Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60708 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -6 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -6 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -6 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -6 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -6 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -7 hours ago
Naand 😂 Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -7 hours ago

Oktober 2019 Koffiekroeg

Port Elizabeth
Submitted by Antie on Tue, 01/10/2019 - 06:44
Forums

Dit is die maand Oktober, die mooiste mooiste maand....

Môre almal.  Ek hoop Oktober gaan werklik vir almal 'n mooi maand wees.

 

Centurion

Voortrekker

Tue, 01/10/2019 - 07:10

Goeiemôre Antie Frieps en almal!  Geniet julle dag en maand yes

Willem, iets is aan die broei en dit lyk darem asof reën oppad is?

Glo ons sal ook reën kry, Pta. is droog

 

Môre almal! Oktober....behalwe vir die jakaranda bloeisels in Pretoria in Oktober, weet ek ook as Oktober aanbreek raak die werksdae oor vir die jaar nou al lekker min

Pretoria

Slowstrike

Tue, 01/10/2019 - 08:29

Môre mense. Tante Frieda is reg die mooiste maand in Pretoria.

Sien gister die jakarandas beginne blom. Laat my terugdink aan my varsity jare. As die jakarandas blom en jy was agter met jou studies was jy se effe in jou kanon in.

Dit bly maar mooi veral in die strate waar die bome al so oud is dat dit `n koepel vorm oor die pad en alles is pers die pad die gras en ook die bome.

Groetnis

Waar my wa staan

Arie

Tue, 01/10/2019 - 08:48

Die blometjies is mooi maar vrek glad!

Ek het menige keer lekker geval as ek met my motorfiets om ñ draai kom en dan lê daar ņ klomp pers blommetjies!

Ook altyd veryel as daai blometjie op jou kop val sal jy jou eksamens deurkom?

Pretoria

Slowstrike

Tue, 01/10/2019 - 09:32

Dis waar dit vandaan kom 

 

OKTOBERMAAND - C Louis Leipoldt

Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand!
Dan is die dag so helder, so groen is elke aand,
so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo,
so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo,
so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo.

Dit is die maand Oktober! Die varkblom is in bloei;
oor al die seekoeigate is kafferskuil gegroei;
die koppies, kort gelede nog as 'n klip so kaal,
het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal;
het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal.

Dit is die maand Oktober! Die akkerboom is groen;
die bloekoms langs die paaie is almal nuut geboen;
en orals in die tuin rond ruik jy sering en roos,
jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos,
jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos.

Dit is die maand Oktober! Ek dink die mense vier
vir ewig in die hemel Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?
Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?

Wat gee ek om die winter? Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand,
met elke dag so helder, so pragtig elke aand!
Met elke dag so helder, so pragtig elke aand!

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 01/10/2019 - 17:49

Middag almal, hoop julle gaan 'n fees van 'n maand hê.

Ai, die twee kleinkinders het uit gevind ons gaan kamp, Armand nou twee en 'n half, draai om die karavaan, of gaan kruip binne weg,  dit is 'n storie om daai knapie daar weg te kry. Hulle slaap vanaand hier hy ons, en sodra ons hulle by die skole af gelaai het,  kom ons terug en haak,  dus m9rt ek vannaand nikd doen wat lyk na "gaan kamp"  nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 02/10/2019 - 06:47

Amper reën gehad gisteraand, die weer het goed gelyk.  As ek reg onthou was dit altyd gesê die reën kom 10 Oktober ?

Geniet jou Woensdag voluit in vrede.

Pretoria

Slowstrike

Wed, 02/10/2019 - 08:29

Môre almal.

By ons gisteraand so bietjie reën gehad. Dit was lekker om na die reën op die sinkdak te luister. Meer belangrik is dat dit blykbaar in die Karoo gereën het. Genade water wat met dank ontvang word.

Groetnis

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 03/10/2019 - 06:48

Wonder hoekom kom groet so min, was dit oor daar gesê was dat dit 'n sinneloos draad is ?  Ek dink weer dit is goed want jy kom gou agter wie voel af of so iets en wie voel 👍.

Wel dan se ek maar, geniet jou Donderdag voluit in vrede.

Goeie môre almal. 

Geniet julle dag verder.  Vir ons werkendes is dit darem amper weer naweekangel

Hierdie kan nie 'n sinnelsoe draad wees nie - ek sien redelik baie sinne en hier en daar 'n paragraaf of 2 ook? angel

Julle moet nou nie te veel sinnelose dinge aanvang vandag nie hoorwink

Centurion

Voortrekker

Thu, 03/10/2019 - 07:54

Dalk moet ons die van Koffiekroeg verander na Sinnelose draad?   Wieookal die November een wil begin onthou asb " November sinnelose draad"