Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60708 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -7 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -7 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -7 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -7 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -7 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -8 hours ago
Naand 😂 Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -8 hours ago

Leer uit mekaar se foute

Worcester
Submitted by Wildehont on Mon, 16/09/2019 - 10:20
Forums

My eerste karavaan wat ek onlangs gekoop het is maar ‘n leerkurwe en ek het reeds twee  foutjies gemaak - een nare een waarvan ek hier onder sal vertel. Ek het toe besluit om die draad te begin, waar ons uit mekaar se foute kan leer en so bietjie vir onsself en mekaar kan lag ook. 

Verlede week vat ek die wa na die toets sentrum, en stop oppad sommer by die plaaslike staalverskaffer om ‘n paar lengtes te koop vir goedjies wat ek wil bou. Die Everest het ‘n dakrak waarop ek dit kan laai en hulle is toe op Saterdae so ek gebruik die geleentheid. Daar is ‘n stormwater sloot en dan ‘n effe opdraend in die oprit, wat geen probleem was om by in te ry nie. Om uit te kom moes ek egter agteruit stoot (waarmee ek gelukkig nie sukkel nie, toe ek in Botswana toere gedoen het 20 jaar gelede, het ek vir 4 maande ‘n groot baggasie sleepwa agter die Mercedes 1617A gesleep oral waar ons was. Ek het toe goed geleer agteruit ry met ‘n sleepwa).

Ek stoot terug dat die wa met een wiel in die pad staan, en wag vir ‘n gaping in die verkeer. Toe dit kom stoot ek verder terug sodat ek genoeg ruimte sal hê om vorentoe te draai in die pad in met die kombinasie. Die wa steek egter so half vas en die verkeer kom aan so ek wil nie stop en uitklim om te kyk waarom die wa vassteek nie. Ek neem toe aan (groot fout) dis maar net die wiel wat in die sloot vassteek en gee bietjie vet. Dit sukkel steeds en nou wag ‘n kar al vir my met nog wat aankom so ek trap die lepel maar nog en kom deur. 

Die kar wat gewag het flits vir my ligte en ek verwens hom vir sy ongeduld en ry toets sentrum toe. Tydens die inspeksie sien die beampte toe die ware rede vir die vassteek. Dit was toe al die tyd die neuswiel (jockey wheel) wat vasgesteek het en die se rubber “band” is gebreek. Gelukkig sit hy die wa tog deur die toets en kon ek dit Vrydag registreer. 

Gelukkig het die neuswiel ook by die swakste plek gebreek en makeer die meganisme verder niks, maar die nuwe wiel gaan my R375 kos. Wat ek hieruit geleer het is om nie agteruit te ry waar daar ‘n knak in die padoppervlak is nie (m.a.w waar ‘n plat vlak aansluit by ‘n skuins vlak). Toe ek vorentoe gery het, het dit nie vasgehaak of geraak aan die grond nie, maar agtertoe wel. Ek het ook geleer dat mens nie moet aanneem iemand wat vir jou ligte flits verwens jou nie...

Julle mag my maar spot oor die flater solank julle, julle s’n ook vertel. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 16/09/2019 - 11:45

Met my Exclusive het die neus-wiel altyd oor 'n spoedhobbel die teer geraak.  Ek ek het toe 'n trippel-wiel aangskaf wat uitval as die neuswiel-arm opgetrek word.  Puik, probleem opgelos.  Ek sien die Bushlapas het die probleem oorkom deur die hele neuswiel los te knip, om te draai met die wiel na bo en dan aan die A-raam vas te maak.  Ook 'n puik oplossing.

Middag vriende in die biegkamer

Met my nuwe Jurgens Fleetline sit ek toe af wille Krugertuin toe. Totaal onervare met woonwa sleep. Kom in Skukuza en wil draai om naby ablusieblok te staan.

Ek draai redelik skerp links, sodang dat ek niks agter en langs die wa se regterkant in my truspieels kan sien nie. Sukkel om op gruis met voorwiele weg te kom. Klim uit en wat is skade---nie die skottelskaar braaier gesien nie, sleep die wa se kant daarteen en sny die wa oop soos 'n bliksnyer nie kan doen nie. Reg deur die wand, die isolasie tot teen die binne wand. Van voor tot in die middel van die wa.

