TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61925 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morne Desember 2019 Planne. Willem Brits -3 hours ago
Conradb Caravan Movers Willem Brits -3 hours ago
Andersins ook bekend as 'n … Verkeerde Raad Grootwind -3 hours ago
Baie welkom... Desember 2019 Planne. Len Loader -4 hours ago
Eiland Spa 2019 Desember Desember 2019 Planne. Morne -5 hours ago
Sleep nou, Baie dankie vir… Caravan Movers Conradb -6 hours ago
Hi Willem Brits, 

Baie…
Caravan Movers Conradb -6 hours ago

Pasop vir water lekkasie

Worcester
Submitted by Wildehont on Wed, 30/10/2019 - 09:32
Forums

Dis nou nie kampeerverwant nie maar lees maar vinnig. Jy spaar dalk net ‘n paar Rand en kosbare water. 
Op my munisipale rekening van verlede maand is my waterverbruik amper 3 keer die gemiddeld. Munisipaliteite gebruik gereeld jou gemiddelde lesing sonder om jou meter te lees en wanneer hulle dit uiteindelik lees kry mens so nare verassing. Ek het egter besluit om te kyk of daar ‘n lekkasie iewers in ons huis of erf is vir ingeval. 
Ek het ‘n klein lekplek by ‘n kraan agter in die tuin gekry maar verder niks. In die nag as dit stil is en ek staan op om water af te slaan, kon ek egter hoor dat water in die pype in die muur of vloer vloei. Ek neem toe een aand die watermeter se lesing voor ek gaan slaap en na die res van die gesin al slaap, en weer die volgende oggend voor hulle roer. In 8 ure oornag was die verbruik meer as 200 liter. Dit tel op na meer as 18 kiloliter ‘n maand!
Ek kontak toe my gebouversekering en om ‘n lang storie kort te maak, het hulle die lekplek gekry onder die badkamervloer by ‘n las en dit is eergister herstel. Dit was boonop in ‘n warmwater lyn so die geyser het oortyd gewerk en elektrisiteit gebruik. 
Doen jouself en die omgewing’n guns en moniteer een aand jou watermeter oornag wanneer almal slaap en daar nie veronderstel is om verbruik te wees nie. As jy vermoed daar is ‘n lekkasie, kontak jou gebouversekering. Hulle dek die opspoor en herstel van die lekkasie asook herstel van gevolglike skade. Hier onder is ‘n foto van die lekkasie in ons badkamer.

A

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 30/10/2019 - 09:54

Gelukkig vat ek self elke maand my water en krag lesings om vir die stadsraad te stuur.  So kan ek dadelik sien wat is my vrebruik.  As ek die swembad moet aanvul vat ek eers die lesing om seker te maak ek gaan nie oor my gemiddelde verbruik nie.

Maar dit bly 'n goeie plan.

Secunda

Sleep nou

Wed, 30/10/2019 - 09:56

Ek moes twee jaar terug ook n pyp ondergrond vervang wat stadig maar verseker gelek het hou ook my lesing gedurig dop

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 30/10/2019 - 10:40

Ons is net ons twee in die huis, dus kyk ek redelik gereeld, as die krane almal toe is, of die water meter loop, dit is veronderstel om stil te staan as krane toe is.

Wanneer ons vir langer tye weg gaan, draai ek die munisipale stop kraan toe, in geval daar 'n pyp sou bars.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 30/10/2019 - 11:14

In my geval is ons reënwater tenks gekoppel aan die huis se watersisteem en dan bly die munisipale stopkraan toegedraai.  Sou daar 'n lekplek iewers in die stesel wees, sal my tenkpomp aanmekaar aanskakel wat gelukkig nie die geval is nie. Die pomp skakel net aan as daar iewers water getap word. Die tenkpomp is dus my outomatiese monitor vir lekplekke.

Wanneer ons reënwater tenks amper leeg is, gebruik ons natuurlik munisipale water en dan toets ek maandeliks met my tenkpomp of daar dalk iewers 'n lekplek ontstaan het.

Middag vriende

Ek het ook verlede jaar uit die wildtuin gekom, en my tuin lekker nat onder water gekry. Vorige eienaar het daardie goedkoop plastiekpyp "insteek tipe" koppelinge gebruik, en dit het afgespring.

Ek het summier al my waterpype vanaf die straat tot by my huis, en om die huis vervang met koper, en alles bogronds gesit. Ten minste kan ek 'n lek sien en gerieflik maklik herstelwerk doen.

Doen maar steeds die visuele meter toets om seker te maak alles is dig.

Chris: Waar is al die water heen onder jou vloer, het die teels nie gelig nie???

Groete 

Worcester

Wildehont

Wed, 30/10/2019 - 13:10

Wessel, dit gaan my verstand te bowe. Die huis is oud en het houtvloere aangrensend aan die badkamer met ‘n lae “kelder” - wat kurkdroog is - onder die houtvloere. 

Worcester

Wildehont

Wed, 30/10/2019 - 14:05

Ek hoop maar die versekering gaan alles dek (bybetaling van R850 vir die loodgieter sover maar die opgekapte vloer en gevolglike skade - verf wat opgelig het - moet nog geässesseer word). Die munisipaliteit gaan my darem ‘n rebate gee op die water rekening.