TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

64088 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hoeveel kilo's het jou Hilux… Shocks! Chris Boucher -1 minute ago
Stoney ons hoop om jou daar… Wes kaap saamtrek. Voortrekker -10 minutes ago
kampsaamtrek Wes kaap saamtrek. stoney -23 minutes ago
Baie welkom aan die nuwe… Welkom Johann L -54 minutes ago
Augrabies My spaarwiel is daar gesteel. Johann Fouche -1 hour ago
Welkom Barry!  Welkom Voortrekker -1 hour ago
Frik, ken net van oom… Shocks! Johann L -1 hour ago

Die Ford en die Exclusive

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Fri, 04/10/2019 - 07:08
Forums

Soos almal weet dit is ons kombinasie en dat die Ford letterlik 'n "tap on te back" gekry het laasweek die aand voor ons by die Phalaborwa hek in gegaan het Letaba kamp toe.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 04/10/2019 - 07:24

By Safari Park voor die Phalaborwa hek waar ons vir die nag oorstasn om vroeg die volgende oggend in te gaan is dit nogals koel tot koud.  Surette besef Wijan het niks waremer as net 1 lang mou hemp nie en besluit om gou te ry voor dit donker raak en als is toe om tog vir hom iets te gaan koop.

Terug in die kamp vat sy die draai verkeerde kant toe en besluit om om te draai en wradtig daar spring 'n boom agter teen die Ford nog voor die P.D.C. haar kon waarsku.

.

Dit lyk nie so sleg nie, tot jy op kyk.

.

Ek het besef, iets moet ek doen want as daai venster uitval is daai gar oop en dit gaan werl soos 'n stofsuier om al daai grondpad stof in te suig, gan dink ek nie eers aan as dit kom reën nie.

Kry my rol "duck tape" maar kom nie baie ver nie, stap oor na die buurman en kry toe by hom van daai wat hulle karton bokse toe plak, wel dit is hoe die Ford se agter ruil lyk.

Eer 'n paar dae later onthou ek hoekom die ruit nie uit geval het nie, want ek he van daai dik "smash & grab" film laat insit tor ek hom gekoop het.

Als het goed gehou, was Dinsdag 1 Oktober by die paneel kloppers en nou wag ek vir die groen lig van King Price.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 04/10/2019 - 07:48

Ek sukkel nou al geruime tyd met die inloop rem se skokbreker.

Inloop Skokbreker

Koop toe by Roadque 'n nuwe swaargewig eenven sit hom self in 👍.  As ek reg onthou was ons Hsrtenbos toe die laaste keer, op pad terug begin hy weer met die klap geluid.  Nou ek verstaan as hy klap met die remslag beteken dit jou remme is te laag gestel op die woonwa.  Maar as ky klap met die wegtrek is die skokbreker moeg.

Kontak vir Roadque en hulle sê ek moet hom inbring, ek besluit toe om maar die hele "coupler" as 'n geheet vir hulle te vat en sou hy sat wees kan hulle 'n nuwe een insit.  Noedeloos om te sê, hy is reg sê hulle maar ek moet die remme opstel.  My vraag wat gaan dit help as ek wegtrek en hy klap want dan is die remme nie meer betrokke nie ?

Als terug gesit en Pta.Ooswoonwa kliniek het na die water tenk volmaak gekyk en ook die remme opgestel (ek was steeds nie gelukkig nie) maat het so gesleep en probeer sagter wees met die voet op die rem.

Lugversorger

Maart kamp ons by Dube en dit raak lekker warm, geen probleem sit die lug verkoeler aan want daar is nie bome vir koelte nie, maar ai die ding maak nie koud nie, die lang naweek en wat nou.  Surette se suster se man se broer is in Brits en hy het 'n air-con besigheid, bel hom.  Hy sê die gas is klaar maar daar moet 'n lek wees dit kan nie net weg raak nie, na gesoek kry hy 'n klein lek naby die binne eenheid in die kas by 'n las, maak reg en vol, als werk weer baie lekker 👍

Diee eerste paar dae in die KNP is dit koel, tot dit opstoot bo 30°C, daar is nie blare aan die bome nie want dit is droog, so geen koelte, geen probleem dis maklik skakel net die lugverkoeler aan.  Na 30min sê Surette die ding maak nie koud nie😡

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 04/10/2019 - 08:26

Ek aanvaar jy gaan hierdie naweek met 'n flenters Ford-agterruit en 'n flenters Exclusive aircon kamp.

