Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60709 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal,

Terug op…
Oktober 2019 Koffiekroeg Dusty -10 minutes ago
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -7 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -7 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -7 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -7 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -8 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -8 hours ago

WilSur - Letaba 2019

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Sun, 15/09/2019 - 11:22
Forums

Soos julle weet gaan ons van 24-30 Septenber KNPark, Letaba toe.

Letaba kamp 2003-08.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 15/09/2019 - 11:37

Ek ry altyd die ou Duiwelskloof pad as ek sleep.  Het een jaar Magoebaskloof terug gekom maar dit is nie lekker met die Exclusive agter nie.

Is daar iemand wat onlangs die George's Valley pad gery het ?

Secunda

Sleep nou

Sun, 15/09/2019 - 13:54

Willem ek onthou George Valley minder draaie as Magoebas maar taai pad het ek jare laas gery 

Die wapad.

Koos Mol

Sun, 15/09/2019 - 14:38

Hi Willem.

Ons het laasjaar Duiwelskloof gery, goeie pad. Daar was toe groot padwerke op Goergesvalley pad. Duiwelskloofpad is vir my die beter roete van die drie.

Ons het so week terug op Letaba gestaan. Julle moet maar ligte klere pak, die weer is warm en die park is droog.

Vanoggend op Krokkodilbrug ingetrek vir die volgende 5 nagte.

Geniet julle kuier hier.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 15/09/2019 - 16:45

Dit wil my voorkom of ek weer die ou Duiwelskloof pad gaan vat.

Dankie julle.  Nou vir die kamp.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 15/09/2019 - 19:45

My keuse is ook altyd Duiwelskloof.

Ek moet maar wag tot 20 Mei 2020 om by Letaba in te trek.  Dit is net na die somerreëns en ek hou maar duim vas dat die ergste droogte dan gebreek is.

Willem, moenie vergeet om jou lugversorger se filters skoon te maak nie  -  julle gaan dit baie nodig kry.

Worcester

Wildehont

Sun, 15/09/2019 - 20:01

Kan julle bietjie roete inligting gee om via Duiwelskloof van Phalaborwa na Pretoria te ry asb? Ons gaan eers in Julie maar dit sal my eerste sleep wildtuin toe wees. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 15/09/2019 - 20:32

Hierdie Kapenaar ry gereeld die bogenoemde roete, weerskante toe, met ander woorde heen en terug  :-

  • Phalaborwa
  • Gravelotte
  • Tzaneen
  • Duiwelskloof
  • 'n Paar kilometers vooroor Polokwane, links af op die N1
  • Pretoria

 

Worcester

Wildehont

Mon, 16/09/2019 - 08:11

Oom Len, kan oom dalk die R-nommers van die roete gee? Van Tzaneen af Polokwane toe is die R71 of R528 en dan R71 die kortste roetes maar dis beide maar steil. Anders moet mens die R36, R526 en R81 gebruik. Dis 23km verder as via die R71 maar waarskynlik platter?

Môre Chris

Wat bekommer jy jou oor steil paaie. Steil vir jou is al die pad wildtuin toe. Hexrivier uit, dan moet jy ook onthou;

net mense wat nog nooit gesleep het, dink die Vrystaat en Karoo is plat. AIKONA---jy sleep jou blaker af, veral as die wind van voor waai.

Maak soos ons, hak maar 4de rat, en trap lepel plat, en laat loop. Dis nie so erg nie---beplan net jou brandstof koste ooreenkomstig so teen 6.5km/l

Groete

Worcester

Wildehont

Mon, 16/09/2019 - 09:39

Dit is waar, die roete deur Magoebaskloof was die pad plek-plek egter maar sleg toe ons Julie daar deur is, en dit vat lank daar en verby Moria. Ek vermoed die ander, effens langer roete kan dalk tyd spaar. Die hoër brandstofkoste is ‘n gegewe maar ek spaar graag tyd waar ek kan. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 16/09/2019 - 09:49

Wildehont, dit is hoe ek ry van Pta. af.  Daar is ook ander roetes wat jy kan ry.

.

.

Phalaborwa

Follow R71, R36 and R81 to N1/R71 - 2 h 44 min (235 km)

Head southeast on Combretum St toward Bosvlier St - 14 m

Make a U-turn at Bosvlier St - 1.1 km

Turn left onto Spekboom St - 180 m

Turn right onto Hendrik Van Eck St/Phalaborwa-Giyani/R71 - 56.2 km

Continue to follow Phalaborwa-Giyani/R71

Turn right onto Gravelotte St/Phalaborwa-Giyani/R71 - 55.4 km

Continue to follow R71

Continue onto Wolkberg Dr - 500 m

Sharp right to merge onto R36/R71 - 35.7 km

Continue to follow R36

Continue onto R526/R81 - 71.0 km

Continue to follow R81

Turn left - 2.4 km

Use the middle lane to take the ramp onto N1/R71 - 12.8 km

.

Môre Willem

Volgens berigte sal net die Krugerhek geraak word deur die afgekondigde staking.

Volgens KNP-bestuur sal al die ander hekke OOP vir besigheid wees. Hou maar die nuus dop, of bel SANPARKE maar net voor julle ry. Jy sal weet waar julle wil ingaan na Letaba.

Groete

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 17/09/2019 - 10:15

Ons ry eers Maandag en slaap voor die hek om Dinsdag vroeg in te gaan by Phalaborwa hek.  

Dankie sal hulle bel Maandag oggend.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 17/09/2019 - 15:10

Willem, oornag julle fisies in die karavaan voor die hek of by Forever Resorts se Phalaborwa Safari Park ?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 17/09/2019 - 15:43

Seker maar by Forever Resorts se Phalaborwa Safari Park want anders gaan die yskas nie koud bly nie.

Het ook seker nie nodig om voor die hek te wag nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 17/09/2019 - 18:09

Beslis, ons verkies ook die vorige aand om te oornag by Phalaborwa Safari Park.