TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61925 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morne Desember 2019 Planne. Willem Brits -1 hour ago
Conradb Caravan Movers Willem Brits -1 hour ago
Andersins ook bekend as 'n … Verkeerde Raad Grootwind -1 hour ago
Baie welkom... Desember 2019 Planne. Len Loader -2 hours ago
Eiland Spa 2019 Desember Desember 2019 Planne. Morne -3 hours ago
Sleep nou, Baie dankie vir… Caravan Movers Conradb -4 hours ago
Hi Willem Brits, 

Baie…
Caravan Movers Conradb -4 hours ago

Vergaderings

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on Thu, 31/10/2019 - 09:43
Forums

Nou moet neef effe bieg. Ons het n paar " verenigings" hier nl landbou,  brandbestryding en plaasveiligheid. Almal belangrik om deel te neem, did maak van ons "We,  en nie I nie" n goeie beginsel in die samelewing om saam te staan, veral in vandag se dae en dinge.

So moet daar gereeld vergader word om  in voeling te bly, inligting te ruil en strategie te beplan vir droogte, vure en plaasveiligheid.  Neef stem weereens 100% saam, baie belangrik.

Nou kom die geneuk, wie het al n groep boere om n tafel gesien saamstem, ksn jy indink as daar n kerksaal half vol is. Elkeen se inset is belangriker as die vorige spreker, wat halfpad in die rede geval is. Dan is daar die wat lyk my stadig van gedagtes is, en dieselfde vraag herhaaldelik stel. Sommiges sal iets te sê het oor die onderwerp onder bespreking, en dan so afdwaal dat als nou in n verkeerde rigting karring.  Volgende breek gaos uit waneer een sommer uit die hoek n ander van waterdiefstal beskuldig en so verloop n bespreking oor dalkies plaasveilgheid tog laatnag. Maar nou gaan ons eers braai en n dop steek, net om vriendd uit mekaar te gaan, om te loop voor braai, manne jy sal baie koue kyke kry van die ander en volgende vergadering word jy eenvoudig geignoreer. 

En daar sit neef, hy is al so gatvol vir sinnelose vergaderigs hy kwn sy baard uitruk, maar daar is nie uitweg nie. Hoop daar by die ander gaan dit beter. 

Onthou nou n insident waar n ander Omie toe die manne so stry met mekaar kwytraak. "Die laaste keer wat ons boere saamgestaan het, was toe ons kotsend oor die kant van die skip gehang het St Helena toe"

Secunda

Sleep nou

Thu, 31/10/2019 - 10:54

My moto met meetings kom tot die punt gee elke ou n kans om sy se te se sonder dat hy sy geonderbreek word anders word die 1 uur meeting n 8 uur meeting

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 31/10/2019 - 12:28

Ek wonder of die probleem wat Herman hierbo skets iets met die Afrikanerdom te make het.  Al wat erger as dit kan wees is 'n kerkraadsvergadering.

Gelukkig is ek die afgelope 11 jaar van aftrede gestroop van alle vergaderings  -  'n vergadering veroorsaak by my diepe pyn en daarvan het ek genoeg gehad.

Ek glo egter 'n vergadering is so goed soos sy voorsitter.  As hy goed voorberei is met 'n behoorlike vooraf-gesirkuleerde notule en leiding neem, is vergaderings minder stresvol en dalk waarde-toevoeggend.

Dankie tog  -  'n fase in my lewe wat verewig verby is !