Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -17 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -36 minutes ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -36 minutes ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -1 hour ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -1 hour ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -1 hour ago

Alleen Kamp.

PRETORIA
Submitted by Leeutemmer on Tue, 10/09/2019 - 22:07
Forums

Sit ek mos nou en wonder??? Sou jy by die oulike stil kamplekkie kom en jy sien jy staan vir die naweek daar heeltemal alleen. Wat sal jy doen??? eerder oppak en ander plek soek waar daar mense is , of maar afpak en kamp.!!! Gesien die veiligheid situasie in ons land. 

Groete.

Centurion

Dusty

Wed, 11/09/2019 - 04:48

Ek sal afpak en kamp. Op my toer so 'n paar jaar gelede deur die Noord Kaap het ek by 'n paar kampplekke alleen gekamp. 

Ek het ook verlede jaar alleen gaan kamp by Hartbeeshoek totdat ek my vrou die Vrydagoggend gaan haal het en die mense die namiddig vir die naweek begin inkom het.

Secunda

Sleep nou

Wed, 11/09/2019 - 07:17

Leeutemmer dit sal feeste wees om so alleen te kamp ons mollers van Secunda is gewoond aan besige oorde maar nou dat al drie die meisiekinders uit huis is geniet ons buite seisoen did ook hoekom ons van die boskamp ding hou did jy en die natuur lank lewe kamp

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 11/09/2019 - 07:21

Ons het ook al stoksiel alleen gekamp, moet darem by noem, dit was by 'n veilige oord.

Maar, as ek onrustig voel, sal ek op pak en pad gee.

Môre vriende

Dit is nogal 'n snaakse gewaarwording as jy besef dat jy alleen in 'n kamp is. Ons het dit ervaar om vir 'n week alleen in Meiringspoort te kamp. Agesonder, in 'n nou Kloof met enigste toegang die enkele hek by die ingang. Dan hoop jy die nagwag is daar, en dat hy jou vriend is, en nie andersom nie.

Ek dink dis 'n kwessie van kampligging. Om in die middle van Krugerwildtuin alleen te kamp kan net lekker wees.  Daar is beslis plekke waar ek nie alleen sal wil wees nie, bloot vanwee die reputasie daarvan.

In die middle van nerêns is dit veilig, want daar is geen ander mense nie..

Groete

Worcester

Wildehont

Wed, 11/09/2019 - 09:33

Voor ek vrou gevat het was dit een van my gunsteling tydverdrywe om alleen te kampeer. Ek het eenkeer stoksielalleen van Pretoria af deur Bergkwagga en Addo met die tuinroete langs Kaap toe en toe via Springbok regdeur Namibië gery en weer terug Pretoria toe.

Tussen Kaap Agulhas en Die Dam het die verkoeler begin lek en ek moes elke halfuur stop om water by te gooi tot ek dit kon laat herstel. In Langebaan het die kitsbank my kredietkaart vir homself gehou. Ek het toe kontant getrek in Springbok en moes hoop dis genoeg. Ek was nog nooit voor dit in Namibië nie en het met ‘n 2,2 petrol Hilux 4x4 gery wat so 5km/l op ‘n laaaang afdraende gegee het. Ek het met my laaste kontant petrol ingegooi naby die Denny plaas tussen Carletonville en Tarlton en dit net-net gemaak tot in Pretoria na 6 500km.

As ek dit môre weer kon doen sou ek, maar ek moet byvoeg dat ek kampeer nou op klomp ander maniere geniet saam met my kinders.