Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60708 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -6 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -6 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -6 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -6 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -6 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -7 hours ago
Naand 😂 Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -7 hours ago

DIE EGSTE PYN WAT 'N MENS KAN BELEWE IS AS JY 'N KIND AAN DIE DOOD AFSTAAN.

potch
Submitted by TORA on Fri, 04/10/2019 - 21:35
Forums

Die afgelope 2 maande is ek en my vrou deur diep water. dit gaan nou beter. Ons het 2 maande terug ons 2de seun aan die dood afgestaan. Mens verwerk die tipe seer nie maklik nie. Maar jy kry krag van bo elke dag en dit is voldoende. Ek het nou eers die moed gekry om dit julle te deel, want die hartseer oorval my elke keer as ek dit hier probeer post.  Dit is een van die redes hoekom ek so skaars is deesdae. Ek probeer darem nog op FB so af en toe 'n bydrae lewer. Die wat my ken weet ek lewer net 'n bydrae as dit waarde toevoeg tot kamp ens. ek klest nie sommer nie. Nou ja ek het  geskryf wat ek al lankal moes, maar die emosies het my talle kere oorval. 

Port Elizabeth

Antie

Sat, 05/10/2019 - 05:30

Ai, Tora, my hart gaan uit na julle.   Ek glo julle ontvang krag van bo in die moeilike tyd.   Met die verloop van tyd sal  die seer en verlange ligter word maar dit sal seker nooit weggaan nie.  Koester die mooi herinneringe wat julle aan hom het en weet dat jul eendag weer herenig sal wees.

Sterkte my maat!

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sat, 05/10/2019 - 09:19

ek is só jammer om dit te verneem. Ja, dis die ergste ding wat met ouers kan gebeur, die seerste seer wat daar is. As ouers wat self twee jaar gelede 'n kind aan die dood moes afstaan kan ons opreg met julle simpatiseer en empatie hê met wat julle deurgaan. Die seer gaan nooit weg nie, maar gelukkig leer 'n mens om met tydsverloop en genade van Bo makliker daarmee saam te leef. Sterkte vir julle.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 05/10/2019 - 10:14

Hallo Tora !  Wat kan ek nou sê want ek het nog nie soiets meegemaak nie ?  Ek kan my egter indink dat dit baie moeilik moet wees en in sulke tye wonder ek altyd hoe hanteer mense dit wat nie geloof in die Groot Trooster het nie ?

Baie sterkte op die pad vorentoe vir jou en jou vrou en ek bid julle vertroosting toe.

Baie dankie dat jy julle groot seer met jou kampvriende gedeel het.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 06/10/2019 - 21:26

Tora, ek kan nie werklik saam praat nie, ek dra, genadiglik, nog nie daai las met my saam nie. Al wat ek kan sê,  is sterkte, die Vader sal NOOIT toelaat dat ons, bo ons vermoens beproef word nie, Hy sal vertroos.

Dankie dat jy hierdie hartseer met ons as kamp gemeenskap (vriende kring) deel, so kan mens tog in 'n mate,  hoe gering ookal, begin om dit te verwerk.

My niggie se seun het Dinsdag hul dogtertjie van 9 jaar begrawe, sy het van 'n perd af geval en is dood, dit was hul twee kind wat hulle moes begrawe, hul seun van twaalf is paar jaar terug deur 'n trekker met sleep wa ook noodlootig beseer,  ek kan vir geen oomblik indink waardeur 'n ouer moet gaan in sulke omstandighede nie.

Ons kan net bid vir julle.

Pretoria

Slowstrike

Mon, 07/10/2019 - 08:37

Ai niks wat ons sê kan dit beter maak of julle laat beter voel nie. Ek is so so jammer om die slegte nuus te hoor.Ek as ouer en grootouer vind so gedagte ondenkbaar en vra maar onse Vader dat die beker by my verby moet gaan.

Sterkte mag dit spoedig beter gaan met julle 

 

Groetnis

Ons middelste seun het ons op 26 jaar ook aan die dood afgestaan. Hy het Lukemia gehad en ons kon die pad saam stap vir 5 jaar en ons kon in 'n groot mate daarvoor voorbery, dit is nou 18 jaar terug, mens verwerk so iets baie makliker. 'n Skielike dood soos met ons jongste seun nou,skeur jou hart uitmekaar , en ons verwerk dit baie moeilik, al wat jy as mens kan doen is om elke dag maar te vat soos dit kom, want een dag is jy Ok en die volgende dag is die trane en hartseer baie erg. Gelukkig is ons 2 kleinkinders ( sy kinders )  minstens 2-3 keer 'n week naskool by ons, en dit maak dinge makliker. Hulle kry  gelukkig berading wat hulle help om dit te verwerk. 

Pretoria

leeu

Mon, 07/10/2019 - 12:06

Sterkte Tora, sjoe dis erg...het 4 jaar terug my vrou na 28jaar saam, aan die dood afgestaan en dit was baie sleg gewees, ek kan my amper in dink hoe erg dit moet wees as dit jou kind is. Ek dink daar is seker baie vrae, daarom het ek vir my Izak Burger se boek,"5 minute na die dood" gekoop, maar dis vrek moeilik om so iets te verwerk.

Die vraag wat mens jou seker kan afvra is hoekom gebeur so iets. Die dood is een van die mees omstrede onderwerpe, maar niemand sal jou kan antwoord waarom dit gebeur nie, vernaam as dit met jong mense gebeur. Die woord sê "goedheid en guns sal jou volg, al die dae van jou lewe" dit is dalk nie noodwendig nou by jou nie, maar dit volg jou en sal beter raak.

Ons wat nie deur so 'n trauma gegaan het nie, sal nie weet hoe die mens voel met so 'n verlies. Alle sterkte, en gryp die krag van bo af, en hou dit vas.

PRETORIA

Leeutemmer

Tue, 08/10/2019 - 11:19

Ek het my seun die oggend in sy kot gekry waar hy alreeds dood was. Wiegiedood, tot vandag geen verklaring 36 jaar later. Hy was 4 maande. Die dokter het vir my gesê met die nadoodse ondersoek hulle kan niks fout kry nie. Tyd is egter die grootste geneser. Sterkte vir julle. Waar hy nou is sal hy nie wil terugkom na die ou wereld nie.

 

Worcester

Wildehont

Tue, 08/10/2019 - 20:35

Ek kan net met Dave Matthews (terloops in SA gebore en hier gewoon tot hy so 16 was as ek reg onthou) saamstem in sy liedjie Gravedigger (video hier onder); "You should never have to watch as your only children are lowered into the ground, never have to bury your own babies". Ek huil as ek net aan julle pyn dink en bid God se troos vir julle toe. Soos Paul Simon gesing het; "God only knows, God makes his plans, the information's unavailable to the mortal man. We work our jobs, collect our pay, believe we're gliding down the highway when in fact we're slip sliding away".

video