Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60709 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal,

Terug op…
Oktober 2019 Koffiekroeg Dusty -44 seconds ago
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -7 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -7 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -7 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -7 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -8 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -8 hours ago

Yskas omskakeling na 12V

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Fri, 13/09/2019 - 20:15
Forums

JohannL se draad om sy kompressor-yskas in die Penta aan die gang te hou, het nou my gedagtes begin prikkel.  My Exclusive se absorpsie Dometic-yskas werk met gas of 220V elektriese krag en ongelukkig nie ook met 12V nie.

Ek het al voorheen in een van my karavane die 12V element in die yskas vervang en weet dat beide elemente, die 220V element en die 12V element langsmekaar in die absorpsie-yskas se skoorsteen met 'n asbesagtige lap daarom verpak is.  Ek kan dus 'n 12V element in die yskas se skoorsteen installeer en bedraad na die Pathfinder se battery via 'n Anderson (of Brad Harrison) prop.  Ek het reeds dik drade vanaf die battery na 'n Anderson-prop in die P/F se laairuim waar ek my vrieskassie inprop as ons reis - die koppeling na die trekstang behoort dus redelik maklik te wees.

Ek weet dat my vrieskassie se element trek 2.4A (volgens die handleiding) en as ek ook 'n 2.4A element in die karavaan-yskas sou installeer, sal die P/F se battery beide die yskas en vrieskas se elemente (2 x 2.4A) kan hanteer ?

Die alternatief en duurder opsie sal wees om die karavaan-yskas se element aan die mover battery te koppel en om dan die mover battery te laai soos wat Johann nou met sy Penta gedoen het.

Wat sê my kampeervriende ?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 14/09/2019 - 07:16

Ek het vroeg '87 my Gypsey 4 se yskas op gas gesit as ons ry, daai tyd het ek by Shell Ultra oorgestaan.  Elke keer as ek stop het ek net gekyk of die vlam nog brand.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 14/09/2019 - 08:25

Len, jy het reeds 'n beskerming op jou P/F se batery (van Pieter Barnard), my gevoel is, (en ek is eindelik nie gekwalifiseerd om advies te gee nie), is om soos jy noem jou Exclusive se yskas met 'n Anderson prop aan die P/F te koppel.

Dit gaan beteken dat jy slegs 'n 12v element in die yskas moet in bou en draad na die Anderson prop moet aan lê, mits daat spasie vir 'n 12v element in die yskas is? 

Die alternatief is om 'n inverter van 1 KW in die Exclusive te bou, en dan ook daai batery vol te hou vanaf die P/F. Sodoende kan jy die yskas op op 220v hou.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 14/09/2019 - 08:28

Jis Willem, ek weet destyds was daar wel ouens wat dit gedoen het, maar dit was baie riskant en daarvoor sien ek nie kans nie.  Sê nou net die gas vlammetjie blaas dood van wind en die gas-afsluit meganisme raak foutief of daar ontstaan 'n ander gas-lekkasie in die ry sonder dat jy daar is om dit te ruik ?  Sover ek kan onthou het die destydse Ci 'n waarskuwing in hulle handleiding gehad om nie met 'n "oop" gasbottel te ry nie.  In Europa waar gas in karavane nog volop is, word dit ook verbied

Vereeniging

Harry Du Randt

Sat, 14/09/2019 - 17:34

My Domitec yskas in Froggy is ook n absorpsie tiepe yskas. 

Hy het uitgekom met 220V en Gas. Ek het gesien hy het n plek vir n 12V element. Het element (dink element is 75 Watt) by plaaslike woonwa plek gekoop en in die plek geplaas. My yskas is so 1.5 meter van Aux. batterye.

Het n skakelaar ingesit wat ek oorgooi as ek ry. Skakelaar gee net krag as voertuig enjin aangeskakel is. Hy trek krag van Aux batterye, wat gelaai word van bus se altenator.

Het net n "inline fuse" van 30 Amp in gesit op die lyn. Hy bly vol aan en werk nie deur n termostaat nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 16/09/2019 - 07:10

Ek lê nou weer vannag aan 'n beter plan en dink om die Exclusive-yskas koud te hou terwyl ons reis :-

My "mover"-battery is 'n 105Ah battery en voorsien ook die res van 12v krag aan die karavaan.  My vrieskassie se 12v element trek 2.4 ampere (volgens die handleiding).  Sou ek nou netso 'n element in die Dometic-yskas insit, kan ek dit mos van krag voorsien van die "mover" battery. As ek die battery totaal sou wou pap trek (natuurlik nie 'n goeie idee nie), sal dit na 45 uur gebeur  -  105Ah ÷ 2.4A = 43.  Ons reis nooit langer as 5 uur per dag nie en slaap dan oor.  Dus 5 uur se 2.4A ontlading is maar net 12Ah wat dan nog 93Ah in die battery oorlaat  -  oorgenoeg om die "mover" van genoeg krag te voorsien indien nodig.  Die spulletjie word dan by die oornagplek herlaai vir die volgende dag se 500km.