Van daardie dag af klim almal uit. Ek maak seker waar staan wat-hetsy braaiers, blikke of lae paaltjies. Moet nie agteruit rangeer sonder dat iemand nie help kyk nie.

Die beterhelfte weet ook, dis die periode waar sy maar met 'n werfstem kan praat sodat ek betyds kan stop.

Groete    

Pretoria

leeu

Mon, 16/09/2019 - 14:28

Hallo Chris, Ek het al baie dinge oorgekom. Ek het met my heel eerste wa met die dak opgelig, gery tot by die motorhawe om petrol in te gooi oppad kamp toe vir die naweek. Ek het van Capital Park gery tot aan die einde van van der Hoff weg, van die wat Pretoria ken, sal weet dis 'n hele paar kilometers. Toe kyk een van die mense so na my wa en kom vra vir my of dit so moet wees.

Ek het in die ry my neuswiel beskadig, hy was nie mooi vas geskroef nie en het afgesak en die rubber heeltemal beskadig en dit eers gesien toe ek by die kampplek aankom. Toe het my vrou eendag gesien, terwyl ek terugstoot voor by ons huis, dat ek die telkom paal gaan stamp met die wa en vir beskerming het sy tussen die paal en wa gaan staan en geskreeu om te stop, maar ek het haar nie gehoor nie. Ek het haar amper baie seer gemaak, gelukkig het ons dogter gehardloop en my kom wys, ek het dadelik voorentoe gery.

Ek het ook eendag vergeet om die elektriese koppeling na die wa uit te prop en voorentoe gery en die drade uitmekaar geruk.

Ek het van die groot spieëls gebruik wat voor op die voertuig se panele vaskom met rekke. Oppad Tshipise toe in Wylliespoort, val hy af en die voertuig agter my ry oor hom. Ek het nie eers gestop nie. Ek is geseend om nie erge skade te kry met die waens wat ek al gesleep het nie.

Ek het al baie dinge oorgekom

Nou voel ek nie meer so simpel oor my fout nie. Moet sê, ek was dik die hel in vir myself na die verlies van die neuswiel. Ek het dit so hard gestraf dat nie net die rubber flenters was nie, maar die velling is ook gebuig.  

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 16/09/2019 - 14:55

Ek het ook eendag vergeet om die elektriese koppeling na die wa uit te prop en voorentoe gery en die drade uitmekaar geruk.

Dit het al 2 keer met my by die huis gebeur.  Ek sleep uit en ry dan om die blok om oorkant die hek te stop vir Surette en Wijan om in te klim.  Elke keer het hy egter mooi uit gepluk sonder dat die drade aanmekaar raak en die krag trip.

Lank terug kom ons van 'n kamp in Warmbad se area terug die Sondag, stop by die motorhawe om brandstof in te gooi merk ek niks toe ek oor die "A" raam klim nie.  Heeltyd hoor ons die gekling soos klokkies, net voor die snelweg stop ek weer om te kyk.  Die 7-punt prop sleep op die teer en daar is niks van hom oor nie, lig hom en ry toe maar sonder ligte Pta. toe.  In Zambezi het ek by McDonalds gestop vir iets om te eet terwyl ek die drade tydelik in druk want toe is dit al effe donker.

(Sal aan nog dink want daar is baie)

Centurion

Voortrekker

Mon, 16/09/2019 - 15:11

Laat my dink aan een keer se kamp waar ons vir die dag erens heen wou ry.   My van was terug gestoot vir parkeer en maklik goed aflaai met sy gatkant na my add a room se kant toe.  Toe ons die oggend ry voel ek toe dat die van sukkel om vorentoe te beweeg en dog toe dit is maar 'n boom se wortel of so iets - maar nogsteeds sukkel hy om vorentoe te beweeg.   Ek vra toe vir Lolla om uit te klim en kyk waar die wiele vassteek, maar sy sien niks en sê toe net KOM!

