TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

62805 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voorbereidings getref sover:… Yzerfontein hier kom ons! Wildehont -3 hours ago
Hont! F@# Eskom Voortrekker -6 hours ago
Vat die pad... Len se Vintage Kamp foto… Voortrekker -6 hours ago
Kom nou Wessel, doen dit!  Kampforum by TO Strand Voortrekker -9 hours ago
Warren, you said it BRO😂😂

Twak praat Johann L -9 hours ago
Warren wat bedoel jy met "Ek… Twak praat Arie -11 hours ago
Glo nie..... Twak praat TWTFAWC -12 hours ago

Idiale drankie in die hitte?

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Sat, 30/11/2019 - 16:53
Forums

Ons drik so baie ys water vir die hitte, dit klots al  in ons pense!

Begin toe maar om Rock Shandy's te drink, lekker verfrisend, maar mens raak moeg na so twee gallon.

Toe onthou ek van Pims no 1 cup!!!

Maak ń lekker tropiese vrugte slaai, met klein esnyde vrugte. Vul ń lang bier glas so derde vol vrugte, voeg by 50% Pimms en 50% Ginger Ale.

Ons hou die bottel Pims in die vrieskas so ook die Ginger Ale! Kyk daai ding les darem ń dors!!

Ook lekker is helfte Delgado en helfte yskoue water met baie ys, les ook jou dors lekker!

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 30/11/2019 - 17:27

Arie, ek het geen benul wat Pims is nie, ek weet wel van Amerikaanse pimps, nou is ek heel in die duisternis.wink

Iets wat glo ook help vir baie dors,  is soda water,  ek hou net nie baie van die smaak nie.

Centurion

Voortrekker

Sat, 30/11/2019 - 18:04

Ek drink maar net koue water - heerlik!

Het teveel bier gedrink die afgelope jaar en die goed maak my baie vet.    Nou drink ek maar net so 1 quart elke week en nie meer 4 nie.   Vandat ek weer begin fietsry het is die water vir my besonders lekker.   Koffie is af van 3- 4 per dag tot net enetjie.      Wonder of dit nou 'n midlife crisis is of wat? 

Waar my wa staan

Arie

Sat, 30/11/2019 - 18:04

Soda water kan ek nie in my lyf kry nie.

Gaan kyk by enige goeie drankwinkel, hulle sal Pimss hê.

Glo Len sal jou ook kan vertel van Pims, baie bekende dop in Rhodesia en ook later in Zim gewees.

Eintlik maar ń Britse dop, ek glo Frik sal as hy vir "high tea" by Antie Lisbet gaan kuier, en sy tee is op so ook die komkommer toebrooidjies, sal hy mag vra vir ń Pimss Cup 

Maar yskoue Delgado net so lekker.

Waar my wa staan

Arie

Sat, 30/11/2019 - 18:07

Terlooos Johann hier is ook baie eg Suid Afrikaanse pimps, party nogals regte bowre seuns!

My goeie oorlede vriend Laurie Jackson was ook eintlik maar ń upper clas pimp?

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 30/11/2019 - 19:36

 Yskoue sodawater, het een van die apparate om te maak. Dan werk daai soda puik met n Oros in, of n skeut Powerade vir bietjie voema.  Uitvaltyd, n yskoue skuimkop, van die ligte outjie van Castle kan neef n paar wegpak as dit warm is. Droeë witwyn op n ysie loop mooi, vir ouma. Ginn en tonic, baie ys en  n skyfie komkommer. Lekker soet Hanepoot in n glas vol crushed ice.

Daai groot plastiek bierglase wat jy kry by die krieket stadiums se one day matches, dink hy is 500 mil of so iets, tot bo gelaai met ys, n skeut suurlemoen sap en water.

Dan top jy die outjie op soos jy aangaan!!

Secunda

Sleep nou

Tue, 03/12/2019 - 17:25

n lekke glas rooi Van Loveren hy loop soos stroop dag of nag koud of warm wink

Worcester

Wildehont

Wed, 04/12/2019 - 12:48

Ek raak op my senuwees as ek nie water byderhand het nie. Ek het heeltemal ophou koeldrank drink toe ek staptoere gedoen het in Botswana 2004/5. Water (veral as dit lekker koud is) is my gunsteling drankie. Ek drink deur die week niks anders nie, maar vat naweke en tydens vakansie graag ‘n lekker koue skuimkop of vier. Ek wissel dit egter steeds af met water. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 04/12/2019 - 17:09

Ek is geskok : "Nie geweet Len drink nie?   Gedink hy is 'n tee man?

Ou seun, jy het nog baie dinge in die lewe om te leer !

Ek kan te enige tyd enige student en sy vriende aanvat one on one met whatever hulle op wil simpel raak, maar van alles bly water nog my favourite drinkding.

Jy sal my voertuie nooit kry sonder dat daar nie bottels met water in is nie, dis n reel.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 05/12/2019 - 15:02

Ja dit is ook water en daarvan kry ek genoeg wink met ys ja.

Ek drink altyd ‘n “steelworks” om my dors te les.

Hier is die resep vir die wat dit wil tuis maak.

INSTRUCTIONS

Fill a glass up to 3/4 with ice cubes. Add the soda water to the level of ice-cubes then pour the cola tonic. Fill to the top with ginger beer and add the bitters. Stir and enjoy.