Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

41050 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ry ook maar altyd n 12V… Is jou spaar styf Harry Du Randt -1 hour ago
Ons tel die 3 slapies saam… Amper tyd! Voortrekker -1 hour ago
Stephan, daai opgewondenheid… Amper tyd! Johann L -1 hour ago
Stephan julle moet dit… Amper tyd! Dusty -1 hour ago
Baie beter!!!

Net 'n meer…
Army Dae Arie -1 hour ago
More golden words Lag 'n slag Voortrekker -2 hours ago
Golden words. Lag 'n slag Johann L -2 hours ago

KKNK 2017 Oudtshoorn

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Mon, 17/04/2017 - 20:31
Forums

Ons het pas teruggekeer van ons jaarlikse besoekie aan die KKNK.  Die fees duur 8 dae, maar ons het die gebruik om net die laaste 4 dae dit by te woon.  Ons het Woensdagoggend hier weggespring en met die R62 gekry oor Montagu, Ladismith en op Barrydale 'n ontbyt weggeslaan by een van die plaaslike restourantjies. Ons was so teen 11:30 by Kleinplaas, 'n vakansie-oord op die dorp, by ons gebruiklike staanplek nr. 24, onder heerlike koel bome. 'n Paar dae voor ons aankoms was daar 'n hewige reënstorm met 'n rivier wat sy walle reg langs die karavaanpark oorstroom het.  Sommige kampeerders moes as veiligheidsmaatreël hoër op skuif  -  gelukkig het ons dit gemis.

Ons was in 'n japtrap opgeslaan en het 17:00 aangemeld vir ons eerste vertoning, Beurkrag.  Dit was maar 'n flouerige toneel van twee gelieftes wat saam in 'n blyplek intrek en dan gekonfronteer word met beurtkrag en al die konsternasie wat dit tot gevolg het.

Die aand het ons heerlik gebraai saam met kampvriende en die volgende dag het ons twee vertonings by gewoon. Die eerste was 'n drama,  "Vrou uit die see" met verstommende atergrondbeelde wat lyk of die seebranders hier onder jou voete gaan inspoel ! Jana Strydom, Neels van Jaarsveld, Erik Hom, Gavin van den Berg en ander het die rolle vertolk.  Dit was 'n goeie, aangrypende drama met uitstekende dekor.

Die tweede vertoning die dag was 'n splinternuwe, skreeusnaakse komedie van Lefra Produksies waarvan Frans Swart die regiseur was, "My vrou se skelmpie se skelmpie se vrou". Die oorspronklike teks in Engels was "Not now darling".  Dit was redelik onbekende akteurs en slegs Cindy Swanepoel (dr Roux in Binnelanders) en Elma Potgieter was bekendes.  As hierdie produksie ooit in jou omgewing aangebied gaan word, MOET jy dit gaan kyk  -  did heerlike ontspanning !

'n Ander vertoning was Ooms, 'n komedie waarin Tobie Cronje en Gerben Kamper twee ooms in 'n ou tehuis speel met allerhande kaskenades wat hulle aanvang.  Ons het ook na Chiliburger & chips met Waldimar Schultz en Deon Lotz gaan kyk  -  ook 'n heerlike komedie met 'n volledige restourant-kombuis op die stel waar regte burgers gemaak word.

Ons laaste dag, Saterdag, het ons na Koöpersaie Stories gaan kyk met Chris van Niekerk, Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck (Dolla Dolla) en andere.  Dit was ook heerlike vermaak om weer te herleef van Genis en Veldsman se geredekawel van die 1983's geskep deur PG du Plessis.  Ook 'n fantastiese dekor op die verhoog.

Nouja, alle goeie dinge kom tot 'n einde en Sondagmiddag was ons weer tuis.  Soos die afgelope 9 jaar was dit kosbare kos vir die sieledors.

Port Elizabeth

Antie

Mon, 17/04/2017 - 20:54

Dit klink of julle alles baie geniet het, Lennie.  Na al die jare wat jul dit doen, sou jy sê dit word net al hoe beter en bly nog steeds die moeite werd om te gaan?   Dankie vir die deel.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 18/04/2017 - 10:32

Dit is eintlik vrek ver om te ry vir 'n 4 dae wegbreek (450km), maar ons geniet dit elke keer.  Daar is baie meer om te doen as toneelopvoerings bywoon  -  daar is allerhande interessante gesprekvoering met bekendes en kundiges oor 'n wye spektrum van onderwerpe, talle musiekopvoerings en natuurlik, heelwat om te eet en drink !  Daar is ook honderde stalletjies wat allerhande goed verkoop, maar dit is nou nie eintlik ons "cup of tea" nie.

Ons verkies egter ligte (veral komedies) toneelopvoerings en tussenin ontspan ons net heerlik met gewoonlik 'n lekker braai saans.

Daar word voortdurend veranderinge aan die KKNK-konsep gemaak, maar dit pla nie, trouens dit is nogal lekker interessant om telkens iets nuuts te ervaar.

Ons sal beslis weer gaan, maar om die afstand-koste te regverdig sal ons dit met 'n kuier by Addo, Bergkwagga Nasionale Park en Karoo Park kombineer en miskien 'n Kruger Wildtuin besoek daardie jaar dan daarvoor opoffer.