TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

73391 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -1 hour ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -1 hour ago
Toer Om SA - Dag 19 Hollies en Glynis Hollenbach Willem Brits -1 hour ago
Toer Om SA - Dag 18 Hollies en Glynis Hollenbach Willem Brits -1 hour ago
Rebels Pizza hier by ons gee… As die voggies min raak - so… Voortrekker -1 hour ago
Dagsê Kampforum Junie 2020 Koffie Kroeg Willem Brits -1 hour ago
Goeiste Oom Neef, dit is… As die voggies min raak - so… Wildehont -5 hours ago

c

Ons naweek by Vloedbos

Worcester
Submitted by Wildehont on Mon, 27/01/2020 - 09:02
Forums

Ons is die pas afgelope naweek na Vloedbos tussen Caledon en Napier. Ons was drie gesinne met twee kinders per gesin tussen 1 en 6 jaar oud. Ons met die Kavango, die Vissers met hulle Sprite Tourer SW en die van Zyls met hulle 3m boogtent en gazebos.

Ten spyte van die steil bulte weerskante van Villiersdorp was dit ‘n gemaklike sleep en ons het minder as twee ure gery. Daar was twee stop/ry punte vir padwerke aan die Caledon kant van Villiersdorp. Ons het die eerste oop gevang en reg voor die tweede afgedraai op die Boontjieskraal grondpad (wat so 6km korter is). My Kavango se A-raam agter waarop die spaarwiel gemonteer is het met ons vorige kamp in Yzerfontein los geraak en ek moes die spaarwiel in die Ford laai. Met Lapskag se hulp en raad het ek dit intussen reggemaak en versterk en die grondpad in redelik goeie toestand maar nog stamperig was ‘n goeie toets daarvoor. Dit het puik gewerk en is nou lekker stewig.

A

B
Ons het drie groot staanplekke langs mekaar gehad en na ons kamp opgeslaan het en ‘n Germaanse bruisdrankie geniet het lekker op die glygeute gaan speel en geswem. Daar is drie glygeute; ‘n baba een vir kinders onder 7, ‘n standaard een en ‘n steil, vinnige een.

C
Die aand het ons lekker gebraai en gekuier en lekker geslaap. Vloedbos dui aan dat hulle nie alkoholmisbruik duld nie en laat geen musiek toe nie en ook nie geraas na 22:00 nie. Die span oorkant ons het ‘n verjaardag gevier en lekker gekuier en twee manne het nog tot 04:00 gesit en gesels. Hulle was egter nie ‘n steurnis nie en die res van die oord was pikdonker en doodstil na 22:00. Die staanplekke het lekker gras maar min tot geen skadu. Die badkamers is baie netjies en skoon. Hier is ‘n paar fotos.

D
 

E
 

F
 

Daar is oorgenoeg om te doen en die oord is puik vir gesinne. Afgesien van die glygeute en swembaddens (twee koud en een warm), is daar mini-gholf, trampolien, klimrame, tafeltennis, pool, staproetes, bergfiets roetes, ‘n 4x4 roete en ‘n 4-wiel motorfiets treintjie vir die kleintjies. Laasgenoemde en die glygeute kos geld maar dis heel billik. Braaiplekke, asblikke en badkamers word soggens skoongemaak en alles werk. Daar is ‘n winkeltjie en wegneem ete plekkie ook. Die oord is op ‘n plaas ‘n redelike ent van die naaste teerpad en voel baie veilig. Dit is in ‘n kom met net een toegangspad. 
 

Saterdag het ons en die kinders weer lekker gespeel en geswem en gegly en gebraai en gekuier die aand. Die middag het die wind opgesteek en ek het my storm net oor die Kavango se afdak getrek. Deur die nag het dit bietjie gereen maar ons het almal droog gebly. Sondagoggend was dit tipies Kaapse weer; wind, sonskyn, reen, wolke, warm, koel en so het dit aanhou roteer. Dit het afslaan bietjie verlangsaam. Gelukkig raak die Kavango se seile vinnig droog en net my grondseil moes ek nat inlaai en tuis oopgooi om droog te raak terwyl ek die wa gewas het. Dit was ‘n heerlike naweek en ek sal Vloedbos weer besoek en definitief aanbeveel vir gesinne. As die klank van spelende kinders egter nie musiek vir jou ore is nie sou ek wegbly.

G

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 27/01/2020 - 09:18

Chris, ons het ook 'n tydjie gelede by Vloedbos gekamp en as ek na jou eerste kampfoto kyk, lyk dit vir my of ons op presies dieselfde staanplek gestaan het.  Die boompies het heelwat gegroei sedert ons laas daar was.

