TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

62805 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voorbereidings getref sover:… Yzerfontein hier kom ons! Wildehont -3 hours ago
Hont! F@# Eskom Voortrekker -6 hours ago
Vat die pad... Len se Vintage Kamp foto… Voortrekker -6 hours ago
Kom nou Wessel, doen dit!  Kampforum by TO Strand Voortrekker -9 hours ago
Warren, you said it BRO😂😂

Twak praat Johann L -9 hours ago
Warren wat bedoel jy met "Ek… Twak praat Arie -11 hours ago
Glo nie..... Twak praat TWTFAWC -12 hours ago

Billikheid met regulasies

Brits
Submitted by wessels on Fri, 29/11/2019 - 10:55
Forums
Middag vriende Na aan leiding van 'n gesprekspunt "regverdigheid", onder 'n ander draad, begin ek op aandrang van Len, die draad. Wat beskou ons as billik met die toepassing van regulasies en riglyne. Dink byvoorbeeld aan die reels van 'n vakansie oord. Hoe rigied/afdwingbaar beskou ons dit.? Val ons in daarby in, of net as dit ons pas? Nou wil ek die uiteenlopende kommentare sien. Groete
Worcester

Wildehont

Fri, 29/11/2019 - 12:51

As ek in ‘n polisistaat wou woon sou ek Australië, Duitsland of Amerika toe geëmigreer het toe ek nog kon. Having said that; my probleem met SA is dat ons vreeslik lief is vir reëls maak en dan glo dit gaan die probleem oplos sonder om die reëls te polisiëer. Gevolglik word geen gevolge toegepas indien reëls verbreek word nie en is dit net diegene wat in die eerste plek billik sou optree wat die reëls gehoorsaam. 
Wat ‘n oord of reservaat betref, en waar reëls gemik is daarop om te keer dat jy medebesoekers/eienaars/bewoners steur of skade aandoen glo ek dit behoort streng toegepas te word, solank almal deeglik bewus is van die reëls. Sou die reëls jou nie aanstaan nie het jy ‘n keuse om nie die oord/reservaat te besoek nie. 

Waar my wa staan

Arie

Fri, 29/11/2019 - 13:10

Ek het nog nooit n oord se reels gelees nie, ook nog nooit probleme gehad nie.

Ek glo maar as mens jou goed gedra voldoen jy seker aan al hul reels?? Goed gedra sluit natuurlik onder andere in; neem jou mede kampeerder in ag, moenie inbreuk maak op sy stukkie privaatheid, maw moenie deur sy kamp stap nie! Los die badkamer skoon as jy klaar is, moenie water, elektriesieteit mors nie. Moenie die werkers\skoonmakers opdragte gee of gunsies vra nie, ens, ens.

Besoekets, ek vra altud bestuur vooraf sou mense wil kom kuier, party oorde vra ń fooi per kop, ander is tevrede met jou kuier mense.

Die besoeker storie is maar ń kopseer, jy betaal vir ń staanolek met ń beperkte hoeveelheid koppe per staanplek. Die oord se badkamers\ toilette is gebaseer op 100% besetting. Gestel die oord is vol, en 5 kampeerders se familie kom kuier, sê maar 4 mense per familie, dan is daar 20 ekstra persone in ń reeds vol kamp.

Ek sien ook gereeld dat daar sommer so4 families by een staanplek kom kuier, seker ń verjaarsdag of iets, skielik is daar sommer 16of meer mense op jou buur staanplek, en 4 of meer voeruie wat sommer hier voor jou stoep parkeer word!

Dan gebeur dit ook dat seun en dogter met hul twee kleuters vir die dag kom kuier, volgende dag sie, jy hulle het hul kinders hier "vergeet". Gewoonlik is daai mense dan baie kwaad as hulle ekstra moet betaal vir daai twee koppe.

So ja vir die oord is dit maar baie moeilik.

Stem oom Arie, ek is ook maar so.  Stap die straight and narrow.  Gladnie 'n moelikheid maker nie en word orals met ope arms ontvang....wel, amper oralswinklaugh

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 29/11/2019 - 13:41

Ek dink nie daar is 'n maklike middeweg nie, my stellings / aannames hier onder, is net aannames, en is nie noodwendig my opinie nie, maar in die algemeen wel.

Oord reels is juis daar om die kampeerders se rustigheid te bevorder, (juis op ons aandrang) dag besoekers word onder baie as 'n euwel beskou (vertrap, verniel, raas ens ens). 

Oorde wat dag besoekers toelaat, hulle het tog daai ekstra inkomste nodig, moet mos hul reels, net soos ander reels streng afdwing,  nou waar trek jy die streep,  mense wat inkom vir die dag, en dit geniet, regte tyd uit gaan, en ander weer wat dalk so besope raak, dat hul uit gehelp moet word, en ander wat sommer oornag.

In 'n genoemde geval, waar 'n kampeerder gaste wou onthaal, en ek weet uit wat ek lees, dat dit ordentlike mense is, is die gaste geweier, en so sal jy te na gekom voel.

Kom ons draai dit om, sou die gaste wel toe gelaat word,  wat sou die ander kampeerders se reaksie wees,  waarom een kampeerder toelaat , maar nie almal nie.

My siening is as volg, jy kan die mees volmaakte reels / wette / regulasies denkbaar hê, dit bly so goed of swak, as wat dit toe gepas word.

 

Waar my wa staan

Arie

Fri, 29/11/2019 - 14:47

You can't please all of the people all of the time.

Ons moet maar net onthou dat ons almal gasye by ń oord is, alhoewel ons betaal.

