TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

73268 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Môre môre julle almal,… Junie 2020 Koffie Kroeg Lapskag -37 minutes ago
Have a great day, and..... Junie 2020 Koffie Kroeg TWTFAWC -1 hour ago
Willem, ek het n halfliter… As die voggies min raak - so… neef Herman -1 hour ago
Hi Junie 2020 Koffie Kroeg Arie -1 hour ago
Hier word dit ook vinnig… Junie 2020 Koffie Kroeg Johann L -1 hour ago
More forum Junie 2020 Koffie Kroeg Sleep nou -2 hours ago
Môre môre!

Welkom winter! 
Junie 2020 Koffie Kroeg Voortrekker -2 hours ago

c

Coronavirus - COVID-19

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Mon, 16/03/2020 - 11:25
Forums

Wat is jou siening ?

Wat is jou voorsorg ?

Hoe raak dit jou ?

  • By die huis.
  • By die werk.
  • In die algemeen.
  • Kamp.

 

c

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 16/03/2020 - 11:28

Ek sien Eddie het dit oop so gesê op my "Chat groep"

Hierdie op die ander forum gesien.


Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 16/03/2020 - 12:31

My opinie :-

Ek neem die saak ernstig op en probeer om nie Regering se pogings in die wiele te ry nie.

  • By die huis :  Ons verskerp ons en ons huishulp se higiëne in en om die huis.  Ons is versigtig vir vriende en familie se groet-prosedures en probeer dié boodskap so te versprei sonder om aanstoot te gee.  'n Bekommernis is ons huishulp se vervoer per taxi waar sy moontlik blootgestel is.  Aan die anderkant, geïnfekteerde persone (die huidige 61) het almal uit die buiteland SA binnegevlieg.  Taxi-passasiers in SA vlieg nie na/vanaf oorsee nie, maar mettertyd kan hulle by hul werkgewers aansteek.  Ons vertrek oor 'n raps meer as 'n maand  Wildtuin toe en dan kan sy met 'n maand verlof gaan.  Ons hou dus duim vas dat sy nie voor dit in 'n taxi aansteek nie, maar dis onwaarskynlik.
  • By die werk :  Nie op ons van toepassing nie, maar gelukkig werk al ons kinders van die huis af
  • Kamp :-  Ons sal maar net versigtig moet wees met die gebruik van die ablusies tydens oorslaap en in die Wildtuin.  Ons beplan egter om ons Exclusive se badkamer voluit te gebruik.
Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 16/03/2020 - 13:28

Dit is goed om voorsorg te tref, maar om oorboord td gaan, nee wat, ek en my vrou het vanoggend gou Waterfall Mall toe gegaan om my mobiele wifi uit te sorteer.

 In Checkers koop die mense trollies vol kos, vir opgaar, sê party vir my vrou. (Laat my dink aan 1994, ek ken mense wat blikkies kos naderhand moes weg gooi)

Talle mense loop met chirurgiese handskoene,  maar bly aan alles vat, ook hul gesigte surprise

Nou vat hul aan 'n besmette item, en vat van aan die neus!

Ek sê nie, moet niks doen nie, maar wragtig, daar is perke vir alles.

Ek gaan nie 'n jaar se kos ens op pot nie, maar gaan maar net gewone goed bietjie ekstra kry, want die mense gaan mal, met mielie meel blikkies kos en seep.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 16/03/2020 - 13:58

Die situasie maak my bekommer, dit is ñ realiteit en daadwerklik n pandemie. Daar is genoeg rede vir die eerstewêreldse lande om ernstige maatreels in plek te sit. Stede wat geisoleer word, is nié iets wat om ligtelik opneem nie. Dit gaan ons almal bereik as ons nie probeer on voorkomend op te tree nie.

Met die KKNK wat nog sou voortgaan, het ons alreeds besluit dat ons nie in die gedruis sal wees nie, baie besoekers van regoor die wéreld vir ñ begin. So ons het genoeg aangekoop vir n langerige tyd. 

Vir die volgende paar maande gaan ek werklik probeer om sekere dinge te vermy. Supermark trollie handvatsels, publieke toilet deurhandvatsels, om 2 te noem. Ek gaan nie winkels toe in die besige tye nie. Beslis nie Mauritius , of Johannesburg toe vlieg nie.

Ons ouderdom, my Vonnie se onderliggende gesondheids issues maak dat ek nie die waarskuwings en aanbevelings ignoreer nie. Mooi loop.

