TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

73268 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Môre môre julle almal,… Junie 2020 Koffie Kroeg Lapskag -23 minutes ago
Have a great day, and..... Junie 2020 Koffie Kroeg TWTFAWC -48 minutes ago
Willem, ek het n halfliter… As die voggies min raak - so… neef Herman -1 hour ago
Hi Junie 2020 Koffie Kroeg Arie -1 hour ago
Hier word dit ook vinnig… Junie 2020 Koffie Kroeg Johann L -1 hour ago
More forum Junie 2020 Koffie Kroeg Sleep nou -2 hours ago
Môre môre!

Welkom winter! 
Junie 2020 Koffie Kroeg Voortrekker -2 hours ago

c

Persone per staanplek

Brits
Submitted by wessels on Wed, 11/03/2020 - 13:16
Forums
Middag vriende Hoe voel julle oor die getalbeperking van mense op 'n staanplek? Dit is 'n ander debat oor hoe die tariewe saamgestel word, maar ons almal is dit seker eens dat dit billik is om te betaal per person. Die problem kom in by die beperking op die aantal persone per staanplek. Wat gebeur met gesinne wat uit 8 persone bestaan, en dis meer as die boperk vir die staanplek? Is dit billik dat so 'n geseende gesin nog 'n staanplek moet bespreek? Ek dink dit moet toelaatbaar wees om die maksimum te oorskry, mits mens kan bewys dat dit almal jou kinders is. Groete

Wessel jy slaan die spyker op sy kop.

Ek praat altyd van die perfekte gesin van 4 mense, pa, ma en boetie en verkieslik sussie......in the perfect world op TV.

Ons sou ook die perfekte gesin gewees het as ek net nie so bul was en 2 latte met een shot geslaan het nie.

Ek het ook nie n probleem om vir n ekstra kind te betaal as die kampkoste vir 4 persone is nie. Baie oorde moet jy na 6 mense nog n kamplek bespreek want 6 is die maksimum.

Baie maklik as ons en my swaer-hulle gaan kamp. Hulle het een dogter so oud soos die seuns (lyk ook soos hulle) so ons gooi een by hulle stand dan is dit 4 mense per stand alles gesort.

 

Middag vriende

Ek en vriende was eenkeer saam op Swadini. Tussen die 2 staanplekke was daar 9 kinders, en natuurlik die 4 ouers.

Dink julle in al die opmerkings as jy met daai troppie in die pad afstap swembad toe.

Groete

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 11/03/2020 - 15:56

Ek het regtig nie 'n probleem met 'n maksimum aantal persone per staanplek nie, sou oorde dit nie handhaaf nie, gaan jy plakkers kry wat skrik vir niks.  Net my opinie. 

Wanneer jy wel meer as die toe gelate aantal gaan wees, sê maks 2 x ekstra, voel ek die oord kan jou te gemoed kom, met 'n ekstra betaling per ekstra persoon.

Meeste oorde het 'n beperking van 6 mense, baie het wel 'n perk van 4 mense per staanplek, alhoewel die neighing meer en meer na 4 skuif, is dit vir my billik.

As ek reg is, is Forever oorde 'n tarief per staanplek, plus nog 'n tarief per persoon, dit is vir my bietjie laf.

Ons is twee grys koppe, en gaan dus selde kyk wat die tarief per persoon is, maar eerder per staanplek.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 11/03/2020 - 20:01

In die verre verlede was dit altyd 'n tarief per nag per staanplek vir maksimum 6 persone.  Dit is later afgebring na 4 en deesdae is dit twee persone per staanplek  -  selfs in die Kruger Wildtuin is die tarief deesdae vir 2 persone en bykomendes betaal 'n bedrag per persoon per nag addisioneel.

Ek dink dit is billik, naamlik 2 persone per nag per staanplek met 'n bykomende tarief per nag vir elke addisionele persoon.

Om aan te dring dat 'n tweede staanplek bespreek moet word, is onbillik.