Julle kamp te veel, geen kar en karavaan kan byhou by so 'n kamp-tempo nie !  Kort jy nie dalk 'n nuwe kar en karavaan nie ?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 15/10/2019 - 07:19

Lugversorger

Ek het nou al, paarplekke hier rond Pretoria gekontak en kry verskillende menings.  Een sê ek moet aluminium pype gebruik, ander sê nee nie met die nuwe lugversorgers nie.  Daar is ouens Caravan Cooling, dink in Vereniging.

Inloop Skokbreker

Hier kry ek ook verskillende menings.  Die een sê dit is Roadque sin wat swak is en moet eerder Al-Ko sin gebruik.  Het hulle gekontak en hulle sal hom ook insit teen 'n bedrag wat steeds die goedkoopste is.

Powrtouch Movers

Die Albert van Witbank wat destyds myne ingesit het het nie volgens my dit reg gedoen nie want net so 3/4 van die roller druk teen die band en hy is heelwat hoër as die draai as van die wiel.  Die ouens wat ek gekontak het soek nog iemand vir regte hulp ?

Nou het ek al begin wonder, moet ek nie maar deur gaan Villiers toe na Powrtouch toe om dit reg te doen nie ?

Dan miskien Vereniging toe na Caravan Cooling toe vir die lugversorger.  Hulle klink of hulle weet wat hulle doen, het glo al meer as 100 gedoen ?

Al-Ko toe vir die skokbreker, hulle is darem in Pretoria.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 15/10/2019 - 07:21

Hy is geskeduleer om 23 Oktober in te gaan vir seker so 2+ weke.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 15/10/2019 - 08:08

Hoekom twee weke vir 'n ruitvervanging of is daar ander herstelwerk ook ?

Exclusive :  ek sal maak soos jy voorstel en die drie irritasies eens en vir altyd uit die weg ruim, selfs al kos dit 'n paar kilometers se sleep om dit behoorlik gedoen te kry.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 15/10/2019 - 10:29

Ford:  Ja daar is ander werk ook, nie net die ruit nie.  Onder daai blinks bo die nommerplaat het daai plastiek waar die oopmaak van daai ruit is ook gebreek.  Die paneel het skade net regs van die "P" van GP, die blink strook, onder die nommerplaat en die onderste deel van die groot klap asook die plastiek buffer.

.

Exclusive :  Ek het vanoggend vir CJ-Aircons ook 'n e-pos gestuur want op hulle web noem hulle dat hulle ook die Powrtouch movers doen.

Die probleem met die distansie is ek sal moet seker maak van hulle herstel tyd en dit gaan kos ek moet iewers oorslaap tussen Villiers en Vereniging.

Middag Willem

As jy oorslaap kampeerplek soek, kyk bietjie na Kareekloof , Suikerbosrand naby Heidelberg.

Dalk is dit 'n goeie keuse, maar die forum ouens wat onlangs dalk daar was, moet maar laat hoor van hulle.

Wessel

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 15/10/2019 - 14:36

Willem, jy kan in Soetdoring in Vereeniging ook oorslaap, of Bloekompoort.

Ek sou Soetdoring aan beveel, dan is jy ook sommer baie naby AL-KO in Vereeniging vir die skokbreker. Van AL-KO af, is jy so twee Km (miskien drie) van die R59 snel weg af op pad na Pretoria.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 16/10/2019 - 09:09

Ek het antwoord van Powrtouch (Leon Theron) Villiers gekry.

Dit is so jammer dat jy nie lankal met ons geskakel oor jou Powrtouch.

 

Albert van Tonder het op so ‘n groot skaal droog gemaak met die installering van die Powrtouch destyds dat ons sy agentskap

gekanselleer het.

Om jou Powrtouch behoorlik te laat werk sal dit nodig wees om die wa hierheen te bring sodat ons die installasie kan oordoen en seker te

maak dat dit behoorlik funksioneer.

....  dit sal so 4 ure neem om dit reg te maak.

Koste R 1000.00 plus BTW wat ‘n behoorlike diens van die eenheid insluit.