Ek glo dat ń gas maar die gasheer se reels moet gehoorsaam . Dot staan ons natuurlik vry om na enige amder oord te gaan sou doe betrokke oord jou nie aanstaan.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 29/11/2019 - 15:26

Ek glo die meerderheid van ons kampeer soos in Arie se tweede en derde paragraaf heelbo en daarom glo ons dat 'n oord geregtig is om reëls neer te lê en dit af te dwing want dit pla ons nie eintlik nie. Wanner dit NIE afgedwing word NIE, dis wanneer probleme ontstaan.  Wanneer dit wel afgedwing word (soos byvoorbeeld by Montagu Karavaanpark), dan gaan jy 'n klompie ander Suid-Afrikaners se ongelukkigheid veroorsaak omdat in ons land word reëls graag geïgnoreer en hoekom dan nie as jy kamp nie ?

Ek stem dus saam, gaan kamp by plekke waar jou vorm van "geregtigheid" wel geld en vermy die res.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 29/11/2019 - 17:43

My standpunt is - as 'n plek of persoon jou nie aanstaan nie, hou verby. Soos wat ek in Len se terugvoerings-draad oor Montagu Woonwapark genoem het, was ek by twee geleenthede daar (weliswaar nogal lank gelede) en het beide kere geniet.

As jy kyk na die "ratings" van hierdie park op CPC se webblad, dan blyk dat dat dit al 57 keer ge-"rate" is en en 5 persone gee dit 'n "thumbs down". En dit blyk dat deur die bank almal is in hulle noppies oor die netheid en algemene voorkoms van die park. Diegene wat klagtes het, het dit oor die onvriendelike personeel. Ek haal enkele kommentare aan:

The negatives to the park are the unsmiling and somewhat arrogant welcome we received on arriving.

This a very nice and well kept park but we will never go there again. The lady (owner) was plain rude to us (we were before warned by other campers) but did not expect this attitude

As for Management (excluding NIco the groundsman and the cleaning staff), don't expect a smile or greeting - I have never come accross such unfriendly people in the hospitality industry. Don't get me wrong, the campsite is very clean and all amenities are there, but the long list of Dont's and the unfriendly management, will ensure I don't return.

Ek herhaal, persoonlik het ek die park geniet en het nie self negatiewe ervaring met die personeel gehad nie. My suster-hulle het egter ook die personeel alles behalwe "verbruikers-vriendelik" ervaar. Maar die oorgrote meerderheid van mense op CPC se "ratings" swaai die personeel se vriendelikheid lof toe. Dan wonder mens maar.

Maar nou ja, hierdie draad gaan nie oor Montagu Woonwapark spesifiek nie. Ek hou ook daarvan dat reëls toegepas word - enige vakansie-oord. En ek reken ek bepaal my nogals by sodanige reëls. Ek het ook 'n broertjie dood aan dagbesoekers. Dit is een van die eerste aspekte wat my sal laat verbyhou as ek bewus is dat dagbesoekers toegelaat word. Jare gelede het dagbesoekers o.a. die kampeerfasiliteite in Karoo Nasionale Park gebruik. Daar was op daardie stadium nie dagbesoekers-fasiliteite nie. Vandag is daar Bulkraal en Doornhoek. Maar by geleentheid is daar nog steeds skuldiges wat die kampeer-area vir hul dagbesoek-piekniek of -braai gebruik. Dan bedoel ek dat hulle nie kom kuier by kampeerders nie, maar beset (soms uitstekende) kampeerplekke. En dit piepie my af.

Maar in die algemeen het ek nie 'n probleem as vriende van kampeerders vir 'n braai of selfs net 'n koppie koffie by hulle kom kuier nie. Soos Arie egter hierbo noem, is daar natuurlik altyd die kans dat daar sulke besoekers sal wees wat die hoender se agterkant uitruk. Vandaar dat sommige oorde seker sodanige reël t.o.v. dagbesoekers rigied toepas. Aan die een kant het ek begrip daarvoor, maar aan die ander kant reken ek dat so-iets ook op minder rigiede wyses beheer kan word.

Maar soos reeds gesê - as die oord, hetsy a.g.v. sy fasiliteite, reëls, of wat ookal, jou nie aanstaan nie - hou verby. My suster-hulle het besluit hulle sal by Montagu Woonwapark verbyhou. Andere "like" dit en besoek die plek gereeld. Ek sal ook graag weer 'n slag daar wil gaan kuier.

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 29/11/2019 - 18:22

Stem saam dat daar reels moet wees, dit is absoluut nodig anders gaan allerhande vergrype en wangedrag deurentheid gebeur. Seker dieselfde rede dat daar sulke dik wetboeke is om ons klomp in toom te hou. Jy sal dit, en jy sal dat omrede dit goed is vir jou. In my dae was jy tronk toe gestuur as jy nie geglo he die land se politiek nie. Nou dwaal neef bietjie af, maar die punt is maar net, dat alhoewel ons vryheid van beweging, menseregte, stemreg, geloof, sal jy maar onderdanig bly aan iemand se reels. Die wet noem, " wat sou ñ redelike persoon gedoen het" as n toets. Nou ja, as ek skuldig is omrede vriende genooi is vir ñ koffie, laat middag, was dit sekerlik n strafbare oortreding want geen besoekers word toegelaat nie.

Centurion

Voortrekker

Fri, 29/11/2019 - 21:09

Ek verkies eintlik 'n kampeerplek wat "standaard" tipe reëls in plek het.  Die reëls is mos ook maar eintlik daar om my as kampeerder te beskerm teen oortreders en 'n sekere standaard te hanthaaf of hoe?