Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -57 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -1 hour ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -1 hour ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -2 hours ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -2 hours ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -2 hours ago

Help my bier koud hou asseblief!

Worcester
Submitted by Wildehont on Sun, 08/09/2019 - 12:53
Forums

Ek het Vrydagaand ewe my Engel in die huis ingeprop en gisteroggend gepak sodat ek hom net kan laai voor gister se proeflopie met my splinternuwe 2de handse Echo Kavango. Groot was my onsteltenis toe ek sien die wa het nie ‘n gewone 12V sigaretaansteker tipe sok nie. Al drie wat daar is lyk soos die een op die foto. Wat noem mens dit en waar kry ek vir my Engel ‘n draad wat gaan werk saam met hom?

Sok

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 08/09/2019 - 18:20

Hierdie saak nodig groot toewyding, warm bier, groot sonde, iets sal moet gedoen word. GOU GOU, dit kan nie so aangaan of in n kamp tydperk inloop.

Maar gesies is wesens met oplossings! Stel voor, sit n tampon in daai gat, laat ys bietjie smelt en glo hy sal mooi seel.

Ook glo maklik om te verwyder, het toutjies aa..

devil

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 08/09/2019 - 18:55

Hehehe, seker maar n freudlin slip oor ek klaar op verlof is en planne met die wyfie het as ons later die week, Vrydag in Balito aankom. devil

Hella plug 

Dankie Johan. Kry mens ‘n omsetter waarby ek my Engel se sigaretaansteker prop kan inprop om dit in die Hella sok in te prop? Sal maar gaan kyk wat ek hier op die platteland kan opspoor. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 08/09/2019 - 20:53

Chris, jy kan ook, as jy wil, by enige Midas 'n "female" sigaret aansteker sok koop,  en dit met draad direk op batery koppel. Op so manier dat jy dit kan sit / inbou, waar jy wil.

Roodepoort

HennieBo

Mon, 09/09/2019 - 06:03

Wildehond,

Jy kan die volgende koppelling koop en dan word net die rooi koppie afgehaal(afgedraai) en dit prop perfek in. Die voordeel met die prop onder is dat dit in gewone sigaret aansteker prop ook werk as jy dan net die rooi koppie terugsit./ Jy koop dit by Campworlds ens.

Prentresultaat vir sigaret lighter socket

Prentresultaat vir sigaret lighter socket adapter

Môre Chris

Ek begryp jou probleem met die 12 v kragprop. Dit was sekerlik nie 'n onoorkomlik nie, jou Engel kan sekerlik met 220v ook werk.

Ek is van mening dat in die kas onder voorste bed, waar koelkaste ingestoot word, vir beide 12v en 220v voorsiening gemaak word. Is dit waar jy die effe vreemde koppeling gevind het.

Troos jou, dit is die voordeel van die 1ste verkennende kamp, om sulke verrassings op te spoor.

Groete