Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60709 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal,

Terug op…
Oktober 2019 Koffiekroeg Dusty -7 minutes ago
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -7 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -7 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -7 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -7 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -8 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -8 hours ago

WilSur - Letaba / Tshipise 2020

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Mon, 07/10/2019 - 14:10
Forums

Soos julle weet was ons nou September 2019 in Letaba.

Ek het plek gesoek vir die 2020 Julie skoolvakansie by Skukuza maar kon nie plek kry nie.  Toe laat weet Trudie Kotze my sy het vir my 'n kansellasie en toe ek betaal merk ek eers dit is weer in Letaba.  17/06/2020 tot 22/06/2020

Toe wonder ek om dit dan die moeite werd te maak om na die KNP by Eiland te gaan staan vir 'n week.

Hulle het my laat weet daar is geen plek.

Nou het ek plek gekry by Tshipise yes

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 07/10/2019 - 14:13

Len nou wil ek hoor, as ek vroeg by Letaba uit ry Punda se kant toe of dalk Pafuri toe, hoe lank sal dit neem ?  Gaan ek dit dalk kan maak tot by Tshipise ?

Middag Willem

Hoekom oorweeg jy nie om van Letaba tot by Swadini te gaan nie. Dit is net uit by Orpan hek, so 40km in Blyde Canyon.

 

Of, gee jou plek weg in Letaba vir kampforum vriende, en begin ander plek soek.laugh

Groete

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 07/10/2019 - 16:09

Wessel, ek kon nie plek kry nie en het net 'n kansellasie gekry.  Ek wil gebruik maak van my Wild Kaart voor hy weer verval September 2020.

Die ander rede is ek wil na 'n warm bron gaan in Junie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 07/10/2019 - 17:24

Willem, dis heeltemal te ver.

Dit is 222km vanaf Letaba tot by Pafuri-hek en dan nog 100km tot by Tshipise.

Ek sou eerder van Letaba tot by Punda ry (179km), daar oornag en dan die volgende dag ry tot by Pafuri (83km) plus 100km tot by Tshipise.  Punda het 'n heerlike kampterrein, by 'n drinkgat wat snags verlig word.

Dis nog 'n lang tyd en ek is seker Trudie sal vir jou mettertyd  by Punda 'n oornag staanplek kan kry.  Punda is net mooi halfpad tussen Letaba en Tshipise.

As Trudie nie plek by Punda kry nie (hoogs onwaarskynlik), vetrek uit Letaba een dag vroeër en daag net op by Punda met jou Letaba-dag  -  daar sál 'n plekkie wees.  Andersins, as julle eers by Letaba is, probeer elke dag via die kantoor jou laaste dag ruil vir een nag by Punda.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 07/10/2019 - 18:16

Dankie Len

Omdat dit skoolvakansie is is die staanplekke skaars in Junie.

Ek het gedink 222km / 40km/u = 6 ure, dit is hoekom ek gedink het dit kan gedoen word.  Van Pafuri is dit so 100km nog ?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 07/10/2019 - 19:00

Willem, die 222Km in die wildtuin is ver vir 'n dag,  jy gaan nêrens kan stop vir 'n blokasie / besigtiging nie. 

Dit kan gedoen word, as jy 8 uur haak, is jy (sonder stop) so teen 3 uur bo uit,  maar ons weet mos dit werk nie so in die wildtuin nie.

Ons hou maar duim vas dat jy geholpe raak.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 07/10/2019 - 20:01

Jou rit in die Wildtuin moet deel van jou Wildtuin-ervaring wees  -  nie 'n gejaag om by die hek uit te kom nie.  Dit is reeds 'n ver end tot by Punda en julle moet tog 'n bietjie bene rek by Mooiplaas of Mopani en dan weer by Shingwedzi.  En na Punda die volgende oggend moet julle nog gaan ontbyt maak by Pafuri Piekniekplek langs die Levubu rivier.

Moet asseblief nie prober deurjaag nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 08/10/2019 - 08:01

Ek sou in elk geval daai oggend vroeg ry uit Letaba huis toe soos die laaste keer.

