TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61925 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morne Desember 2019 Planne. Willem Brits -2 hours ago
Conradb Caravan Movers Willem Brits -2 hours ago
Andersins ook bekend as 'n … Verkeerde Raad Grootwind -2 hours ago
Baie welkom... Desember 2019 Planne. Len Loader -3 hours ago
Eiland Spa 2019 Desember Desember 2019 Planne. Morne -4 hours ago
Sleep nou, Baie dankie vir… Caravan Movers Conradb -5 hours ago
Hi Willem Brits, 

Baie…
Caravan Movers Conradb -5 hours ago

Wat sou jy gedoen het?

Worcester
Submitted by Wildehont on Mon, 04/11/2019 - 21:12
Forums

Ons besprekings vir die wildtuin is gemaak vir Julie 2020. 3 aande Punda Maria, 3 aande Shingwedzi en 3 aande Tsendze. Uit die aard van die saak ry ons op met die Everest en die Kavango. Soos gebruiklik bring ons 2 aande deur by my suster in Pretoria voor die wildtuin, 'n aand oppad terug in Warmbad se omgewing by vriende, en 2 aande by die skoonmense in Potchefstroom.

Oppad op is daar ook 'n aand in Colesberg omgewing en oppad af 'n aand in Prieska by my vrou se tannie-hulle. Die 2 dae op en die 2 dae af is dus maar lang dae, maar ons moet dit so doen aangesien ons tyd beperk is. Of so het ek gedink...

Ek vind verlede week uit dat ek 6 dae meer verlof het as wat ek gedink het. Uit die aard van die saak werk my brein nou oortyd aan hoe ek die kampeervakansie kan verleng. Ek weet daar is van julle wat my sal aanbeveel om die reis op en die een terug te verleng na 3 dae in 'n rigting maar ek wil eerder meer tyd in die wildtuin deurbring.

Sou ek dus 2 of 3 dae ekstra kon inwerk in die wildtuin, voeg ek 'n dag by elke kamp of gebruik ek dit vir 'n 4de kamp? Ek weet die afgetrede mense met die baie tyd staan lekker lank op 'n plek, ons het nog lank nie daardie luuksheid nie. Ek is geneig om te dink die eerste opsie is die beste, want dan is dit een keer minder af- en opslaan (een keer ekstra is nie vir my so erg nie maar mamma sal dit minder geniet). Dan het ons ook 3 vol dae by elke kamp want die eerste en laaste dag is mos maar kamp opslaan en afslaan en ry tussen kampe. Wat dink julle?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 04/11/2019 - 21:44

Naand Chris, moeilike besluit, persoonlik sou ek sou enige tyd kyk vir ekstra dae binne oom Paul se tuin, altyd die tyd werd. Aan gesien jou tyd reeds beperk is, maak dit die lekker meer werd.

Met 'n gewone padwa, sou ek sê stop in Karoo Nat Park en breek die rit meer op, maar, soos jy noem, dit is meer werk vir net oornag.

Worcester

Wildehont

Tue, 05/11/2019 - 08:10

Johann, ek oorweeg dit om oppad terug tussen Prieska en Worcester in Karoo NP oor te slaap as daar genoeg tyd is. Ek wil vir seker langer in die wildtuin wees. Ek wonder net of ek ‘n aand by elke kamp probeer byvoeg of 2 of 3 aande by ‘n 4de kamp byvoeg. 

Môre Chris

Dis mos maklik om te besluit;

1] as jy seker is van die ekstra dae, besluit of jy dit in wildtuin wil spandeer of hou om deur die jaar paar kort kampe in te werk. Sulke kort breke deur die jaar is ook lekker.

2] Indien jy dit in wildtuin wil aanwend, sal ek eers probeer om een van die reeds bespreekte plekke ooreenkomstig te verleng, inplaasvan om 'n ekstra kamp by te voeg, wat my laaste opsie sou wees. 

Groete

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 05/11/2019 - 09:08

Chris, ek deel ander-Chris se opinie  -  las 'n dag aan by elke bespreekte kamp.  Dit gaan lol, want dis nou 3 besprekings veranderinge en al drie jou kampe se datums word geraak.  Gee die besprekingskantoor 'n opsie van 'n 4de kamp en dan het jy darem plek. Daarna kan jy steeds probeer om 'n dag by elk van die eerste drie kampe te voeg.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 05/11/2019 - 11:26

Ek is nie 'n ou vir so staan en ry nie.  As dit ek was sou ek die laaste een verleng of soos Wessel sê "hou om deur die jaar paar kort kampe in te werk".

 

Worcester

Wildehont

Tue, 05/11/2019 - 14:29

Ek het eers gekyk vir beskibaarheid (wat daar is volgens die webwerf) en toe vir Besprekings ge-e-pos om te vra of ek ‘n aand by Punda en Shingwedzi elk kan voeg (dus 4 aande Punda, 4 aande Shingwedzi en 3 aande Tsendze). Ek wag wag nou om van hulle te hoor. 
Die korter kampe deur die jaar sal ek inwerk oor die April, Mei, Junie, Aug en Sept langnaweke (met ‘n ekstra dag verlof Paasnaweek en in Jun en Sept). Januarie tot Maart sal ons nader aan die huis kampeer met halfdae verlof op Vrydae. Dan bly daar genoeg verlof oor vir ‘n Kgalagadi besoek in Desember as ons plek kan kry...

Middag Chris

Dit wil voorkom of jy nie jou familie liefhet nie. Oorweeg jy dit rerig om in Desember Kalahari toe te gaan.

Jy gaan heel moontlik plek kry, bloot omdat niemand daardie hitte wil/kan trotseer nie. Vra bietjie op forum wat dink die lede van jou idee.

Ek gaan volgende jaar Meimaand, hopenlik is die temperature dan leefbaar. Sien jou daarsmiley

Worcester

Wildehont

Tue, 05/11/2019 - 16:03

Wessel, ek was albei kere wat ek in Kgalagadi was in Desember daar. Dit is warm in die middel van die dag maar onthou ons bly in Worcester, wat moontlik nog warmer is. Ons het veral vroegoggende mooi goed gesien op wildritte, maar ook in die namiddag. 
Die middel van die jaar is ons Kruger tyd so Desember is al wat oorbly vir Kgalagadi. Die komende Desember was al lankal vol bespreek. Onthou; mense in bv die boubedryf het nét in Desember vakansie. Ek weet want ek het self vir 5 jaar daarin gewerk. 
In die winter raak die Kalahari weer bitter koud. Jou bier vries as jy dit oornag buite los koud. Ek glo (en hoop om jou onthalwe) dat Meimaand nog nie só koud is nie. 

Secunda

Sleep nou

Wed, 06/11/2019 - 07:09

Ek sal daai ses dae hou en inwerk by n kamp later waar jy 6 dae lekke rus met min op en af slaan kamp bly koning

Waar my wa staan

Arie

Thu, 07/11/2019 - 07:52

Die mense wat dit praat koop ook net Bauer produkte vir hul kombuise, dan is hulle altyd baue bly met hul Bauer produkte?

Anders is dit moontlik die foon, die sleutelbord is so kleindat mens "baue" maklik die " u" in plaas van die "i" druk?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 07/11/2019 - 12:18

Chris, hoe loop jou bespreking nou na die wysigings ?

Daai is n baie lekker bespreking wat jy gemaak het.

Kry net iets om die klein kindertjies besig te hou.