Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60709 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal,

Terug op…
Oktober 2019 Koffiekroeg Dusty -20 minutes ago
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -7 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -7 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -7 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -7 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -8 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -8 hours ago

Dankbaarheid

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Sun, 15/09/2019 - 20:19

Dis nogal 'n uitdaging om in vandag se dae te probeer om nie deur al die negatiewe gebeure rondom ons ondertoe getrek te word nie.  Ek sit toe en dink dit behoort interessant te wees om 'n fotosessie met kampmaters te deel van dinge waaroor ons werklik dankbaar kan wees.  Hier is 'n eerste van my kant af  -  hoe lyk dit by jou :-

Ons het elke dag en ook wanneer ons kamp, oorgenoeg om te eet :-

.

Ons het 'n lekker, betroubare sleepvoertuig en baie gerieflike karavaan om te ry en kamp waar ons wil met 'n heerlike slaapplek en dak oor ons kop, winter of somer.

.

Ek kan Sondae vrylik kerk toe gaan as ek dit verkies, sonder om bevrees te wees dat ek oor my geloof fisies leed aangedoen sal word :-

.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 15/09/2019 - 21:17

Len, al gaan dit hoe sleg met een mens, daar is iemand anders wat slegter af is as iemand anders.

Adriaantjie
Soos almal seker al weet, Adriaantjie is so mal oor kamp, hy kamp sommer in die voor tuin as ons nie kan kamp nie

 

Kamp
Ons het die lieflikeste plekke in die wêreld om vrylik te besoek, Franschhoek op die foto, het ons harte gesteel.
Kamp
Lekker sleep kombinasie wat ons oral kan gaan parkeer, sonder vrees. (Nog nooit "bang" gevoel nie)

Ons het nog nooit honger gaan slaap nie.

Ag die lys van dankies is te lank om hier te noem.

Pretoria

leeu

Mon, 16/09/2019 - 05:38

Goeie môre julle, ek is nie 'n taal kenner nie, maar ek is amper doodseker die titel van die draad is verkeerd gespel, Len. Nietemin, ek stem heelhartig saam met julle, die lewe is lekker en ons is baie gelukkig dat ons nog kan rond beweeg en doen wat ons wil.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 16/09/2019 - 06:11

Dankbaar vir die opmerking…………..natuurlik moet dit dankbaarheid wees !  Jammer vir die spelfout.

A-nee-a !  Waar is julle fotos ?  Dis 'n fotosessie hierdie  -  julle moet luister in die klas !

Worcester

Wildehont

Mon, 16/09/2019 - 08:20

Ek het gisteroggend gras gesny. Op die heilige Sondag, maar die kalf was in die put want my vrou was weg vir 12 dae en ek alleen met ons twee kleuters. Mamma het eers gisteroggend terug gekom toe werk ek bietjie in die tuin. Dit was lekker om die gras te sny want dit beteken ons is bevoorreg om ‘n grasperk te hê. Ek het ook die mooi prentjie hier onder gesien toe ek die gras gaan uitgooi op die komposhoop in die een hoek van die erf.B