Secunda

Sleep nou

Wed, 11/03/2020 - 20:14

Vir my is dit nie reg as daar vir jou gese word bespreek nog n staanplek want julle is meer as 6 nie dis n onderwerp wat my ook na aan die hart le gelukkig is ons nou net twee wat dit makliker maak

Waar my wa staan

Arie

Wed, 11/03/2020 - 20:24

Ek glo die  probleem is met die totaal mense in die oord.

Volgens gesondheids regulasies is daar beperkings op die getal koppe per toilet geriewe. As ń  oord se beperking op die beskikbare toilette 40 mense is en hulle het 10 staanplekke kan hulle slegs 4 persone per staanplek akpmodeer.

Sou hulle ń staanplek vir 5 mense gee en die oord is vol oortree hulle gesondheids regulasies.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 12/03/2020 - 06:53

More Arie, die gesondheids faktor is 'n feit, en ons kan daarmee saam leef. Altemit is dit ons, die kampeerders, wat gaan kla as die ablusies nie kan "cope" nie.

Mens is geneig om dit te vergeet, maar om 'n ekstra staanplek te wil bespreek omdat jy een, of twee, meer is as die toe gelate kwota,  is veregaande. 

Waar my wa staan

Arie

Thu, 12/03/2020 - 07:51

Johann nou wat moet die oord eienaar maak, het jy ń voirstel?

Mens het dieselfde probleem net hotelle en chalets, getalle per kamer of chalet word ook beperk.

Daar moet jy ook maar ń tweede kamer of nog ń chalet bespreek.

Ek het nog al die jare wat ek eiendomme verhuur (nou nog) ń perk op die getal inwoners.

Jy sal vind dat oord eienaars altyd inskiklik is as jy reel met iemand wat selfde tyd as jy kamp en minder koppe as die toegelate maks dat hulle jou sal toelaat om meer mense op jou staanplek toe te laat.

Op die einde van die dag bly dit natuurlik jou besluit, jy is NOOIT veeplig om by ń spesifirke oord te staan nie?

Môre Arie

Ek het volle begrip vir die beperking gegrond op gesondsheidsregulasies.

Dit is moontlik die rede waarom vooraf besprekings tog belangrik is. 'n Oord weet tog wat die maksimum getal persone is wat sy geriewe kan/mag hanteer. Daarvolgens kan die oord mos halt roep met besprekings as daardie limiet bereik is. Dit mag dus beteken dat 'n paar van sy staanplekke vir 'n periode leeg staan. Indien tariewe per person werk, behoort die oord nie te veel inkomste te verloor nie.

Die geneuk kom oor Desember vakansies by strandoorde as boetie en sy ou klein gesinnetjie ook sommer by ouers insleep. Dis meestal die rede waarom oorde dan oorvol is en ablusies degradeer na ka....rig.

Oordbestuurders moet hare op hulle tande hê om almal gelukkig te hou.

Groete

 

 

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 12/03/2020 - 08:15

Arie, soos ek reeds genoem het,  is ek 'n voorstaander vir getalle beheer, maar wat van 'n gesin met drie kinders, daar kan tog seker nie twee plekke bespreek word vir een kind nie.😀 

Ek stem volkome saam met 6 per staanplek, waar oorde 'n 4 persone per staanplek het, moet hulle maar verguning maak met een of maks twee ekstra teen addisionele vergoeding natuutlik.

Beheer is van kardinale belang, maar daar moet tog ook omstandighede in ag geneem word?

Dankie tog, ek bestuur / besit nie 'n oord nie.

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 12/03/2020 - 12:03

Nou voel neef skoon skuldig. Toe ons nog kinders was, al 4 van ons, was daar gereeld Desembers see toe gegaan met my neef, hulle was ook vier kinders en al 4 die ouers in een karavaan. Ekstra tent aan die anderkant vir kinders, al 8, en grootmense binne. Voorste tent was eet en kuier.Dan was dit nog die twee karre en die beach buggie ,seker die wêreld vol gestaan het ook nog. Als op een staanplek...... Ai maar dit was darem terrible van die ouers van daai tyd.... Maar mense, dit was feeste van vakansies,  so bolling bymekaar.

