TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61925 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morne Desember 2019 Planne. Willem Brits -1 hour ago
Conradb Caravan Movers Willem Brits -1 hour ago
Andersins ook bekend as 'n … Verkeerde Raad Grootwind -1 hour ago
Baie welkom... Desember 2019 Planne. Len Loader -2 hours ago
Eiland Spa 2019 Desember Desember 2019 Planne. Morne -3 hours ago
Sleep nou, Baie dankie vir… Caravan Movers Conradb -4 hours ago
Hi Willem Brits, 

Baie…
Caravan Movers Conradb -4 hours ago

Riviera Gasteplaas

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on Thu, 31/10/2019 - 12:19
Forums

Het enigeen van ons forumlede in die onlangse verlede by Riviera Gasteplaas naby Bloemfontein oorgebly of selfs vir 'n langer tydperk gekamp?

Ek het Anton se artikel oor Riviera gelees en ook opgelet dat Len Loader selfs 'n gratis nag daar gewen het (wat hy op 4 Mei 2018 sou benut). Ek poog om onlangse terugvoer oor Riviera op te spoor, maar kon nog nie daarin slaag nie.

Ek sluit Riviera al die afgelope 2 - 3 jaar by my beplanning in as oornagplek tydens my reise tussen die noorde en die suide, maar dit bly net by beplanning. Ek het óf die N12-opsie gevolg, óf eerder by die (vir my altans) meer bekende Aldam oorgebly. Maar o wee, laasgenoemde se ablusiegeriewe gaan waaragtig jaar na jaar net verder agteruit - van sodanige aard dat ek nou verplig voel om 'n ander opsie te gebruik. Maar tussen Gauteng en Bloemfontein blyk dit dat daar nie veel van 'n keuse is nie. Selfs my laaste ervaring by Reyneke Park was ook nie aangenaam nie toe die veevoerfabriek oorkant die pad ons bykans die hele nag wakker gehou het.

Dit wat Anton oor Riviera geskryf het, klink heel bakgat. Maar is dit inderwaarheid steeds die geval? Enige onlangse ervaring of hoorsê?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 31/10/2019 - 12:42

Dis 'n moeilike vraag om te antwoord, want 'n gegewe perd kyk 'n mens nie in die bek nie.  Dit is so dat ek 'n Kampforum-prys gewen het waarvoor ek baie dankbaar was en die gebaar waardeer het.  Ek het dus een nag daar oornag oppad Wildtuin toe.

Behalwe dat die toegangspad 'n modderpoel was (lekker hard gereën dié dag) en die geriewe skoon met warmwater, is dit baie basies wat beslis nie 'n klomp kampeerders sal kan hanteer nie.  Dis egter teenaan 'n rivier en blybaar gesog vir hengelaars.

Ongelukkig nie "my cup of tea" nie en ek verkies maar Reynecke Park.

Middag Chris Boucher

Ek het baie lanklaas gekamp by Reynecke park, en dit was goedgenoeg vir oorslaap.

Daar is ook 'n plekkie genaamd River of joy, maar self nog nie daar oorgestaan nie.

Hoekom mik jy nie vir Aventura Gariep nie. Daar is net ongeveer 229km afstand verskil tussen Bloemfontein en Gariep.Solank as jy nie oor Desember by Gariep wil oornag nie, is dit aanvaarbaar. Ek het al daar gekom dat dit so vol is, en kampeerders beset net oop staanplekke met bote, sleepwaens dat mens nie jou betaalde staanplek kan kry nie. Partymal staan die oorslaap ouens sommer net op parkeerplek by die enkele ablusieblok.

Groete  

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 31/10/2019 - 13:21

.. ek handhaaf 'n beleid van 'n maksimum van 500 km sleep op 'n dag. Nadat ons vanjaar (komende van Eiland Spa) by Klein Kariba oorgestaan het vir die eerste aand van ons terugreis, was ons tweede aand toe by Aldam. Vandaar het ons wel gery tot by Gariepdam, wat gewoonlik 'n standaard oornagplek is op ons woonwa-reise tussen die noorde en die suide. Maar vir my persoonlik (wat selfs sukkel om 500 km op 'n dag te ry) is Gariep darem té ver vir een dag se ry. Gevolglik soek ek maar 'n oornagplek tussenin. Vanaf Gariep is Karoo Nas Park die volgende stop alvorens ons die laaste skof huistoe neem. En op die reis na die noorde is dit dieselfde plekke.

