TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

64085 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Baie welkom aan die nuwe… Welkom Johann L -4 minutes ago
Augrabies My spaarwiel is daar gesteel. Johann Fouche -11 minutes ago
Welkom Barry!  Welkom Voortrekker -18 minutes ago
Frik, ken net van oom… Shocks! Johann L -36 minutes ago
Dankie Anton, die… Wes kaap saamtrek. Johann L -50 minutes ago
Daar is seker nog een ryding… Diesel vs petrol neef Herman -1 hour ago
Johann sodra daar vasgemaak… Wes kaap saamtrek. Voortrekker -1 hour ago

Montagu Vakansieoord, Weskaap

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Fri, 08/11/2019 - 21:33
Forums

Net om Kampforum weer 'n bietjie in lyn te bring met kampsake, ons is besig om voor te berei vir 'n gemaakte langnaweek wat eerskomende Donderdag begin en weer die Maandag eindig.  Ons is vier pare vriende wat gaan kamp, ons met ons 14 jaar oue Exclusive en die ander drie pare met hulle Bush Lapas, 'n Rooimier, 'n Boskriek en 'n Baobab 3 (onderskeidelik 3 jaar, 3 jaar en 1 jaar oud).  Die oukêrel word gesleep met 'n 6 jaar oue Pathfinder, die Rooimier met 'n nuwe HiLux d/k, die Boskriek met 'n nuwe Pajero SWB en die Baobab met 'n LandCruiser 200.

Ons spring Donderdag weg uit Brackenfell, die Rooimier en Boskriek uit die Strand en die Baobab uit Somerset-Wes en ontmoet in Robertson by Die Dros vir ontbyt.  Omdat die oord streng is met hulle reëls, mag ons moontlik eers om 13:00 toegelaat word, maar ons sal maar intussen by 'n paar wynkelders die nodige tyd verwyl en aankope doen.

Montagu is warm wêreld en ons Exclusive se lugversorger (reeds deeglik getoets, Willem) behoort goed te pas te kom.  Ons dubbelbed is ongelukkig nie groot genoeg om ons Bush Lapa-boswa vriende te akkommodeer nie en hulle sal maar die hitte moet trotseer.  Ons sal maar die staanplekke met koeltebome aan hulle afstaan.

Vir dié wat wonder hoe die etery gaan werk, is daar soos volg besluit : ons is 4 pare vriende en ons kamp vir 4 nagte.  Elke paar kry een dag om vir al die etery van daardie dag te sorg en daar is darem vooraf ooreengekom wat die spyskaart van elke dag sal wees  -  dit beteken dat ons nie elke dag dieselfde geregte hoef te eet nie. Die voorwaarde is egter ons braai elke dag !  Dit het ook die verdere voordeel dat elke paar net vir een uit die vier dae vir kos verantwoordelik is.  Elke gesin sorg ook vir hulle eie voggies, maar niks verhoed jou om vir jou vriende 'n drankie aan te bied nie.

Al is die hele spulletjie van ons al oor die 70, is ons darem nog nie gevrek nie en ons sal nog die supertube ook aanpak.

Ek hoop nie ek ontstel julle klompie wat nog skool- of werkverbonde is nie, maar julle sal nou maar verlief daarvoor moet neem dat ons ons gaan geniet.  As jy dalk belangstel om te weet hoe lyk die oord by Montagu, hier is hulle webadres :

https://www.montagucarav…

 

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 09/11/2019 - 06:08

Môre Len, dit klink na 'n baie lekker geselige tyd, so saam met vriende, en dit in die skulderagtige Montagu.

Julle moet dit geniet en ons jaloers maak met genoeg fotos. 

Ons het April met ons kamp net buite Montagu, daar gaan inloer, baie vriendelike personeel en 'n pragtige oord. 

Julle moet nou het nie die jong mense (ander kampeerders daar) jaloers maak met jul supertube kaskenades nie.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 09/11/2019 - 06:20

Me thinks oom Len beplan heeltemal te veel, kyk daar sal geen laatlammetjie daar wees nie. Tot die ete word beplan.

Dan ook die volgende:

As mens so begin met kyk hoe oud is my kar en my wa, hierdie en daai beteken dit die jeek is erg, daar is nuwes in die visier. Wonder of oom Len by Nissan gaan bly of n Ford Everest gaan koop. Gaan oom Len se nuwe wa steeds n Jurgens wees? Wonder maar net.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/11/2019 - 07:07

GWW (werk nou maar self uit waarvoor dit staan, beslis nie 'n GWM voertuig nie), jou profiel-prentjie lyk soos die Skim wat ek as kind in "comics" gelees het.  Bestaan die destydse Skim ooit nog ?

GWW, wat jou vraag hierbo betref : geen kans op 'n laatlammetjie nie want dan kan ons nie so lekker enige tyd van die jaar gaan kamp nie  -  vra maar vir Willem-Ford, hy moet maar wag vir skoolvakansies, langnaweke en gewone kort-naweke. Wat die vervanging van ou goed betref, daar is geen sprake dat die Pathie, die Exclusive of my vrou vervang gaan word nie  -  ek dokter maar eerder al hulle skete as wat ek van nuuts af wil begin.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/11/2019 - 07:16

Ek wou nog gevra het, wat is die heel eerste takie wat jy verrig met die inpakkery ter voorbereiding van jou kamp-wegbreek wat om die draai is ?  In my geval het ek gister begin en 24 botteltjies Black Label onder die dubbelbed ingepak.

