman speeldingdevil

Groete

Worcester

Wildehont

Sun, 08/09/2019 - 12:07

Dit was harde werk maar dit was heerlik en die Kavango sleep en kampeer baie lekker. Kan nie wag vir die volgende een nie. 

Die muskiete het ons weggedra rondom sononder maar ons het lekker geslaap en die kleintjies het ‘n hond uit ‘n bos uit gespeel. Ons het ‘n gawe gesin van Worcester ontmoet en lekker kampeerstories uitgeruil. 

W
Die wa se beste feature

 

Vir my is die Kavango een van die mooiste bos-karavane op die Suid-Afrikaanse mark.

Ek verstaan die Bush Lapa is luukser en baie netjies, maar die skerp hoeke is nie mooi nie. Ek is baie tevrede net die Kavango tot dusver.