Nou ja, ek besluit toe om maar die TDi te trap sodat ons kan beweeg en maak toe so totdat hy vorentoe spring, en met die sien ek net tent- pale en toue spat in die tru-spieel laugh    Ai Jai Jai!   Dit was toe die sleep haak wat 'n tent tou gevang / haak het en my van moes toe kompeteer met 'n goed opgeslaande canvas trailer tent surprise   Daar was skade, want die een seil het geskeur - en dit is toe hoe ek op die harde manier geleer het om altyd mooi te kyk hoe vêr en tot waar ek terug stoot - En, as die voertuig sukkel om te beweeg, skakel maar af, klim uit en gaan kyk mooi wat hom terug hou.

Worcester

Wildehont

Mon, 16/09/2019 - 15:56

‘n Goeie vriend van my kom eenkeer tuis van vakansie af. Sy vrou en twee kinders slaap in die kar (nes myne altyd maak terwyl ons ver ry). Hy maak die motorhuis se deur met ‘n afstandbeheer oop en ry in. Daar is ‘n helse slag, hy en sy vrou skrik hulle disnis en die kinders begin huil. 

Hy het toe vergeet van die kinders se fietse op die dakrak en die een se wiel het gebars en die wiel en vurk gebuig. Dit was vir my baie snaaks toe hy dit vertel het, tot ek eenkeer terugkom van Stilbaai af. Dis so 2,5 ure se ry van ons af en ek het vergeet my fiets is op die dakrak. Gelukkig het die dakrak losgekom van die rails op die Everest se dak en daar was net ‘n krapmerk of twee.

Soms leer mens ook nie uit ander se foute nie... 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 16/09/2019 - 18:03

Ons toer in Namibie. Sien n klomp Aasvoëls in n boom en trek af onder n lekker groot Kameeldoring om die spulletjie te beloer.  Nou sit ons naderhand grappe en vertel en vergeet van als. Trek weg, dit is duk sand, so was in laestrek 1ste rat, nie die lekker dik tak hier bo my gesien nie. Wel daar skeur die dakrak netjies af dat dit agter die kar hang.  Met die grappe nog so in die lug loer ons vir mekaar,  en toe lag ons behoorlik.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 16/09/2019 - 19:28

My grootste les was baie jare terug, ons ry deur Outeniqwa pas en ek dink ek is super slim, skakel die enjin af want ek kan mos af "free" om brandstof te spaar, daar het ek geleer, krag stuur en remme werk nie as die enjin af is nie.😀 

Het ook al die 7 pen sok aan vergeet, glo nie ek sal weer nie.

Ek kan nog baie stupid dinge hier noem wat my al oor gekom het,  en sal soos ek onthou (as ek onthou😂) nog plaas.

Worcester

Wildehont

Mon, 16/09/2019 - 22:12

Terwyl ons nou bieg...

Baie jare gelede, ek kan nie presies onthou wanneer dit was nie maar nog in die 90's, het ek 'n Nissan 1400 gehad. Dit was 'n Champ, met die twee sitplekke en handrem in die middel. Een aand is ons by 'n restaurant vir iemand se verjaardagpartytjie. Ek loop toe 'n ou universiteitsvriend raak en ons kuier lekker. My partytjie se mense verkas en die vriend nooi my om 'n dop by sy huis, wat soort van op my pad huis toe is, te gaan drink. 

Sy vrou gaan slaap en ons drink 'n heerlike whisky. Dit raak laat en ek besluit om huis toe te gaan. Ek weeg so rondom 100kg en die Nissan se vering het al bietjie gesak aan die bestuurder se kant. Die gevolg is dat die onderstel soms haak aan bultjies. Dit gebeur weer toe ek by hulle kompleks se hek uitry, en haak aan die bultjie waarop die spoor van die hek loop. Die kar, wat in 2de was, is toe in neutraal. Ek probeer dit terugsit in 2de maar dit wil nie. Ek probeer 3de en kom met so bietjie gesukkel weer aan die gang. Toe ek om 'n draai gaan probeer ek weer 2de, maar dit weier volstrek, so ek gaan maar weer 3de toe. Gelukkig is dit afdraend na die verkeerslig aan die onderkant van die bult.

