TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

73347 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem:


Ek sê dankie vir…
Junie 2020 Koffie Kroeg Johann L -9 minutes ago
Len, ons kan nie kamp nie,… Oor ditjies en datjies Johann L -11 minutes ago
Neef ... My Kuierplek - Willem Willem Brits -14 minutes ago
Goeie môre!   Junie 2020 Koffie Kroeg Voortrekker -17 minutes ago
Môre môre, hier gaan dit nog… Junie 2020 Koffie Kroeg Lapskag -20 minutes ago
Baie mooi Willem, die oranje… My Kuierplek - Willem Johann L -23 minutes ago
Kamp ... ? Oor ditjies en datjies Willem Brits -25 minutes ago

c

Kyk wie loop in die donker........

Die wapad.
Submitted by Koos Mol on Fri, 13/09/2019 - 17:58
Forums

 

Kyk wie loop in die donker rond, die Skukuza-Onder Sabie teerpad.

''"

 

(Dis nie my foto nie. Die foto word geplaas met die fotograaf se toestemming.)

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 13/09/2019 - 18:29

Wow, verstommend !  Dit lyk na die teerpad en die twee knape moes dus 'n hele endjie uit die Sabierivier beweeg het om daar te kom.  Ek wonder wat het hulle daarheen gelok ?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 13/09/2019 - 20:22

Dankie vir die deel hiervan Koos,  ek wonder of dit 'n foto van parke raad se mense is,  ons mag mos nie buite sekere tye buite wees nie, maar dit daar gelaat, dit is mooi. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 13/09/2019 - 20:36

Ja Koos dis waar, Sunsetdam net voor Ondersabie is vervuil met krokodille en die dam is mos reg langs die teerpad.

Worcester

Wildehont

Fri, 13/09/2019 - 21:08

Krokodille loop ver oor droeë grond as hulle kos in ‘n dam opraak (of die dam opdroog). Vra maar vir Christiaan Bakkes...

Ek het in Suid Luangwa ‘n krokodil en ‘n leeu saam sien vreet aan ‘n dooie seekoei ten minste ‘n kilometer van die naaste water af.

Terloops; die ekologiese doel van krokodille is om die baberbevolking te beheer. Dis die enigste roofdier wat ‘n groot baber kan dood. As jy ‘n kleinerige dam sonder krokodille het vreet die babers uiteindelik al die ander vis op en sit jy met ‘n dam vol babers. Hulle oorleef ook al droog die dam op.