Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -16 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -35 minutes ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -35 minutes ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -1 hour ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -1 hour ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -1 hour ago

Sleepvoertuie en wringkrag

Brits
Submitted by wessels on Tue, 10/09/2019 - 10:24
Forums
Môre vriende Kom ons begin 'n nuwe geselsdraad. Sodoende besoedel ons nie Len se pragtige 3 wildtuin draad met voertuig stories nie. Dalk kan Voortrekker help om die vorige paar inskrywings oor brandstofverbruik uit Len se draad na die ene oor te plaas. Ek dink erens moet mens die streep kan trek aangaande wat is genoeg wringkrag. Ek was so beindruk met my Territory se 380Nm, wat deesdae min is in vergelyking met wat deesdae se klein Turbo-masjiene lewer, dat ek tevrede sal wees met ongeveer 400Nm Dus persone wat se voertuie meer as dit lewer, behoort baie lekker te kan sleep, behalwe as hulle huise op 4-wiele karwy. Groete

Middag vriende

Hieronder so klompie syfers uit my versameling sleepvoertuie wat ek bestudeer;

Toyota 2.4 GD-6 turbo diesel: 400Nm

Toyota 2.8 GD-6 turbo diesel: 420Nm

Toyota 4l V6 petrol: 376Nm

Ford 2.2 turbo diesel: 385Nm

Isuzu 3.0 turbo diesel: 380Nm

Wat baie meer insiggewend is, as mens die syfers met die toepaslike ratverhoudings omskakel na wringkrag op die pad. Mens vind dan dat byvoorbeeld die ewenaar verhouding 'n baie groot rol speel. Laasgenoemde is gewoonlik gekombineer met die ratte om, of spoed of sleepvermoë te bied.

Dis 'n heerlike tydverdryf om die opsies te bestudeer, veral met oog op sleepvoertuig aankope.

Groete

 

 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 10/09/2019 - 22:44

My leke-opinie gebaseer op ervaring :-

Ek het gevind dat sleepkrag (of dan wringkrag, Nm), die gewig wat jy sleep en die spoed wat jy ry, beslis die betrokke geskikte rat (waar wringkrag op sy maksimum ontwikkel) bepaal.  Byvoorbeeld :  As ek op 'n gelykpad met my Pathfinder my Exclusive sleep teen 110 kpu, sleep ek gemaklik in 6de rat met my enjinrevolusies net bo 2000rpm. 

As ek met dieselfde kombinasie teen 90 kpu sleep, moet ek terugskakel na 5de rat om die revolusies bo 2000 rpm te hou.

As ek egter sonder die Exclusive ry, kan ek gemaklik teen 90 kpu of 110 kpu in 6de rat ry terwyl die enjin revolusies heelwat laer is as waar maksimum sleepkrag (wringkrag) benodig word.  Dit verklaar natuurlik ook hoekom brandstof verbruik hoër is as jy sleep en die enjin harder moet werk om daardie maksimum wringkrag te ontwikkel.

 

 

 

Secunda

Sleep nou

Wed, 11/09/2019 - 07:20

My Nissan Navara 2.3 diesel ontwikkel 130 kw en 450 nm nog net die klein trailer gesleep kan nie wag om caravan te sleep sodra ons hom koop nie my Izusu 3 l diesel as ek reg onthou het so 380 nm gehat wat n puik sleep voertuig