TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

63997 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
GM Januarie 2020 - Koffiekroeg Len Loader -1 hour ago
neef Herman Amateur kan Willem Brits -3 hours ago
Hallo Antie!  

Daai "Currie…
Januarie 2020 - Koffiekroeg Voortrekker -3 hours ago
Hello al die mense!   Hier… Januarie 2020 - Koffiekroeg Antie -3 hours ago
Skuldloos Watter boskaravaan koop ek? wessels -4 hours ago
Ons mense is tog so bang dat… Watter boskaravaan koop ek? Arie -5 hours ago
Kampstorie No.21 - Willie van Romburgh Stories van fb ... Willem Brits -5 hours ago

Kampforum by TO Strand

Centurion
Submitted by Voortrekker on Thu, 31/10/2019 - 18:24
Forums

TO

Ons is lekker opgewonde!    Staanplek A14 is bespreek vir die Voortrekkers vannaf 3 to 12 Januarie 2020.    Dit gaan lekker wees om ook saam met die ander kampforum lede te kamp en kuier by TO Strand! smileyyes


T

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 31/10/2019 - 19:52

Ons is self baie opgewonde, ek oorweeg nog om by Harrysmit oor te slaap, maar dit gaan bietjie duur uit werk.

My dogter het voor gestel, ons ry die 3de, drie uur, en stop elke uur en 'n half vir so twintig minute om my rus tyd te gee, ek moet sê, dit klink goed.

Sien uit daarna om nog forum lede daar te sien, hoe lyk dit Willem, gulde geleentheid om jy suster te gaan groet! 

Wat van nog KZN lede, (en ander wat bietjie see toe wil gaan) dit is regtig 'n baie goeie prys vir peak tyd👍

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 31/10/2019 - 20:05

Is daar 3 Kampforum lede, wonder of daar nie nog is nie ?

Ek het mos gesê julle kan dit 'n saamtrek doop.  (Sê dan doen ek die plaatjie)

Centurion

Voortrekker

Thu, 31/10/2019 - 20:59

Johann ons besluit ook nog of ons die 3rde vroeg in die pad gaan val en of ons moet oorslaap die  aand van die 2de.   Dalk ry ons nog saam-saam.smiley

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 01/11/2019 - 07:06

Nog nie regtig gekyk nie, maar die wat ek wel na gekyk het, lyk na R200+ per persoon, te rof vir my my idee van 500Km maks per dag,  en dit het om nie 200Km te oorskry nie.😀 

Centurion

Voortrekker

Thu, 12/12/2019 - 09:45

Ons begin nou al opgewonde raak.  Ek sien in die week TO Strand adverteer daar is min staanplekke nog beskikbaar, so ons gaan 'n lekker vol kamp hé smiley

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 12/12/2019 - 10:20

Ek dink die ander klomp Goosens en Smitties raak ook opgewonder.

Middag vriende

As ek so na die fotos hierbo kyk, vang ek sommer iets finansieel roekeloos aan.

Daar is egter paar dinge wat my verhoed;

1] die genoemde spoedbeperking

2] tipe medekampers wat daar gaan weeslaugh

Groete

Nee manne, nee!

TO Strand is net anderkant Van Reenen, net as die Hilux kamertemperateur bereik moet n ou al weer afslack om by die TO in te draai.

Keep it real boys.

Ons ry die 2 de tot by Queensburgh karavaan park behoort so 15:00 die middag daar te wees as ons so 08:00 uit Brits ry.

As ek terug kom die 13 de slaap Ek weer by Atkv Drankensville oor. Daar gaan Ek maar somer 4 bed woonstel vat want die prys is maar R40.00 verskil tussen staan plek en woonstel.

Ons Goosen’s en Smitte staan op B30-31 en Sien uit om julle daar te ontmoet.

Veilig sleep dit gaan baie lekker wees