Die oord lyk nogal vol vir 'n naweek en kinderlawaai is musiek in my ore, myle beter as 'n musiek-geblêr van verskillende smake.

Baie bly julle het dit geniet.

Hier is dit waar ons gekamp het :-

.

Secunda

Sleep nou

Mon, 27/01/2020 - 09:20

Was nog nooit daar nie maar sien julle het geniet dankie Chris vir terug voer

Worcester

Wildehont

Mon, 27/01/2020 - 09:28

Oom Len, as ek reg onthou was ons op 32. Dit is reg onderkant die middelste glygeut aan die oorkant van die pad van daar af teen die populier heining langs die stroompie. Daar was drie koraalbome op ons staanplek wat genoeg skadu gegee het om onder te sit maar nie vir die wa nie. Ons drie staanplekke was reusagtig, ek dink daar sou twee Exclusives met rally tente op elk kon staan. Ons het ook die klank van spelende kinders en afwesigheid van musiek geniet, en nie net omdat ons self kleintjies het nie. 

Hier is dit waar ons gekamp het

Is dit nie verby die verste ablusieblok nie? Daar is ‘n houtbruggie waar mens oor ry na die selfsorgeenhede toe en dis oorkant die stroompie van die hoë bloekombos af. Dit het na ‘n lekker deel van die oord gelyk en was beskut teen die westewind wat gister gewaai het. Daar het mense met ‘n 2007 Kavango gestaan wat toevallig kliente van my vrou is uit Pretoria wat nou in Stellenbosch bly. Dit was net hulle tweede kamp met die wa, en hulle het nie geweet hoe om hulle stormseil oor die voorste tent te sit nie. Ongelukkig het hulle nie kom vra nie, en sy het eers gister vir my vrou gesê daarvan toe hulle mekaar raakloop in die badkamer. Ek het hulle gaan help maar toe het hulle kinders reeds bietjie natgereen. Nou weet hulle darem vir die toekoms.

Middag Chris

Ek lei af die vriende is introverte. As ek sukkel met iets, vra ek maklik hulp by mede kampeerders.

Dis mos die voordeel om saam te kampeer. Ek het met my Fleetline 'n tentpaal te veel gekry. Sukkel my blaker af, want mens moet mos al die pale gebruik. Genadiglik het iemand my kom wys, en ek het terstond die ekstra paal onbruikbaar verbuig.

Groete

Worcester

Wildehont

Mon, 27/01/2020 - 10:45

Ja, ek weet nie hoekom hulle nie kom vra het nie. Hulle het verby ons gery toe hulle ingekom het en kon nie ons Kavango gemis het nie. Hulle stormseil sit op presies dieselfde manier as myne vas (met ‘n aluminiumstrook wat ingeryg word in ‘n soom in die seil en dan in ‘n gleuf onder die dak inskuif en oor pennetjies klik aan weerskante). Die vorige eienaar het die strook uitgeryg en onder die dak gelos en hulle het toe gesoek na Velcro om die seil mee vas te sit want daar  is Velcro aan die bokant van die voorste venster onder die dak. Dalk het hulle toe maar aangeneem dat hulle nie die regte seil saamgekry het nie. Ek is bly ek kon hulle help, daar het sommer ‘n dam water op die tent se dak gelê gisteroggend so dis jammer ek kon hulle nie Saterdag wys nie. 

Fochville

Lapskag

Mon, 27/01/2020 - 11:28

Hi Chris, ek is bly om te sien daai spaarwiel staan pennetjies regop soos 'n meerkat wat sy skoonma soek. Lyk darem of ons plan gewerk het vir nou. Hou maar daai nuwe boute dop so vir 'n kort rukkie tot jy tevrede is dat hulle nie weer los kom nie. Daai spaarwiel is effe swar en hang mos net aan die eenkant.

Baie bly dat julle die kamp geniet het die naweek en uitgerus is en amper weer reg is vir die volgende ene.

soos 'n meerkat wat sy skoonma soek

Uitstekende metafoor Johan! Jou plan werk perfek. Die voordeel van die wiel wat aan een kant hang is dat dit die vertikale stut (die nuwe plaat) teen die buffer vasdruk. Daar was selfs voor ek die boute deur die plaat en buffer se moere vasgedraai het geen speling nie, en toe was die spaarwiel nog nie op nie.  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 27/01/2020 - 14:26

Ek hou weer baie van die woord "glygeut" om 'n supertube te beskryf.  Baie meer beskrywend as die Engelse "supertube).