Dit gaan my 'n yskas-element kos en draad en dit is dit !

Is my somme reg ?  Hoe klink dit ?

Pretoria

leeu

Mon, 16/09/2019 - 07:33

Dit is nie my begeerte om die karavaan se yskas aan geskakel te hou oppad na 'n oord toe nie, want die verste wat ons al gesleep het, was Kaap toe, en dit het nog net een keer in my lewe gebeur.

Jy vries mos die produkte voor die tyd wat gevries moet bly en pak dit dan dan oor die aand voor die tyd. Dan is die wa se yskas al aangeskakel. As ek verder sleep as normaal sal ek die 12V yskassie saamvat en agter in die lorrie aanhou vir ander produkte soos botter, ens.

Julle verbaas my oor die tegniese kennis wat julle hier vertoon, dit lyk goed. Gaan so voort, dis lekker om te lees en te leer van julle.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 16/09/2019 - 07:37

Len, hou ons asb op hoogte. Dit was my oorspronklike idee, totdat ek gesien het dat die batery nie so lank gaan hou nie, al sê my yskas 69 watt. Ek het ook 'n 105 a/h batery in. 

Die volts het vinnig begin val van 12 volt (heel eerste lesing na ek gekoppel het, was eers 'n uur later op 12. 85 volt) na onder 12 volt, en die inverter het op ongeveer 11 volt af gesit, na sowat 6 ure, as ek reg onthou.

Dit gaan beteken dat daar nie voldoende krag in die batery oor gaan wees vir die movers nie?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 16/09/2019 - 08:47

Leeu, ons besigheid werk so :  Ons jaarlikse 2000km Wildtuin toe en weer terug, benodig kosvoorraad vir 'n maand.  Ons reeds gevriesde vleis pak ons in ons 42 liter vrieskassie wat agter in die Pathfinder ry en wat van 12v krag voorsien word deur die kar.  Ons pak ook die vrieshokkie in die Exclusive met reeds gevriesde vleis.  In die yskas is gewoonlik melk, 'n paar biere en koeldrank, botter, kaas ens.

In die vrieshokkie is alles na 'n rit van 500km nog kliphard gevries, maar die yskas begin ontvries wat druppende water tot gevolg het.  As ek die hele yskas net koud kan hou sonder dat alles nat gedrup is  tydens ons 500km per dag ritte, sal ek 'n baie gelukkige man wees.

Johann, ek kan eintlik die spulletjie toets.  My vrieskassie kan ek op 12v aan die karavaan se battery koppel om te kyk of my somme hierbo reg uitwerk. 

Wat jou 69 watt yskas betref, beteken dit jy sal ongeveer 6.9 ampere elke uur uit jou 105Ah battery onttrek en jou battery sal na 15 uur heeltemal pap wees, wat 'n mens natuurlik nie wil hê nie en gelukkig skakel die inverter lank voor dit af. Jou besigheid werk heeltemal anders want jou battery moet eers jou inverter van 12v voorsien wat dit dan moet oorskakel na 220v en jou ampere-onttrekking van 6.9 is heelwat meer as my 2.4 ampere.

Nou het ek 'n klomp goed gegorrel wat heelmoontlik twak is.  Kan die wyse manne onder ons help asseblief ?  Wat van daardie outjie in Noordwes ?

Maak net seker van die element se watts. Ek moes baie jare gelede 'n element op 'n Caravette se yskas vervang, en dit was 'n 120W element. Hy gaan dus 10A vra van 'n 12V toevoer, wat baie is.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 16/09/2019 - 09:19

Stem saam JohanK, dankie vir die herinnering.  

Ek merk op dat daar deesdae net 'n 12V/220V combo element beskikbaar is van 115W.  In hierdie geval sal dit ongeveer 10A van my battery onttrek wat my na 5 ure se reis met 'n battery van 55Ah (52%) laat.

As my somme reg is, lyk dit vir my ek moet die idee laat vaar.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 16/09/2019 - 14:07

Len, ek het vanoggend gou my karavaan onder die dak uit getrek, om so paar toetse te doen.

Die Penta se batery monitor se lesings dop gehou, en die volgende gevind: 

Batery
Monitor se lesing om 09:45, nadat krag ontkoppel is.

 

Batery
Monitor se lesing om 09:52 nadat die movers vir 7 minute gebruik is
Batery
Motor batery met Brad Harrson prop op gekoppel.

