TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

62805 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voorbereidings getref sover:… Yzerfontein hier kom ons! Wildehont -3 hours ago
Hont! F@# Eskom Voortrekker -6 hours ago
Vat die pad... Len se Vintage Kamp foto… Voortrekker -6 hours ago
Kom nou Wessel, doen dit!  Kampforum by TO Strand Voortrekker -9 hours ago
Warren, you said it BRO😂😂

Twak praat Johann L -9 hours ago
Warren wat bedoel jy met "Ek… Twak praat Arie -11 hours ago
Glo nie..... Twak praat TWTFAWC -12 hours ago

Dames wat sleep

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Sun, 01/12/2019 - 07:23
Forums

Ek plaas hierdie maar onder die avonture forum, vir baie van ons is dit 'n avontuur,  vir my is dit 'n noodsaaklikheid.

My vrou bestuur baie goed,  ek het haar 40 jaar terug geleer, en sy het 'n kode EB ry bewys soos vereis deur die wet.

Sy het nog nooit gesleep nie, maar ek dink nou al meer en meer, dit is noodsaaklik dat 'n vrou moet kan sleep, wat gaan jy doen in 'n geval waar jy nie kan bestuur nie, of lang pad gaan, en bietjie wil terug sit terwyl ma bestuur.

Wie van julle kan reeds staat maak op jul geliefdes om uit te help?

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 01/12/2019 - 07:46

Ek is in dieselfde bootjie. My vrou bestuur al langer as ekself. Sy't op 'n plaas grootgeword en as jong dogter selfs vragmotor bestuur. Maar sy weier om te sleep.

Môre vriende

Die 2de woord in onderwerp is sommer om Len aan te hits, om met beter ene voorendag te kom.

My beterhelfte weier ook om te sleep. Ek moet haar selfs oortuig dat dit voordelig is om net met die trokkie ook te ry. In my geval is ek oortuig dat die grootte die afskrikmiddel is. 

Ek sal egter baie bly mees as sy wil sleep, want mens weet nooit wanneer dit nodig word nie.

Groete

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 01/12/2019 - 14:57

Ek het die saak so begin aan roer, eerste reaksie "daars nie 'n manier nie", nadat ek haar belowe het ons sal dit rustig vat en vir eers net hier rond, het sy begin toe gee.  Nou koet ek net die saak lewendig hou.

Sy het belowe sy sal probeer, maar gaan niks verby steek nie, ons sal maar sorg dat daar 'n fiets in die middel van die baan ry😂

Waar my wa staan

Arie

Sun, 01/12/2019 - 15:20

Ja ek het ook altyd gevind dat meeste vrouens skrik vir die grote en lengte.

As mens versigtig te werk gaan met baie geduld raak hulle dit tog later gewoond?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 01/12/2019 - 15:58

Grootte en lengte : van wanneer af skrik vrouens vir "grootte en lengte".  Sover my kennis strek is hulle juis mal daaroor.

My vrou : sy verkies om vanuit die gemak van haar passasierssitplek vir my te help sleep-bestuur met voortdurende, bykomende instruksies en aanbevelings.

Elke huis het sy kruis.

Waar my wa staan

Arie

Sun, 01/12/2019 - 16:59

Len ja jy is reg tot op ń punt, dit hang alles af (no pun intended) van presies hoe GROOT en hoe LANK!?

Jy weet as ń man daar aankom met ń 18 wiel Pentechnicon is my ondervinding maar van sulke groot geskokte oë en so saggiese (Wow!!)

Waar my wa staan

Arie

Sun, 01/12/2019 - 17:03

Len ja jy is reg tot op ń punt!

My ondervinding was nog altyd dat as ń man daar aankom met so 18 wheelet pentachnicon, dan is daar so rukkie stilte met sulke geskokte groot oë en dan so saggies half benoude " Wow!!" 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 01/12/2019 - 19:18

Ek is die bang gat en vertrou net myself so, nee as ek nie die sleep doen nie bly ek maar waar ek is.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 01/12/2019 - 22:20

Willem, vertrou jy net jouself ?  Hoe so, jy reverse dan by Villiers agterin jou wa se A-raam vas ?  En soos jy vir Surette in Phalaborwa gesê het, sy het die wêreld se toerusting om te help reverse, tru-kamera en bumper-sensors ?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 02/12/2019 - 08:37

Jy is reg met ek vertrou net my self as dit by sleep kom, met haar voertuig kan sy self bestuur.

by Villiers agterin jou wa se A-raam vas

Dit was nie teen die "A" raam nie maar wel teen die hoek paal van die gebou wink

Fochville

Lapskag

Mon, 02/12/2019 - 13:25

Ek dink dat dit 'n groot plus punt en vreugde is as vroutjie ook vertroud is om te sleep. Veral met lang pad sleep kan so uurtjie se rus baie goed doen. Soms dink ek ons manne se ego is te groot en laat nie sommer die dames toe om ook hul staaltjies te wys nie, die manne verloor dalk. Ek bevoorreg want Nellie kan agteruit ook ry met hulp van 'n ekstra paar oë wat help. Kamp en ry moet vir albei partye lekker wees en sommer net 'n avontuur op sy eie.

Die manne met die ego's moet maar klippe gooi, maar ek dink dit is belangrik dat vroutjie vertroud moet wees met sleep, want enigeiets kan langs die pad gebeur en dan is julle nie gestrand nie. 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 02/12/2019 - 16:33

Ek kry sommer groot respek vir 'n vrou wat by 'n kampeerplek aankom agter die stuur van 'n lekker fris sleepvoertuig met 'n karavaan agteraan.

Vanjaar by Punda Maria en Shingwedzi 'n vrou gehad wat met haar Fortuner en Gypsey Regal vrou-alleen van Nelspruit af gesleep het. Ek weet nie of sy voorheen gesleep het nie, maar Cathy het haar ding gedoen. Haar man is 'n klompie maande gelede oorlede en sy't besluit sy gaan voort met kamp. Ek en Ralie het haar help opslaan in Punda, maar as dit kom by sleep doen sy haar ding. So ook al by Eiland Spa en Badplaas vrouens gesien wat alleen met hul kombinasies daar aankom.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 02/12/2019 - 17:15

Ek het vroeér genoem van die dame wat reeds in haar tagtigs is, en steeds stoksiel alleen sleep, sy was so ruk terug in die C&O tydskrif.

Haar man het, voor sy dood, vir haar gesê sy moet alles kan doen, en aan gaan met kamp na sy afsterwe, en so het sy besluit om alles te leer wat hy haar kon leer.

Secunda

Sleep nou

Mon, 02/12/2019 - 20:24

Berdien die off road trailer so 200km geleep toe ons hom gehad het sy verkies maar om te se lings of regs wink