Vanjaar het ons egter met die "op" met die N12 gereis. Na Karoo was Riverside (suid van Kimberley) ons volgende oornagpunt en toe Weltevrede by Parys (beide netjiese oorde). Maar ek wil nie graag weer die N12 ry nie. Weliswaar 'n lekker stil pad versus die N12. Maar net tot Kimberley. Dan raak dit minder van 'n plesier om daardie roete te ry (met 'n wa).

Dankie aan Len en Anton vir die terugvoer. Ek haal Riviera dus nou van my "to do" lysie af. Maar dit los nog nie my probleem op van 'n stop tussenin nie. Tensy ek maar weer Reyneke Park gaan trotseer.

Centurion

Voortrekker

Thu, 31/10/2019 - 13:36

Hallo Chris.    Tik foutjie - ek het dit reggemaak.

Die oorde is verkoop ...

Ek het destyds by River of Joy gaan inloer , maar het nie baie daarvan gehou nie.  

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 31/10/2019 - 13:51

Tik foutjie - ek het dit reggemaak.     Ek het destyds by River of Joy gaan inloer , maar het nie baie daarvan gehou nie.  

yes 

Middag Chris

Ek het dit gou op internet gaan beloer. Wel, dit lyk baie oulik, hoop net nie die fotos bedrieg nie.

Is daar nie Bloemfontein-forumlede wat  komende Saterdagoggend [11hoo] 'n patrollie soheentoe wil ry nie???

Groete

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 31/10/2019 - 18:12

As ek dit nie mis het nie, deel River of Joy en die voormalige Riviera dieselfde ingangspad.  Ek het ook gaan loer en was nie beïndruk nie.

Reyneke Park : ons het al dikwels hier oorgeslaap en daardie fabriek het ons (gelukkig !) nooit gepla nie.  Dit bly maar vir my die ideale oorslaap kamp.

Sleeprit per dag :  Ek hou ook van niks verder as 500km per dag nie en vir ons werk dit mooi uit :

  • N1 : Brackenfell, Karoo Nas Park, Reyneke Park Blmf., Pretoria (voorheen altyd Joos Becker maar nooit weer nie  -  ons gaan nou Smutshuis Museum Karavaanpark in Irene probeer) en dan Numbi Hotel karavaanpark by Hazyview of Safari Park by Phalborwa voor ons die Wildtuin binne gaan. Dit is min of meer 500km per seksie.
  • N12 : Brackenfell, Karoo Nas Park, Riverside Kimberley, Pretoria (voorheen altyd Joos Becker maar nooit weer nie  -  ons gaan nou Smutshuis Museum Karavaanpark in Irene probeer) en dan Numbi Hotel karavaanpark by Hazyview of Safari Park by Phalborwa voor ons die Wildtuin binne gaan. Dit is min of meer 500km per seksie.

Wat die N12 oor Kimberley betref, stem ek saam, tussen Kimberley en Johannesburg is die sleeprit nie aangenaam nie.  Ons draai gewoonlik in Klerksdorp af na Ventersdorp en dan oor Randfontein en Krugersdorp Pretoria toe.  Maar selfs laasgenoemde is ook maar 'n pyn.  Dus, ons voorkeur deesdae is die N1 oor Bloemfontein.

Hieronder staan ons by Reyneke Park in Bloemfontein. Die Regal regs is my dogter en haar gesin se karavaan en regs van ons Exclusive is die privaat ablusie wat ons gebruik het. Agter ons karavaan is 'n ry kamers vir mense wat nie karavane het nie.  Ons seun en sy gesin het daar geslaap en dit baie netjies en gerieflik gevind om te oornag.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 31/10/2019 - 19:45

Met ons laaste terug rit van Hartenbos het ons ook weer by Reyneke Park oorgeslaap en Surette se maa het ook in een van daai kamers geslaap, mooi skoon.  Het ook nog nooit probleme daar ondervind nie.