TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74310 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dis nog nie buitensporig… Geniepsig Wildehont -1 hour ago
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -3 hours ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -4 hours ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -4 hours ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -5 hours ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -7 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -7 hours ago

c

2012 Penta te Koop

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Mon, 21/10/2019 - 18:00
Forums

Ek glo hier is 'n klomp van julle wat vir Chris & Marie Smit van Nelspruit ken.  Ons ken mekaar ook al jare maar nog nooit die voorreg gehad om blad te skut nie.

Wel hulle het nou besluit dit is tyd om uit kamp uit te tree, wat 'n jammerte maar so kom als seker met tyd tot 'n einde.

Een eienaar. Baie goeie toestand. Enige toets welkom.
Behalwe gedurende toere, is die woonwa onderdak gestoor
Volledige dubbel tent met pale penne en alles wat oop en toe maak.
Volledige Jurgens stel borde , koppies ens.
2 Grondseile, spaarwiel, Vlekvrye staal elektriese stoof, water suiweraar.

Ons het die Woonwa bestel sonder ‘n Stoof en wasbak, aangesien dit in ons opinie, net ‘n vermorsing van plek is aangesien niemand binne ‘n woonwa, kos kook of braai nie.

R160 000

Sel 083 454 6270
Epos: chrispsmit@ gmail.com

Hier is so paar foto's, ek het vir Chris gevra om ook vir my foto's van binne te stuur dan sal ek dit ook plaas.

.

.

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 21/10/2019 - 18:19

Ja Willem, ek ken ook vir Chris en Marie Smit al vir jare en het hulle die eerste keer ontmoet by 'n WegSleep saamtrek by Gariepdam.  Ons het gereeld saamgekuier as hulle hier by ons by Van Zylsrus gekamp het, ook by Ou Skip, Leentjiesklip en dan ook as ons in die Kruger Wildtuin kamp, het hulle kom kuier.

Sy Wegsleep-forumnaamwas Tyro.  Hulle is dierbare mense, maar die ouderdom het hulle ingehaal en hulle moes die kamplewe vaarwel roep.

Ek glo die koper sal 'n goeie kopie doen.

Stem saam oom Slot.  Ek is nou ook nie in die mark vir 'n Penta nie maar as ek was, was ek alreeds in Nelspruit om hom te haak.   Baie goeie prys daai....

Ek onthou vir Tyro. Sy avatar was so neon kleur spinnekop of iets?

Middag vriende

Wat is die plaatjie spesifikasie [bruto massa] van die spesifieke Penta jaarmodel?

Ek is so effe uit voeling met padwaens. 'n Penta is sekerlik na die Palma van die beste waens om mee te kamp en sleep soos 'n droom.

Groete

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 23/10/2019 - 14:06

Wessel, my Penta se oorspronklike plaaitjie.

Penta
Tarre - 1120 BVM 1380 met die plaaitjie se as gewig 1600.
Na die insedent met die wa, het ek gesien die ou as se plaaitjie is 1500.

 

Penta
Hier is die ou as se plaaitjie

 

Penta
Nuwe as se plaaitjie 1800kg 

 

Middag Johann

Dankie vir die info. Dit is nogal handige inligting vir mense wat belangstel, en noodsaaklik om te weet, en op te "weeg" teen hulle sleepvoertuig se beperkings.

Groete 

Middag Willem

Dankie vir die moeite.

Lekker wa om te sleep met 'n dubbelkajuit.

Groete