Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60708 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -7 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -7 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -7 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -7 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -7 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -8 hours ago
Naand 😂 Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -8 hours ago

Sprite Tourer

Bellville
Submitted by andrefranskraa… on Sat, 05/10/2019 - 07:32
Forums

Dagsê Kampvriende

Na 13 jaar wil ek en vroulief weer begin kamp en toer - ons tree DV binnekort af.  Ons wil graag bietjie van die teerpad af ry en plekke soos Kgalagadi en Namibië besoek sonder om ernstig te 4x4.  My vraag is:  Hoe taai is die Sprite Tourer SP?  Ek sien die nuwe se kasdeure is vervang met siele en ritse.  

Kan mense met eerstehandse Tourer-ervaring of mense wat ouens met Tourers ken asseblief help?

Dankie.

Andre

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 05/10/2019 - 09:02

 

Goeie more André !

Welkom tussen 'n klomp kletsers waarvan 'n klompie ongelukkig hierdie naweek daarbo saam kamp.

Ek kan ongelukkig nie help nie, want ek ken nie die Sprite Tourer nie.  Die Tourer is egter aanvanklik as 'n "stofpad"-karavaan bemark en ek twyfel of die uiters vrot paaie in die Kgalagadi rybaar is met iets wat nie 'n volwaardige 4x4 boskaravaan is nie.  Ons kamp nie verder as Twee Rivieren met ons teerpad Exclusive nie.

Ek hou duimvas dat iemand sal kan help.

Ns.  JacquesR gesels ook soms op hierdie forum en hy het een gehad (of het hom dalk nog).  Hy is die Administrateur van die Face Book-groep "Jurgens-CI Caravans Fans" en jy kan hom daar kontak as hy nie hier reageer nie.

Secunda

Sleep nou

Sun, 06/10/2019 - 18:59

Andre die tourer is n puik wa wat jy innie veld kan ingaan maar dis nie n wa vir rowe terrein nie die Tourer SW lekke ruim binne kant met baie pakplek beste gaan kyk vir jou self en besluit dan sterkte