 

Ek is meer bekommerd oor die biljoene rande wat uitgewis word deur die storie, ons land is so te se na mur nou die storie ook!

Vir onsself, drink elke dag die 1000mg vitamiene C want die Corona steek aan soos gewone griep, immuniteit is sy kos of die gebrek daaraan.

Gebruik jou gesonde verstand en jy sal ok wees, ouer mense en siek mense is die grootste op risiko.

Middag vriende

Daar is gelukkig 'n ligte kant ook, so hoor ek;

ons moet nie bekommer nie, net soos met voertuie uit China, of enige ander produk, sal die virus ook nie lank hou nie.

Grappies op 'n stokkie, ons moet maar uiters versigtig wees, veral waar ons buite ons huise is.

Groete

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 16/03/2020 - 17:07

Ek wonder hoekom is die produk nou skierlik so in aanvraag ?

Wat het die mense dan tot nou toe gebruik ?  Mielie stronke is mos lankal uit die mode ?

Worcester

Wildehont

Mon, 16/03/2020 - 21:34

Al wat ek weet is dat hierdie skoolvakansie ‘n puik tyd is om te gaan kampeer as jy nie mal is oor skares nie (skuldig). 

Môre alle vriende

My kinders van Dubai is tans in KNP en is komende naweek by my.

Ek het ook bespreek vir naweek van 2-5 April in Manyane, juis om vakansie gedrang te mis. Nou val dit in aangepaste skoolvakansie.

Groete

 

Nou val dit in aangepaste skoolvakansie.

Wessels, jy moenie bekommerd wees nie, daai mense spook en spartel nog om toiletpapier en disinfectants op te spoor.

Dit gaan jou nie beinvloed nie.

Mense raak skoon simpel, amper soos die acopolyps of so iets. 

Gistraand wou ons buurt se whatsup groep mekaar ketaza oor toiletpapier, Dettol en ek weet nie wat se strooi nog alles nie, grootmense, met kinders, skande!

Middag Frikadel

Jy verstaan my verkeerd, ek is nie ophol [ skielik lees die woord nie lekker nie] oor die virus nie.

Ek het gehoop om net die gedrang van mense, wat met skoolvakansies gepaardgaan, te mis. Ek is bevoorreg om nie meer kinders opskool of universiteit te hê nie, en hou van 'n stil kampeer omgewing.

Ek sal lekker kamp in byvoorbeeld Honey nest, maar dit klink of daar nie wild is nie. Uiteraard trek tipiese goete soos glybane, swembaddens skopfietsies, my nie meer nie.

Ek verwag nou dus 'n groter aantal kampeerders in Manyane, as andersins.

Groete

Wessel

 

 

Worcester

Wildehont

Tue, 17/03/2020 - 13:49

Ek verwag nou dus 'n groter aantal kampeerders

Ek mag verkeerd wees, maar ek verwag juis minder mense by oorde. Baie mense (die meerderheid?) gaan wel op hol oor die virus, en ek dink al die (goedbedoelde) pogings om verspreiding van die virus te bekamp maak die paranoia nog erger. Ek sien SANPARKE het ook nou op die kar geklim (sien onder).A 

Middag vriende

Hoekom is dit so stil op die forum? Is julle bang die forum is gekontamineer met die Corona-virus.

Groete

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 17/03/2020 - 17:38

Hoekom is dit so stil op die forum? Is julle bang die forum is gekontamineer met die Corona-virus.

Lyk my so, gelukkig het Johann hom geblok en als verwyder. yes

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 17/03/2020 - 18:37

Wat ek so tussen die lyne lees is dit. Van ons maters is naief genoeg om prontuit te vertel dat die virus verspryding onnodig sensitief deur wetenskaplikes en instansies wêrelwyd hanteer word. Ek glo ons "powers to be" volg die voorbeeld wat globaal ingestel word. Deur te sê dat van ons " op loop gaan", sulke aanmerkings is myns insiens nie geregverdig nie, en ñ oningeligde persoonlike opinie.  

So, sou ek besluit om nie te gaan lunch by n gesellige eetplek nie, nie movies toe te gaan, nie onnodig in Malls rond te hang nie, beskou ek myself as n verantwoordelike volwasse persoon van gesonde verstand wat sy bes doen om sy beskye deel te doen en die toevaligge verspryding na my familie en geliefdes te verminder. Die is ñ hopelik onselfsugtige handeling van weereens "hopelike" korte duur.

Mooi loop.