Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60708 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -6 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -6 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -6 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -6 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -6 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -7 hours ago
Naand 😂 Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -8 hours ago

Kamp met nuwe Jurgens Penta

Centurion
Submitted by Voortrekker on Fri, 04/10/2019 - 13:38
Forums

Pent

Jurgens Campworld het gister vir ons die heel nuutste Penta kom opslaan vir ons Saamtrek by Eastco Magalies.   

J

J

J

J

J

J

J

J

J

J

J

J

J

J

 

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 06/10/2019 - 20:53

Dankie Anton, ditis 'n fantastiese karavaan daai, mag nie begeer nie, maar my hart brand vir so pronk woonwa.😢😢😣

Secunda

Sleep nou

Mon, 07/10/2019 - 10:15

Dankie Anton vir deel van fotos sien daar is nogal lekke pak plek ek gaan juis saterdag Comet toe in Boksburg dalk sien ek so een op die vloer dan wil ek loer en goeie ingeligte besluit maak oor Penta VS Swing

Middag Voortrekker

Het jy kans gekry om die Jurgens bemarkers te pols oor die rede waarom hulle nie meer die Palma vervaardig nie.

Ek bedoel---jy is mos nou al amper ook 'n bemarker vir hulle laugh

Groete

 

Centurion

Voortrekker

Mon, 07/10/2019 - 10:58

Nee Wessel ek het nog nie die inligting nie, maar sal vra.  Wat ek wel weet is dat hulle nou begin om die hele Jurgens reeks oor te ontwikkel.

Groete

Antonus

Centurion

Voortrekker

Mon, 07/10/2019 - 11:25

Terugvoer van Ina by Jurgens oor Palma:

"Ons het daaroor gesels en daar is 'n moontlikheid om hom weer te vervaardig.  Volgende is die Classique en die Exclusive"

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 07/10/2019 - 11:30

Ek hoop hulle kyk na die grys water om dit in een afloop te sit en ook om te wys waar die domkrag punte moet wees.

Middag Voortrekker

Dankie vir die terugvoer, dit sal nogal insiggewend wees om te verneem wat hulle markinligting toon;

waarin stel pad-woonwa mense in belang, wat is op die wenslys, soos aanboord toilet, ander luukses, lae profiel teenoor staandak ensovoorts.

Sekerlik is daar uiteenlopende wenslyste, soos maar met voertuie ook. 

Gaan hulle dalk 'n boswa wat tussen Escape en Explorer inpas [gewig gewys] dalk oorweeg. Eersgenoemde is darem baie klein, en laasgenoemde weer effe aan die swaar kant.

Groete  

Pretoria

leeu

Mon, 07/10/2019 - 14:33

Ek het baie verby die wa geloop die naweek, oppad swembad toe. Dis mooi op die oog, maar te klein vir ons. Die wa kos net so veel soos 'n nuwe Classique (natuurlik nog die ou ontwerp). Die badkamer is 'n wenner en kannie wag om te sien hoe die "nuut ontwerpte" Classique sal lyk nie.