 

Batery
Monitor lesing met Brad Harrson prop gekoppel, en motor luier

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 16/09/2019 - 14:13

Tydens hierdie toets lopie was die yskas nie gekoppel nie,  dit sê vir my, daar is geen manier wat my batery genoeg krag gaan hê om die movers te dryf, (vir 7 minute) na 'n vier uur,  of langer rit, met die yskas aan die inverter gekoppel nie.

Ek is egter nou oortuig dat die uitgawes wat ek aan gegaan het om die Penta se batery te laai tydens 'n rit, geregverdig was.

Hoop maar dit help jou om 'n besluit te neem. 

3 way yskas/vrieskas se element trek tussen 12 en 14A 12v. (Die handleidings is nie baie akkuraat nie en meer 'n verkoop foefie). Selfs 'n 200A AGM battery kry swaar om daai yskas langers as 4 tot 5 ure aan die gang te hou dan is battery op 50% DoD (Daar is baie vermorsing van elektrisiteit oor die afstand van die drade en koppelings). Werk wel as jy dit aan Aux of direk van jou voertuig se battery koppel terwyl die voertuig ry maar dan moet jy meer as 5 ure ry om daai battery deur sy 3 fases van laai te neem om dit vol gelaai te kry. (Onthou elke keer as jy stop moet jy yskas afskakel anders moet jy weer uur ry om daai elek wat verbruik is eers weer terug te laai. (Selfs al instaleer jy 'n DC to DC laaier maak dit maar slegs 20% verskil) op die laai tyd van die battery. (As jy die DC to DC charger koop vertel die verkoops man jou nie dat jy meer as 500km (7 tot 8ure) moet ry om daai battery gelaai te kry nie. (12v/220v Kompressor vrieskaste gebruik baie minder elek tussen 3 en 5A) maar daai 3 way elemente vreet die krag.............

Dan om yskas met 220v inverter te gebruik is ook nie baie effektief nie................. min 1500w inverter met 3000w surge - pure sine) om yskas "gestart" te kry. (Daar is is wel 1000w inverters wat werk maar ook net net en dan is dit die top modelle en baie duur.

Daar is wel 'n ander oplossing en dit is om die 220v yskas/vrieskas se kompressor te vervang met 12v kompressor (ongeveer R 2000 vir kompressor + R 1000 arbeid) of om 'n Defy yskas/vrieskas 12v te koop en een in karavaan te vervang koste so R 5500 - R 6500).

Ek het nou oor 'n tydperk die toetse gedoen (met (Solar en Battery) vriende se verguning die verskillende inverters en batterye getoets met 'n 3way, 12v/220v kompressor (Cold Factor, Snowmaster, NL en Campmaster), 12v en 24v systeme/inverters en die beste was maar die kompressor yskas/vrieskaste, met 105A tot 200A battery. Die beste wat ons uitgewerk het (Koste en lewering) was 150A AGM of 2 x 105A batterye dit gee genoeg krag vir 2 x 12v kompressor yskaste/vrieskaste en LED ligte, hou die hele aand van 5uur af tot 8uur more oggend met nog spaar krag. (Meeste van die tyd op "high" stelling getoets).

Ons herlaai tans met Solar 2 x 160W Cinco panele en 30A Charge Controller MPPT (Victron) (12v) of met Ctek smart charger die batterye en sover werk alles nog 100% 24/7. (Oor naweke maak ons hulle gereeld oop om die effek te toets).

Ons het ook DC to DC (Soleniod (NL) en DC to DC chargers getoets) na 4 ure se ry was daai battery nog nie 70% volgelaai van 50% DoD nie met Solar is die battery (goeie sonskyn dag teen 12uur is batterye weer volgelaai) slegte dag so 3uur die middag (maar dan was dit bewolk of dit het gereen deur die dag daar was genoeg krag om die yskaste deur die dag en nag aan die gang te hou en as die son weerskyn teen 12uur/1uur is die battery weer vol gelaai.

Wel ek het besluit om my karavaan (Sprite Swing) se yskas/vrieskas te vervang met een van daai 12v Defy yskas/vrieskaste, sover lyk dit vir my na die beste oplossing en ook die goedkoopste (dan bly die hele stelsel 12v nie nodig om duur en fensie goed te koop nie en jou selfoon kan ook herlaai van 12v af. En jy het slegs 'n klein 300w tot 500w inverter nodig om laptop, kameras ens te herlaai................. en as ek by plek kamp wat wel 220v het, gebruik ek net 'n 220v na 12v "step-down transformer" of herlaai battery met "smart charger".

Ek voorsien dat ek dan net die nuwe 12v yskas/vrieskas in karavaan nodig gaan hê vir naweek kampe en slegs 12v kampys/vrieskas saam vat vir langer tye of somer maande vir die extras.