Ek het reeds my lysie van "items om te onthou" gedruk en ook begin met die afmerk van dit wat reeds in die wa ingepak is.  Vandag moet die Exclusive gewas word.

Worcester

Wildehont

Sat, 09/11/2019 - 08:59

Lekker Oom Len! Ons sien saam uit na die langnaweek en die resensie na die tyd. Onthou om die toeter te druk by die verkeerslig net voor die brandweer in Worcester, my huis is net so paar honderd meter regs van daar. 
Terloops, die Dros in Robertson is ‘n hele paar jaar gelede gesloop en Four Cousins het hulle restaurant daar gebou. Oulike plek, maak maar net seker of hulle ontbyt bedien. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/11/2019 - 10:24

Snaaks Chris, Dros se webblad sê hulle is nog in Robertson.  Ek sal egter seker maak.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 09/11/2019 - 10:49

Dit is maar regso, spot maar.

Desember as ek daar langs die swembad lê sal ek aan jou dink (en dit gaan vir 'n hele maand so wees, nie net 4 nagte nie).  Maar tot dan het ek 'n hele klomp goed om klaar te kry, volgende week behoort ek die Ford mooi blink terug te kry, dan Maandag oor 'n week Villiers toe vir die movers, Dinsdag vir die lugversorger en Donderdag gaan ek hom na die Jurgens fabriek toe vat want Tian het geê hy sal vir my die koppeling wat klap as ek weg trek reg kry.  Dan is dit tyd om die klomp goed wat uit gehaal is terug te pak en reg te kry vir die Desember lang kamp.

Worcester

Wildehont

Sat, 09/11/2019 - 13:10

Die Dros soos mens in die dorp inkom van Worcester se kant af net oor die riviertjie op linkerhand is vir seker gesloop. Four Cousins het ‘n groot kompleks daar gebou. Dis ‘n baie netjiese plek en mens kan lekker buite sit in die somer. Google net Four Cousins restaurant. Hulle bedien wel ontbyt van 08:30 af volgens hulle webwerf. 
Ek dink Dros se tyd is verby. Worcester s’n het ook toegemaak en daar is ‘n Hussar’s Grill gebou. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/11/2019 - 13:47

Baie dankie Chris  -  Four Cousins gaan dus ons bymekaar-kom wees.  Klaar vir ons pêlle laat weet.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/11/2019 - 20:52

Hi Willem !  Baie dankie dat jy in Desember 'n hele maand lank aan my gaan dink.

(Ek hoop nie lesers van hierdie draad kry nou snaakse gedagtes nie !)

Maak geen fout nie, ek weet daardie Wijan-bulletjie van jou gee aan julle baie plesier.  Ek het net so 'n effense ervaring daarvan met my amper-gelyknamige Wian-kleinseun  -  die twee mannetjies is mos ewe oud.

Môre Len

So tussen kerkmense, daar word gans te veel detail rakende die dubbelbed gegee. Tot waar die 24 botteltjies geberg word.

Moet nounet nie oorboord gaan en die lugreeling ook wil deel op 'n per dag grondslag nie. winkEk ken baie mense daar rond, is mos 'n boorling van Bonnievale, stories het die geneigdheid om my ore te bereik.

Geniet dit

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 11/11/2019 - 09:36

Dinge vorder dié kant.  Die Exclusive is gewas en sy wiele mooi blink gepolitoer. Bande ook reeds tot 300Kpa gepomp.  Die watertenk en pype is mooi skoon gespoel en gereed om in Montagu gevul te word.  Tot die Porta is ge-"charge" vir aksie !

Die Pathie is ook silwerskoon, vol diesel en reeds deels gepak.  Die rally-tent en grondnette is reeds op hul plek, gasbrander en bottel ook reeds in asook my gereedskaptrommeltjies en sekelbos-braaihout.

Al wat nou kort is Donderdag moet nou aanbreek.

Middag Len

Ek is skoon moeg as ek jou afghandelde takelys lees.

My voorstel: aangesien jy tyd moet verwyl op Robertson, waarom maak jy nie die tenk vol daar by KWV nie.

Groete

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 13/11/2019 - 05:30

Verskoon tog my teenwoordigheid tot volgende Dinsdag want ek het 'n dringende saak wat my aandag verg.

Wessel, ek is gelukkig om 'n vriend te hê met 'n KWV kwota en my "tenk" KWV (via die Paarl se hoofkantoor) is reeds ingepak met 'n verskeidenheid KWV, jy weet unleaded, LRP en diesel.  Daar is darem ook so 'n biertjie of twee vir die braaivleisvuur.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 13/11/2019 - 07:47

Dit klink lekker vir die nat weer kamp, geniet dit voluit.  3 Weke dan is dit my tyd 😊

Môre Len

Onthou jy nog die Bolandse rympie van KWV;

Kom Wyn Vra

Kry Wyn Verniet

Kom Weer Vra

Kry Wraggies Vo...el

Soos die gesegde sê: aan mens se goeie vriende sal jy geken word

Lekker kamp

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 19/11/2019 - 11:29

Ek het met die gaan en die terugkom by Worcester se brandweer my toeter aanmekaar geblaas maar net 'n middelvinger van die kar voor my gekry  -  g'n spoor van of 'n been-lig van Wildehont nie !