Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -15 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -34 minutes ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -33 minutes ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -1 hour ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -1 hour ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -1 hour ago

Sleep in 5de rat

Worcester
Submitted by Wildehont on Tue, 10/09/2019 - 08:05
Forums

Indien dit reeds hier bespreek is vra ek om verskoning. Ek het die mening op ‘n ander forum gesien dat mens onder geen omstandighede in 5de rat moet sleep nie, aangesien dit die ratkas beskadig. 

Dis nou met ‘n handrat, maar wat van ‘n outomaties? My Everest het 5 ratte. Moet ek die overdrive afskakel wanneer ek sleep sodat dit uit 5de rat bly? Ek wil nie my ratkas opneuk nie, maar my dieselrekening is reeds hoog...

Môre Chris

Welkom by die groot debat, ek gaan nou eers terugsit en kyk wat ander opper. Daar was al so 'n gesprekslyn, maar kom ons kyk wat se nuwe insette volg.

Ek het al met beide tipe ratkaste gesleep, waaronder 'n Ford Territory outomaties natuurlik, en ek weet wat het vir my gewerk.

Dieselverbruik hoog--- kry 'n Toyotasmiley

Groete 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 10/09/2019 - 08:43

My Ford het 6 ratte.

Ek lees maar die pad en as ek sien daar is 'n bult en ek weet hy gaan terug skop dan sit ek hom onder in "Sport" (dit is selfde as om hom uit overdrive te haal) want dan gaan hy maks tot 5de.

Op die oop pad los ek hom in Auto en hy sal dan indien nodig self terug skakel.  Baie maal sleep my Ford in 5de en gaan 6de toe sodra hy nie meer swaar trek nie.

Ek weet hulle sê altyd jy moet die rat kies wat so na as moontlik aan 1:1 is sleep.

Kyk wat is jou voertuig se krag kurwes en sleep in daai kurwe se boonste helfte.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 10/09/2019 - 11:11

My gebruik is ou nuus, maar ek herhaal dit maar weer.  Ek kan ongelukkig nie saampraat oor sleep met 'n outomatiese ratkas nie, want al my sleepvoertuie tot tusver was handratte.  Dus wat handratte betref :-

My Pathfinder (ook die vorige een) het 6 ratte en ek sleep in enige rat MITS DIE ENJIN REVOLUSIES NIE LAER DAAL AS WAAR DIE MAKSIMUM WRINGKRAG ONTWIKKEL NIE. My Pathfinder ontwikkel sy maksimum wringkrag van 450Nm by 1900 rpm.  Ek speel veilig op 2000 rpm en sodra die enjin revolusies by hierdie perk kom, skakel ek terug na 'n laer rat.  Oor die afgelope 50 jaar het ek met Ford, Toyatas, Mercedes en Nissan gesleep en nog nooit het ek 'n ratkas-probleem ontwikkel nie.  Die afgelope jare het ek met beide my Pathfonders die Exclusive vir 72 400km gesleep.

Daar steek dus beslis iets in hierdie gebruik vir 'n handrat sleepvoertuig.

Ek sleep in 5de want as ek 6de engage dan rek die Rapier en pas nie meer in die garage nie.

Maklik soos dit.

Centurion

Dusty

Tue, 10/09/2019 - 13:34

Omdat my voertuig 'n tipe van outomaties (powershift) is stel ek die spoedbeheer op 95 km/h en geniet die rit. Die voertuig bepaal self die rat om die wa teen genoemde spoed te hou. 

Middag vriende

Kom ons draai die vraag om;

Wie het al 'n ratkas verloor die afgelope 10jaar weens woonwa sleep, en indien wel;

 watter rat, wat was moontlike rede, outomaties of handrat-kas

Ek vermoed niemand nie, bloot omdat die tegnologie so verbeter het die afgelope tyd.