PS. Ek beoog ook om my yskas in die huis te vervang met 12v een dan is load shedding ook nie meer 'n kopseer nie en hoef ek nie my solar stelsel by huis se inverter daarvoor te gebruik nie.......

Ek hoor graag wat julle voorstelle en insette is................

Pretoria

leeu

Wed, 18/09/2019 - 08:27

Baie dankie vir die verslag, Riaan. Dit is insigewend en om oor na te dink. Daar is so baie veranderlikes, soos bv. die ouderdom van jou batterye en son panele, ens, ens.

Shaun, dis 'n lekker maar duur stokperdjie. Hoeveel van die mense gebruik regtig die volle potensiaal vergeleke met die prys wat hulle betaal vir hulle stelsels, net om nie afhanklik te wees van 220V af nie. Ek verstaan daar is afgelee en soms wonderlike kampplekke sonder krag en waar jy dit gaan nodig kry, maar dit het 'n prys.

Secunda

Sleep nou

Wed, 18/09/2019 - 09:50

Stem saam jou Leeu, ek gaan ook off grit kamp in die naby toekoms so ek kyk ook na stelsels soos solar krag met battery maar soos jy te reg se blik emmer die goed kom met n prys

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 18/09/2019 - 10:50

Hallo Riaan en baie dankie dat jy jou waardevolle inligting met ons deel.

Ek is nog 'n voorstaander van die ou 3-way tegonolgie in my Exclusive en my stokou Edesa-vrieskassie.  Ons kamp ook jaarliks in die Kruger Wildtuin vir 10 dae "off grid"  -  natuurlik dan met gas.

My enigste, effense irritasie is die Dometic-yskas (absorpsie) het nie 'n 12V kragbron nie en die yskas ontvries effens tydens ons ritte en alles daarbinne is dan nat gedrup.  Ek het toe begin dink om die huidige 220V element daarin te vervang met 'n combo 12V/220V element en om dan die 12V element van krag te voorsien van die "mover" battery.  Jou verduideliking hierbo het hierdie plan finaal laat sneuwel.

In my Pathfinder het ek dik kabels laat aanlê vanaf die battery tot agter in die laairuim waar my Edesa vrieskassie staan.  Die P/F laai hierdie vrieskassie perfek tydens ons ritte.

Nou my vraag :  Dink jy die P/F se altenator en battery sal 'n tweede yskas element ook kan hanteer, saam met die vrieskassie soos tans ?  Indien wel, kan ek die 12V krag agter-in die P/F se laairuim neem tot by die yskas in die Exclusive.

Hello Len

Len ek heg vir jou hieraan die volgende verwysings om DC berekeninge te doen vir al die batterystuff een verduidelik alles in detail.

(Die rede hoekom ek nie vir ja of nee antwoord gee nie is om dat ek nie weet wat al die komponete se detail is nie bv:

P/F se alternator se (output Amps), Lengte en dikte van kabel, is daar 'n soleniod tussen die verskillende stelsels, is daar 'n 2de battery betrokke ens ens ens. 

Len ek gaan voorstel laat toets jou P/F se alternator om uit te vind hoeveel amps dit verskaf. (Onthou nuwe voertuie se alternators raak al hoe kleiner so ook die batterye wat hulle gebruik so dit beteken minder amps beskikbaar)

Dan meet die hoeveelheid amps wat jou yskasie agter in die P/F verbruik met 'n amp clamp en dan moet jy die watts en amps verbruik (draw) van die yskas in jou woonwa bepaal, gebruik dan die calculators (hier onder) om die somme te maak en die dikte kabel benodig te bepaal en die "losses" op die verskillende diktes kabels en koppelings.

Onthou die beginsel hoe hoër jou volts hoe laer die amps wat nodig is om die krag te vervoer, maar ook hoe dikker en kawiliteit van draad bepaal die weerstand in die draad wat ook losses veroorsaak (dun draad baie losses) oor afstand.

Len as dit my karavaan yskas was sou ek nie die roete gaan nie. Ek sal dan eerder vir my 'n solinode na Aux battery toe neem en dan die 2 x yskaste aan die battery koppel met die nodige DC breakers/Fuses tussen in.

Ek hoop die inligting kan jou help.

https://www.batterystuff…

https://www.inchcalculator.com › watts-to-amps-calculator

https://www.rpc.com.au/i…

Equivalent Watts and Amps at 12V DC

Power Current Voltage
90 Watts 7.5 Amps 12 Volts
100 Watts 8.333 Amps 12 Volts
110 Watts 9.167 Amps 12 Volts
120 Watts 10 Amps 12 Volts