Duidelik het julle nog nooit gehoor van 'n inry fliek nie (of van die bendelede is so oud dat hulle al vergeet het!). Punt is, jy prop die ekstra siele in die kattebak tot jy binne is... dis hoe ons altyd baie pelle en meisies ingesmokkel het by inry flieks wat per kop gevra het:) 

Centurion

Voortrekker

Fri, 13/03/2020 - 08:33

So toe ek met TO Strand gesels het oor hulle maksimum van 6 per staanplek beleid het hulle aan my verduidelik dat ons welkom is om persone tussen staanplekke te deel en dit is toe hoe JohannL - hulle se ekstra 2 onder ons staanplek kon ingaan.    Ons was to 'n totaal van 12 tussen die 2 staanplekke.

Volgens TO Strand gaan dit oor die kapasiteit wat die oord kan hanteer voor dit te vol raak.

Waar my wa staan

Arie

Fri, 13/03/2020 - 08:42

Voorie dit is presies wat ek hier bo genoem het..

Ek vind ook dat oorde oor die algemeen geen probleem het om die koppe te verdeel  tussen die staanplekke nie.

Maar dit moet onderling tussen die kampeerders self gereel word, kan nie verwag van oord bestuur om nog sulke goed ook te doen nie.

Ek het nog altyd gevind dat oorde heel tegemoetkomend is met sulke goed ook met aankoms en vertrek tye.

Mens moet net vriendelik vra en nie dadelik agresief wees nie. Gewoonlik as jy mooi verduidelik is hulle baie gewillig om jou te akomodeer.

Worcester

Wildehont

Fri, 13/03/2020 - 09:24

Het hulle nog nooit gehoor van voorbehoedmiddels nie? 

Dit laat my dink aan die storie van die ou wat opnames gedoen het oor voorbehoedmiddels. By een van die plotte daar buite Brits maak so groot tannie die deur oop toe hy klop. Hy verduidelik waarmee hy besig is en vra of sy getroud is. Sy bevestig en nooi hom in. Hy vra of die oom tuis is en sy roep vir pappie. Daar kom so tengerige kort oompie in. Hy sit eenkant op ‘n stoel en die tannie beantwoord al die vrae. Na hulle deur die demografiese inligting gewerk het vra die knaap of hulle voorbehoed gebruik. Die tannie sê ja en hy vra watter soort. Die tannie sê die stoel en piering metode. Hy sê toe hy het nog nooit daarvan gehoor nie, hoe werk dit? Die tannie sê weens hulle lengteverskil moet die oom op ‘n stoel staan wanneer hulle die daad pleeg. Sy en die oom is ook al so lank getroud dat hulle mekaar goed ken. Sy weet dus as hy by fyndraai kom raak sy oë so groot soos pierings, dan skop sy die stoel onder hom uit. 

Middag vriende

Ek wonder skielik, lees oordbestuurders, en wie ook dit mag aangaan, ooit ons kommentare en voorstelle.

Wat help dit ons kerm en k..k, maak voorstelle, besware op die forum en dit bereik nooit die oordbestuurders en besluitmakers nie.

Dalk het Len die regte idee---skryf en rig pleidooie direk aan die relevante groepe en oordbestuurders. 

Groete  

Waar my wa staan

Arie

Fri, 13/03/2020 - 10:53

Wessel, ja die korekte optrede is maar altyd om ń skrywe aan die oord te rig.

Persoonlik weet ek van baie indien nie almal, oord bestuurders wat op die kampforums lees.

Hulle sal baie dom wees om dit nie te doen nie.

Omdat ons amper nooit minder as drie maande aaneenlopend by ń oord staan, en soms as gevolg van mediese gevalle nog baie langer, raak ek gewoonlik bevriend met die bestuur.

Orals waar ek nog gestaan het vra hulle "Is jy die Arie op die forum?" Ek het ń vreemde naam en is op alle forums Arie.

Dit wys tog duidelik dat hul wel hier lees?