Groete

 

Worcester

Wildehont

Tue, 10/09/2019 - 13:57

Menings wat ek intussen opgespoor het op ander forums, is dat indien ‘n auto ratkas begin soek vir die regte rat deur heen en weer te skakel, die overdrive afgeskakel moet word om oorverhitting te voorkom. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 10/09/2019 - 19:03

Baie goeie gesprek, waar by ek al baie geleer het.

Ek sleep in sport mode om 5de rat te vermy, het vroeér wel in outo gesleep en tee spoed gekry. My kar het in 2de rat vas gesteek en die ratkas het oor verhit. Dit was 'n baie warm dag naby Brits en die ratkas het bly "hunt" tussen 2de en 3de. (Baie opdraendes en 'n warm Desember dag).

Kia het die rat kas olie gedreineer, en nuwe olie in gesit - gelukkig geen skade nie. 

Centurion

Voortrekker

Tue, 10/09/2019 - 19:10

Jan van Rooyen -As mens jou voertuig ken kan jy in enige rat sleep. Geheim is om te weet wanneer jou enjin swaar kry.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 10/09/2019 - 20:46

Weet nie of my maters n ratkas verstaan nie. In die ou dae het ons gese dat 4de rat direk is, ja, dit is waar, maar eintlik het dit net beteken dat tussen die 2 aste in die ratkas word die ratverhouding 1 tot 1 in 4de rat. Nou kan ons 6 ratte of meer inbou, raak net gekompliseer in die werking, maar daar is nog steeds nie erens n rat wat reguit loop tussen die enjin en ewenaar sonder so paar draaie nie.

Om verder te waffle oor wrinkrag en ratkeuse is n ander besigheid. Met geweld kan jy jou vinger in agterent breek, het oorle pa gesê. Een voertuig se ratkas gaan nie breek met 2 ton sleep met n pap enjin, maar ñ ander, met kragtige enjin  wat heelwat meer perdekrag en wringkrag het, en voel jy kan heeldag in 6de sleep, kan dalk die ratte bietjie laat swaarkry. Lennie se benadering van om jou enjin in die kragsone te laat werk, is myns insiens die beste, sonder om die lepel te plat te trap. Op die ou Landrovers was daar so n nota hier op die dashboard, " avoid using wide throttle openings in low gears" en dit is spesifiek daar om ratte en aste te bewaar.

 

PRETORIA

Leeutemmer

Tue, 10/09/2019 - 21:48

Ek sleep nog al die jare in die rat wat die beste werk teen my voertuig revolusies. Nog nooit `n probleem gehad nie, 

 

Secunda

Sleep nou

Wed, 11/09/2019 - 07:24

Het nog niks swaar onlangs gesleep nie maar my revolusies ook dop gehou sodra voertuig begin sukkel skakel ek oor na laer rat nou met die outo box sal ek sien hoe dit gaan sodra ek karavaan gaan sleep lekke draad die

om jou enjin in die kragsone te laat werk

Ek hou van jou hele verduideliking. Wat die aanhaling hierbo betref; beteken dit die revolusies moet nie onder dit sak waarteen maksimum wringkrag gelewer word nie? M.a.w as my Everest bv teen 1800 rpm maksimum wringkrag lewer moet ek afrat as die revolusies onder dit sak (maar terselfdertyd nie die rpm te hoog laat gaan nie?). Diesels werk mos maar oor die algemeen teen laer revolusies as petrols.  

Môre Chris

Jou beskouing begin regkom. Ek sal jou aanraai om jou Everest se wringkrag kurwe te kry. Dan volg jy die raad van al ons sleep vriende,

1] hou jou omwentelinge binne jou wringkragkurwe. Jy sal dalk effe spoed inboet, maar jy gaan dan lekker sleep.

2] Dis 'n kombinasie van spoed en sleepkrag, binne jou kurwe bereik.Wat ek bedoel--- as jou voertuig se wringkrag skerp daal aan die hoë kant, moenie daaroor gaan nie. Dit help nie om teen sulke "revs" te ry as die enjin daar minder krag uitsit nie.

