TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

62805 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voorbereidings getref sover:… Yzerfontein hier kom ons! Wildehont -3 hours ago
Hont! F@# Eskom Voortrekker -6 hours ago
Vat die pad... Len se Vintage Kamp foto… Voortrekker -6 hours ago
Kom nou Wessel, doen dit!  Kampforum by TO Strand Voortrekker -8 hours ago
Warren, you said it BRO😂😂

Twak praat Johann L -8 hours ago
Warren wat bedoel jy met "Ek… Twak praat Arie -10 hours ago
Glo nie..... Twak praat TWTFAWC -11 hours ago

Selfoon oorsee?

Submitted by Frikadel on Thu, 21/11/2019 - 09:33
Forums

Yes Maters,

Hoe maak julle met n selfoon oorsee.

Ek is op Telkom Mobile en gaan Desember Ingeland toe om vir  majesteit Liesbet te gaan kuier.

Ek wil nie bel of so iets nie, ek wil net my data kan gebruik vir Google Maps en Google.

Mens kan mos in elkgeval op Messenger bel verniet, gebruik net data.

Neem in ag dat die hele London omtrent gewi-fi is.

Raad sal waardeer word.

Waar my wa staan

Arie

Thu, 21/11/2019 - 10:52

Ek koop maar gewoonlik ń "loal" SIM kaart as ek in die buiteland is met ń bepaalde hoeveelheid data op. Nog altyd goed gewerk vir my?

As julle tyd het moet jy ń kanaal huisboot huur vir so paar dae. Vaar op die Thames, stop by platelandse pubs vir etes en slaap oor enige plek waar jy kam vasmeer.

Vir my ń absolute belewenis.

Centurion

Voortrekker

Thu, 21/11/2019 - 11:45

Frik die bel is nog OK, maar die data kan 'n probleem wees en baie duur raak.   As ek roam skakel ek maar gewoonlik data af en hou net sms en oproepe aan.    

Wat ek wel al in die verlede gedoen het wanneer ek kaarte en navigasie nodig het oorsee, is om 'n app af te laai wat my toelaat om kaarte vooraf af te laai d.m.v wifi en hulle dan op die foon te stoor.  Dan gebruik die foon slegs die GPS en aanboord kaart om jou te help.   Jy moet maar gaan soek vir 'n app wat die beste vir jou gaan werk.  Kan dan waar julle bly die wifi elke aand gebruik om kaarte af te laai vir volgende dag se gebruik?    

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 21/11/2019 - 12:24

Frik, meeste dele van die VK is wifi beskikbaar, (groot dele is "open network")  maar vir kaarte sou ook liewer 'n app gebruik.

Jy sal "Roaming" voor die tyd moet aktiveer by jou diens verskaffer, anders gaan jy geen net werk opvangs hê nie.

Wat jy ook al doen skakel jou data af VOOR jy SA verlaat, en reel met jou diensverskaffer vir Roaming. Onthou ook dat as iemand jou uit SA bel JY die ou is wat die buitelandse oproep koste gaan dra, nie die ou hier wat bel nie. Ook as jy iemand daar bel wat ook uit SA is betaal BEIDE van julle die buitelandse oproep tarief (die oproep word eers SA toe ge-route en dan weer terug na Antie Liesbet se land toe). Ek sou ook as ek jy is kyk wie jou diensverskaffer se partners vir roaming daai kant is (bv Vodafone, O2 ens.) en dan kyk wie se tarief die goedkoopste is....As jy al die wil uitskakel kry 'n prepaid sim kaart daai kant en laat weet die lot by die huis wat jou nuwe nommer is terwyl jy tee drink by HM Liesbet (onthou as die vlag op haar pondokkie wapper is sy tuis!). Ons het 3 jaar daar gewoon, en dis vrek duur. Goeie waarde vir geld as jy honger is is pub lunches (maar alles het mushy ertjies by!, maar dit is heel lekker saam met 'n warm en flat "pint" bier). Geniet! En ek hoop jy vlieg nie SAA nie, dan sal jy dalk moet loop!