TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

62805 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voorbereidings getref sover:… Yzerfontein hier kom ons! Wildehont -3 hours ago
Hont! F@# Eskom Voortrekker -6 hours ago
Vat die pad... Len se Vintage Kamp foto… Voortrekker -6 hours ago
Kom nou Wessel, doen dit!  Kampforum by TO Strand Voortrekker -8 hours ago
Warren, you said it BRO😂😂

Twak praat Johann L -8 hours ago
Warren wat bedoel jy met "Ek… Twak praat Arie -10 hours ago
Glo nie..... Twak praat TWTFAWC -11 hours ago

Bedryf van koelkaste

Brits
Submitted by wessels on Tue, 26/11/2019 - 16:11
Forums
Middag vriende Wat is julle idee van die mees korrekte bedryf van byvoorbeeld 'n National Luna koel/yskas. Myne kan werk met 220 of 12 volt krag toevoer. Die naweek hoor ek dat, om sy lewe te verleng, mens dit liewers altyd in 12 volt moet bedryf, selfs al is daar 220v beskikbaar. Sodoende word die ingeboude omsetter na 12v gespaar. Blykbaar het dit nogal 'n beperkte lewensduur. Het enige van julle al probleme van so 'n aard ondervind?? Groete
Centurion

Voortrekker

Tue, 26/11/2019 - 20:40

My Snomaster loop ook 24/7 op 220V by die huis en by kamp.   Hy kry net 12V in die voertuig wanneer ons kampeerplek toe ry.   Komende Maart sal dit 6 jaar wees.

Worcester

Wildehont

Tue, 26/11/2019 - 21:50

mens dit liewers altyd in 12 volt moet bedryf

Tensy ek myne uit die Kavango haal of die bedrading in die Kavango verander werk dit van 12V ongeag of die Kavango 220V kry of nie. Is daar dalk ‘n rede waarom die Kavango so bedraad is of is dit bloot om deurlopende kragtoevoer te verseker? Ek vermoed dis laasgenoemde en is dankbaar daarvoor.
 

So vra ons buurvrou op die staanplek langs ons vanoggend of ons elektrisiteit het, want hulle het nie. Aangesien alles in die Kavango gewerk het voor sy kom vra het moes ek op die beheerpaneel kyk om vas te stel dat die wa van 12V af loop en die krag dus af is. 

Centurion

Dusty

Wed, 27/11/2019 - 05:14

Ek gebruik my 40L waeco vrieskas al vir 10 jaar lank sonder enige probleme. Die temperatuur verstelling is baie maklik. Dit het al 'n wolkbreek wat deur die tent gevloei het oorleef met geen probleme nie. Gebruik dit deesdae vie yskas wanneer ek kamp en wanneer ek 'n braai by die huis het ook om allaes koud te hou. Van 25° tot 0° is die tydsduur 'n half uur

Waar my wa staan

Arie

Wed, 27/11/2019 - 06:10

Myne het vir 8 jaar omtrent permanent op 220 v gewerk, behalwe as ons ry en dit is in die trok.

Na 8 jaar het die ingeboude transformer opgepak. Ek het vir ń paar R ń los transformer gekoop en die vrieskas werk nog steeds daarop.

Môre almal

Dankie, nou voel ek beter oor die gespanne sakie.

Chris: My NL word bedien met 12 en 220 volt. Sou die krag wegval, gaan dit net voort op 12v. Wys jou net hoe dinge verander. Dalk was daar nie in die verlede NL wat op 220 kon werk nie, en daarom is wa anders as myne bedraad. Dalk is die 220v bedrading in my wa  ook deur vorige eienaar aangebring. 'n Kavango is mos 'n sagte boswa, waar daar per definisie nie elektrisiteit behoort te wees nie, en daarom is dit primer bedraad vir slegs 12v.

Ten minste alles werk by jou!!!

Groete