Toe ek daar stop probeer ek 1ste rat maar dit wil glad nie werk nie. 2de ook nie. Die 1400 het mos so dun, reguit staal kierietjie met 'n palstiek knop bo aan gehad vir 'n rathefboom. Tydens my gesukkel om 'n rat te vind, raak die rathefboom al hoe korter. Ek kry weer derde en kry weggetrek want dis afdraend, maar nou is die rathefboom kwalik 10cm lank en ek besef ek sal moet stop en kyk wat aangaan.

Ek klim uit en kyk onder die kar. Die ratkas se agterkant waar die U-joint van die dryfas vas is, hang amper op die teer. Toe besef ek, dat die bracket wat die ratkas in plek gehou het afgebreek het. Ek was moeg, en die whisky oortuig my toe dat ek die ratkas moet oplig met die domkrag. Ek doen dit, en die ratte werk normaal. My moeë, whisky benewelde brein oortuig my dat alles in plek gaan bly as ek die kar in 1ste rat los en die domkrag uithaal. 

Aanvanklik raak die rathefboom net so effens korter en ek trek weg in 1ste en kry 2de. In die proses krimp die hefboom egter weer radikaal en ek besluit toe maar om die ongeveer 5km in 2de te ry tot by die huis. Die volgende oggend sleep 'n vriend my Supa Quick toe met sy Uno, en hulle sweis 'n nuwe bracket aan. Ek het verder gery sonder probleme tot ek die bakkie verkoop het aan 'n kennis. Sy voorman het nog daarmee gery tot oor 350 000km.

Centurion

Dusty

Tue, 17/09/2019 - 04:59

In Desember 2002 het ek plek bespreek by Buffelspoort . Vrydag voor ons ry word daar by my huis in gebreek. Het toe my lus om te gaan kamp verloor en wou dit kanselleer. Die wa was nog nie heeltemal gereed om te gaan kamp nie. Het nog een of twee klein dinge wat gedoen moes word. Saterdag kom my broer kuier en hoor vn die hele gedoente. Ons het saam plek bespreek. 2 Staanplekke vir ons. Hy haak toe my wa en vat dit saam na sy huis en doen die laaste items. Hy het my toe oorreed om tog maar te gaan kamp. Sondagoggend gaan ek na sy huis om die wa te haak. Wat my elke keer gepla het wanneer ek die wa haak is dat die tando en die elektriese koord aan dieselfde kant gekoppel word. Maak toe die sleepbal los en monteer die prop aan die anderkant. Met die dat die inbraak nog vars in my geheue is en ek nie nugter gedink het nie vergeet ek om die wa ordentlik te haak. Ry by sy hek uit en toe ek draai gaan die wa reguit. Die koppelstuk het net los op die sleepbal gelê omdat die drade eers weer gekoppel moes word en die ketting was nog nie oor gesit nie omdat die sleepbal af gehaal was.

Secunda

Sleep nou

Tue, 17/09/2019 - 07:44

So vertrek ek en Berdien na De voetpad toe en in Middelburg kom n ou verby hoed vir my en wys iets agter my stop toe eenkant binne Middelburg klim uit en sien die caravan se krag punt wat innie kar ingaan uitgeklim en heeltyd op die pad gesleep ja dit my geleer om seker te maak die plug is mooi in voor jy ry

Worcester

Wildehont

Fri, 27/09/2019 - 20:08

Vanmiddag my domste fout in 'n lang tyd gemaak. Dis mos uiteindelik lekker warm hier die afgelope twee dae en ek val 15:15 uit op 'n Vrydag. Was toe gou die kar en sê vir die kleingoed ons moet kyk of die swembad warm genoeg is vir 'n dip. Ek klim in en dis nog so effens koud, net 25 grade. Ek loop so al met die kant langs en vee bietjie skoon. Na 'n paar minute herinner my onderbewussyn my dat my slimfoon in my broeksak was. Ek voel, en daar sit hy. Lekker diep onder die water.

Toe ek uitspring was daar nog 'n appeltjie op die skerm. Dit het egter gou verdwyn. Ek het hom afgedroog, uitgeskud en natuurlik in 'n bakkie met rys gedruk. Ek twyfel egter of hy weer gaan aanskakel. Dit was dalk my duurste fout ooit. Ek sal waarskynlik ook nou minder op die forum wees...