Ek het gevind dat om binne die wringkrag-kurwe te bly, ek tot 1km/l gewen het met petrol verbruik. 

Groete 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 11/09/2019 - 08:23

Ek hou van die rpm tussen 1800, minimum, en maksimum 3000 rpm, onder dit, en bo die 3000,  glo ek, ek verniel my rat kas en enjin. (2.9 CRDI masjien)

Worcester

Wildehont

Wed, 11/09/2019 - 09:15

My Everest lewer maksimum wringkrag van 380 Nm @ 1800 rpm en maksimum uitset van 115kW @3200 rpm. Sou julle dus sê dit is die band waarbinne ek moet bly? Met my automaties sal ek hom maar sy gang moet laat gaan in D en terugvat 4de toe deur overdrive af te skakel indien rpm onder 1800 neig in 5de. Verder kan ek net kies om in 1,2 of 3 te bly. Ek het nie een van die fancy nuwe ratkaste wat met spane werk nie. 

Hello Chris

Jy is halfpad korrek.

Jy moet na die omwentelinge versus wringkrag grafiek ALLEEN kyk. Met turbo diesels is die omwentelinge strek waar jou "torque" optimal is, gewoonlik baie kort. Byvoorbeeld van 1800 tot dalk net 2500.

Intussen sal ek jou aanraai om nie onder 1800rpm te sleep nie. Probeer by Ford of op internet die info kry. Dalk is daar mense op die forum, of ander forums wat jou kan help. Probeer jou "gevoel" Jy sal gou aanleer waar jou voertuig nog kan trek. Indien nie, rat af,  en pas maar spoed aan daarby.

Dis voordeliger dalk om in 4 de teen 100 te sleep, teenoor 4de rat hoër snelheid en revs, maar minder wringkrag. 

Hoop dit maak sin, ander probeer ek weer verduidelik.  

 

Pretoria

leeu

Wed, 11/09/2019 - 15:51

Dis 'n goeie vraag Chris, ek het nog nooit 'n wa met 'n automatiese ratkas gesleep nie. Ek onthou, 'n hele paar jaar terug, het een van die sleep boeke 'n bylae uitgebring met die naam "die ABC van sleep met 'n automaties", miskien is hier ouer garde wat dit nog kan onthou. Die ratkaste het egter aansieklik verander van daardie tyd en kan baie meer hanteer as die ou kaste.  Daar is mense wat olie verkoelers opsit wat soos 'n "intercooler" werk om die olie temperatuur koeler te hou.

Groete

Nico

Worcester

Wildehont

Thu, 12/09/2019 - 08:07

Dankie vir almal se insette en raad. Ek kon nog nie my Fordjie se kragkurwe opspoor nie, maar het gistermiddag na werk die ou beginsel gebruik; If all else fails, read the manual. 

Dit sê eenvoudig dat mens overdrive moet afskakel as jy swaar vrag sleep. Dit sê nie hoe swaar is swaar nie. Die Kavango weeg 1020kg droog en die BVM op die plaatjie is 1800kg. Ek weet darem nie of ek dit so swaar sal laai nie. Die Fordjie is in elk geval net gerate om 1500kg te sleep. 

Ek sal maar die konsensus op die draad volg en die revolusies dophou en dienooreenkomstig afrat. Ek sal ook nie vinniger as 100kpu ry op die GPS nie. 

Môre Chris

Ek dink jy moet weer na jou wa se plaatjie kyk, Nadat jy dit skoongemaak het.

Ek glo nie jou wa se BVM is 1800kg nie. Ek vermoed dit moet ook 1500kg wees. Dalk lyk die 5 amper soos 'n 8.

Wat sê sy ou lisensieskyfie, jou lisensiegeld gaan ook moontlik duurder wees as jy dit as 1800 opgesit het.

Wat sê die boekie van ratte met die hand wissel??

Groete