Nou moet ek nog die ander twee se antwoorde kry en my beplanning so maak dat ek eers Villiers toe gaan (sal so 04:00 uit Pta. ry vir die verkeer) dan seker by Soetdoring gaan oorslaap om Dinsdag by Caravan Cooling vir die lugversorger en dal sal ek weer moet oorslaap om Woensdag by AL-KO vir die inloop skokbreker (of die laaste twee omruil) en terug Pretoria om reg te maak vir die lang kamp by Dinokeng.

Die bespreking is gedoen vir eerste ding Maandag 11 November by Powrtouch Villiers.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 17/10/2019 - 07:33

Ek het toe nog een antwoord gekry vir die lugversorger, Caravan & Outdoor Air-conditioning

Dié ouens se prys is ook so R 1,000 onder die ander.  As jy beplan om een in te sit oorweeg of kyk en gesels met hierdie mense.  Die waaier sit hulle onder die woonwa.  Hulle is nou wel in Vaderbijlpark, maar dit pas my want ek gaan mos Villiers toe vir die movers.

As AL-KO in Vereniging die skokbreker gaan doen die Maandag middag het ek net een oorslaap om Dinsdag 12 November by hierdie mense te wees.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 22/10/2019 - 08:54

Dit is reg Willem, die oord is in Vereeniging dorps gebied.

Ek sal kyk of ek die GPS koordinate vir jou jan laai.

From Johannesburg

  • Take the R59 from Johannesburg.
  • Pass Alberton and Meyerton.
  • Take the Ringroad offramp.
  • At t-junction turn right.
  • Pass the stop street.
  • At the robot turn right into the Old Johannesburg Road.Checkers Warehouse will be on your right hand side pass the next robot at Magic Gardens.
  • Turn left at the third Robot into Sonlandpark (Jimmy Sinclear becomes Langerand).
  • Pass right through Sonlandpark the double road becomes a single road.
  • Keep straight until you see Randwater Amanzimtoti pump station on your right hand side, keep going straight till the end of the tar road you will see the tar road turns left, you will take the gravel road on your righthand side and keep going straight till you see the Big Black gate in front of you.
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 22/10/2019 - 12:30

Ek het gister die woonwa na Klaus-Diter Henning van Caravan Man (die ou wat woonwa stoom skoonmaak) gevat vir die inloop skokbreker en remme.  Ek het gevra vir die AL-KO een gevra.

AL-KO daar onder kon my nie verseker op my tyd help nie en die een in Centurion het nie baie hulpvaardig geklink nie, daarom het ek besluit om dit by Klaus te laat doen.

Ek het nou terug gery en ek weet wraggies nie of dit ek is of die Ford dalk te sterk weg trek maar vir my voel ek steeds as ek wegtrek ? sad

Johann, 

E gaan die Maandag deur Villiers toe vir die movers en dan sal ek by Soetdoring Vakansieplaas gaan oorslaap om die Dinsdag oggend vroeg by Caravan Cooling kan wees.  As hulle te laat klaarmaak sal ek maar weer gaan oorslaap om die middag verkeer terug te mis.

Dan begin dit tyd raak om als reg te kry vir die lang kamp Desember.

Pretoria

Slowstrike

Tue, 22/10/2019 - 12:38

Willem

Jy bluf ons nie. Jy sal ook enige verskoning uitdink om te kan gaan kamp soos nou weer "middag verkeer" 

Wat was die koste van daai skokbreker as ek mag vra.

Groetnis

 

Middag Willem

As ek jy was het ek net daar omgedraai en die grootbaas opgelaai vir 'n toetsrit.

Dalk moet jy kyk of jou sleepstang nog vas aan die Ford is. Jy trek met soveel krag weg, dalk het al die gate uitgewerk en het jy speling daar.

Groete

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 22/10/2019 - 13:34

Stadig Staak, Wessel,

Die prys wat ek by AL-KO gekry het was +-R700 vir die skokbreker en als wat saam met dit gaan.  Ek het by Klaus R 1,240.50 betaal want hy het hom verskaf en in gesit.

Die sleepstang van die Ford is stewig vas.

Die gestamp (trek) kom jy eers agter as jy ent weg is.  Ek het reeds vir hom e-pos gestuur en gesê ek sal beter kan toets met die trip af Villiers toe, want môre gaan die Ford in vir sy gat.