Miskien moet ek net ry tot by Punda en wag tot die hekke toe maak en dan sê ek kan nie verder ry nie ?

Môre Willem

Net ingeval jy nie weet nie---Swadini beskik wel oor warm swembaddens. Soek dit gerus op die internet.

Ek was al by Tshipise ook, en sal beslis, van 'n kampeerplek, omgewing en doendinge, veel eerder Swadini toe gaan as Tshipise. Julle kan selfs die mooiste bootvaarte op die Blydedam doen, en daar is lieflike kort staproetes. Mens kan selfs fietse huur, as jy nie julle eie wil saam ry nie.

Die enigste nadeel mag die roete terug huistoe wees.

Groete 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 08/10/2019 - 09:01

Willem, Wessel se alternatiewe opsie bly dus 'n aantreklike moontlikheid.

Terug by Punda :  dit is onwaarskynlik dat jy nou 'n formele plek sal kry by Punda vir daardie laaste of addissionele dag, maar ek kan jou amper waarborg dat jy wel 'n kansellasie sal kry 'n dag of twee voor jy daar wil staan.  Daar is honderde gevalle daagliks waar mense teëspoed op die nippertjie kry soos stukkende kar, siekte, dood of soiets. (Onthou my Pathfinder se sondak wat ontplof het oppad Punda toe ?  Ek moes bel en sê ek kom een dag later).

Middag Willem

Nou vra jy my vas. Ek is geneig om te sê--koeler as Tshipise. Dit sal nagenoeg dieselfde wees as wat mens in dieselfde tyd in Satara sou beleef.

Ons was afgelope Junie in Satara en temperature het in oggende begin so ongeveer 11 C en gestyg in middag na ongeveer 30 grade.Omdat Swadini onder in die Blyde-canyon is, is mens vroeer uit die son uit, wat koelte meebring.

Ek gaan vanaand huisvergadering hou, wil ook Swadini en Balule kombineer. Swadini moet trippie versoet vir beterhelfte, sodat sy instem vir sonder elektrisiteit in Balule. Gelukkig is stemgeregtigde lede net 2 en ek het 'n veto stem, soos bybel voorskryf.laugh

Groete 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 08/10/2019 - 14:17

Wessel, nou vir wanneer word hierdie Balule/Swadini besoek oorweeg ?

Middag Len, Willem en ander vriende

Willem het my nou so lus gemaak vir die willetuin en Swadini, dat my gedagtes sommer oploop gaan.

Ek dink daaraan om na my Mei-maand 2020 besoek aan die Kalaghadi, te probeer plek kry  in KNP, verkieslik in Balule of Satara, dalk net voor of na die Julie skool vakansie .

Moet net eers vanaand die verkiesing wen op demokratiese wyse.

Groete

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 08/10/2019 - 16:14

Wessel, jy moet maak soos ek, bespreek, betaal en vertel, vat die lawaai na die tyd met 'n knippie sout, en gaan kampwinkdevil

Nou nie regtig nie, my vrou is baie kwaai, ek kry gereeld pak😂

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 10/10/2019 - 19:03

Ok, Tshipise was my keuse al is Swadini goedkoper.

Die warmer Tshipise het my meer getrek en ek moet die plek weer gaan besoek na ek as voorskool se kind daar vir my Pa groente tussen die karavane en tente gesmous het (sixpins 'n mandjie as ek reg kan onthou)

Plekke is betaal yes nou die wag.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 10/10/2019 - 20:38

Geluk Willem. jou plek is nou "signed and sealed" !  Moet nou nie hierdie outoppie teleurstel nie  -  moet asseblief nie uit Letaba direk Tshipise toe ry nie.  Breek daardie trippie by Punda en oornag daar.  Jy is dit verskuldig aan daardie bulletjie van jou  -  hy wil ook nie heeldag in die kar ry nie en hy (en julle) sal daardie watergat by Punda baie geniet.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 11/10/2019 - 06:35

Len, ja ons sal kyk hoe die oggend se vertrek Nood verloop. 

Môre Len en Willem

Die watergat waarna verwys word, is dit die ene binne of buite die kamp. Die bulletjie is moontlik nog te jonk om by die binne watergat te ontspan.

Groete