TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

62805 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voorbereidings getref sover:… Yzerfontein hier kom ons! Wildehont -2 hours ago
Hont! F@# Eskom Voortrekker -5 hours ago
Vat die pad... Len se Vintage Kamp foto… Voortrekker -5 hours ago
Kom nou Wessel, doen dit!  Kampforum by TO Strand Voortrekker -8 hours ago
Warren, you said it BRO😂😂

Twak praat Johann L -8 hours ago
Warren wat bedoel jy met "Ek… Twak praat Arie -10 hours ago
Glo nie..... Twak praat TWTFAWC -11 hours ago

Lekker lewendig?

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Sat, 30/11/2019 - 13:53
Forums

Jô, die forum ruk nou regtig hand uit.

Geen mens kan bybly met al die postings hier nie.

Net vandag in die kort rukkie al reeds ń alamintige DRIE inskrywings!!!!!!!!!!

Al drie om more te sê.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 30/11/2019 - 15:12

Marrag Arie, ek vermoed dit het met twee dinge te doen. 

1. Dit is naweek, almal vat dit rustig, en

2. Die kraaie gaap nie, hul tonge hang uit van die hitte.

Ek was net nou gou na my dogter toe, my bakkie se temp lesing wys 37.5°C, en dit vir 'n plekkie amper teen die Vaal rivier, ons ken nie hierdie geweldig hitte nie.

Ek vermoed in die verre Noord Transvaal en Oos Transvaal is dit nader aan 50?

Nee wat, gee my liewer die winter, tot dit winter is, dan kla ek weer oor die dik klere aan trek😂

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 30/11/2019 - 15:16

Ag wat Johann, ons het al alle moontlike oorsake bespreek en al wat oorbly is om die forum in sake-redding te plaas.  Dit het ons nog nie probeer nie en ek wonder of selfs dit sal help !

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 30/11/2019 - 15:36

Met gister se Black Fiday dink ek meeste mense lê nog en lek hul wonde😂

Ek wil iets sê, en ek gaan dit sê; ek vermoed maar net, dit kan dalk ook daai klets programmetjie wees, hoop ek is verkeerd, maar ek dink net, dit vat gesêlsskap op die forum weg? 

Ek kan verkeerd wees, net 'n gedagte.

Kom ons kyk wat gebeur op my stelling👍

Waar my wa staan

Arie

Sat, 30/11/2019 - 16:11

Voorie, ja lanklaas so lewendig gewees, die forum gaan van krag tot krag!

Johann, ek ken nie daai gesels prorametjies nie, is die forum nie ok maar ń geselsprogram nie?

Nee wat el het baie lank terug by ń Belgiese, kamp forum aangesluit, daar is oor die vyf duisend lede en jy kan onmoontlik nie by bly met die inskrywings nie.

Self die ou Wegsleep forum was vrek besig, oor naweke ook, so ek kan glad nie dink wat hier fout is nie?

Soos Len ook noem hier is ander forums plaaslik wat nog steeds lekker besig is?

Waar my wa staan

Arie

Sat, 30/11/2019 - 16:16

Dan moet ek ook noem,en dit is nie kritiek nie maar my persoonlike smaak, hierdie oordrewe more sê elke oggend is nie vir my nie! Ek blok ook mense wat op W App elke aand nag sê en dan weer goeie more, nee wat daai is glad nie vir my nie, en dit is die mees gewilde draad?

Waar my wa staan

Arie

Sat, 30/11/2019 - 16:28

Nogal koelerig vandag hier in die bosveld, die kwik het vandag maar skaars 45 grade gehaal.

Dit help natuurlik glad nie dat hier nie eers n briesie is nie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 30/11/2019 - 16:36

Ek het die water sproeiers rondom die huis aan gesit, dit help om asem te kan haal.

Selfs die vlië sit stil dat jy hulle uit hul verknorsing kan red net 'n vliëplak😂

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 30/11/2019 - 17:19

Arrie, ek het net nou op YR Weather gekyk, volgens hul voorspelling, gaan ons volgende week wyd verspreide reen oor groot dele van die land kry.

Ons hoop maar hulle is reg?

Waar my wa staan

Arie

Sat, 30/11/2019 - 18:11

Nou ja my kant gebring om die inskrywings op te jaag, gaan nou ń lekker fillet wat al heeldag in room lê op die kole gooi.

Moenie my nou weer pla met neuskaste en goed nie.

Centurion

Voortrekker

Sat, 30/11/2019 - 18:14

So 4 uur met my ouers gepraat in Bulgarye.  Toe is dit al donker daar en minus 1 - hulle verwag baie sneeu teen Woensdag.     Hulle is opgewonde want hulle diens in Bulgarye het nou tot 'n einde gekom na 25jr en kom hulle Januarie permanent terug Suid Afrika toe.   Pa nou 78 en hy voel hy het nog baie werk om in Suid Afrika te kom doen.  Hulle het 'n "container" gereel om al hulle meubels en goed hierheen te bring om weer hulle huis te meubileer wanneer die huurders einde Desember uittrek.