TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

73268 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Môre môre julle almal,… Junie 2020 Koffie Kroeg Lapskag -52 minutes ago
Have a great day, and..... Junie 2020 Koffie Kroeg TWTFAWC -1 hour ago
Willem, ek het n halfliter… As die voggies min raak - so… neef Herman -1 hour ago
Hi Junie 2020 Koffie Kroeg Arie -1 hour ago
Hier word dit ook vinnig… Junie 2020 Koffie Kroeg Johann L -1 hour ago
More forum Junie 2020 Koffie Kroeg Sleep nou -2 hours ago
Môre môre!

Welkom winter! 
Junie 2020 Koffie Kroeg Voortrekker -2 hours ago

c

Mobiele netwerke?

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Mon, 16/03/2020 - 13:41
Forums

Die, het slegs indirek met kamp te doen, maar vir my, net vir kamp.

Ek het 'n Vodacom "prepaid" Huawei mobiele modem, die modem kan enige netwerk sim kaart gebruik.

Ons het dit Oktober laas gebruik en toe ek gister wil in log, werk dit nie. So is ons vanoggend Vodacom toe, ek het 14/03/20 1gig (R149.00) data op gesit, maar kon niks uit gerig kry met die ding nie.

By Vodacom sê hulle vir my, as jy nie elke (maksimum) 2 maande, data op sit nie, verval jou nommer, so ene T Khumalo het die geskenk gekry en niks wat ek daaraan kan doen nie.

Moes toe maar weer 'n nuwe sim kaart koop, en data laai, nou kan ek weer teen hoë spoed werk,  maar sal maar elke naand die minimum data op sit om te voorkom dat dir nommer verval.

Weet iemand van ander net werke wat langer tyd gee, voor die nommer verval?

 

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 16/03/2020 - 14:49

Ek het dit op 'n tyd ook by MTN gehad, die karavaan se nood nommer.  Toe maar gelos en een van die ander fone met 'n klein kontrak van R60 pm gebruik.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 16/03/2020 - 17:15

Ek gebruik ook 'n Huawei mobiele modem, maar op 'n kontrak met Vodacom waarvoor ek maandeliks per debietorder R129 vir 5 Gig betaal.  Myne is ook bedoel vir vakansies wanneer ons reis, maar ek (of my kleinkinders !) gebruik dit so tussen-in ook want dit is daar en klaar betaal.  Ongebruite data loop op vir 2 maande waarna die oudtste maand se oorblywende data verval.

Vir my werk dit uitstekend en is bekostigbaar.

Worcester

Wildehont

Mon, 16/03/2020 - 21:39

Dit het met my Vodacom voorafbetaalde nommer ook gebeur. Ek het nou ‘n Cell C kontrak wat maand tot maand loop . Vir R30 kry ek 500MB, 30 minute en 50 SMS’e. As die data of lugtyd op is kan ek nog koop soos ek dit benodig. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 17/03/2020 - 21:26

Is Cell C wat in 'n groot finansiële verknorsing is, se sein-verspreiding landwyd goed en stabiel ?  Ek weet hulle ry baie op MTN se netwerk, maar sukkel om hulle finansiële verpligting teenoor MTN na te kom.

Worcester

Wildehont

Tue, 17/03/2020 - 21:35

Ek is al 8 jaar op Cell C sedert Vodacom te duur geraak het. My vrou is op Vodacom so ek kan maklik vergelyk. Cell C gebruik Vodacom se netwerk waar hulle eie nie dek nie. Vodacom kry in sulke gevalle uiteraard voorkeur, so Cell C kry soms Edge ipv 3G as dit in ‘n afgeleë ligging is. Daar is egter nie baie plekke waar ons al was, wat dit die geval is nie (dat daar nie Cell C dekking is nie) en ons het al wyd gereis in die tyd. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 18/03/2020 - 09:03

Ek kry LTI hier by Buffelspoort met vodacom, en is baie tevrede net die spoed wat die modem internet data hanteer.

Sodra ek weer kans kry gaan ek 'n cel C sim kaart kry, dit kan geen skade doen nie, en tussen die drie vergekyk. Die fone is mtn, (ek dink nie ek kan hul opvangs met die Huawei modem vergelyk nie?) Die modem is nie "geblok",  dit kan enige netwerk vat. Dit is 'n grooterige modem met 2 x antennas (sulke kort plastiek "ore") nie daai klein magafters nie.

 

Waar my wa staan

Arie

Wed, 18/03/2020 - 10:17

ABSA het vir my ń selfoon gegee in 94 of 95 toe selfone uitgekom het. Dit was met ń Vodacom kontrak.

Toe ek aftree het ek die kontrak oorgeneem by Absa, ek is nog steeds by Vodacom met die selfde foon nommer.

Ek het later vir Petra ook n foon gekry op my kontrak en nog later ń modum met data.

My foon het 150 min lugtyd plus 2 gig data, Petra se foon dieselfde en die modum het 20 gig plus 10 gig naguil.

Ek het nog nooit pryse vergelyk nie, ek weet net ek kry top diens by Voda en daar is bitter min plekke waar ek geen ontvangs het nie.

Ek het nog bitter min klagtes gehad by Vodacom en waneer ek wel ń probleem gehad het was dit baie vinnig reg gestel.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 18/03/2020 - 12:15

Arie ja, ek het ook nog my oorspronklike Vodacom-nommer van die selfoon (Nokia) wat ek destyds by Absa gekry het, ook die kontrak oorgeneem en uitgebrei vir my annerhelfte en 'n mobiele data-WiFi modem.  Eweneens, kry feitlik enige plek in die land 'n Vodacom sein en het ook geen klagtes nie.  Selfs hulle "self help" app is baie gebruikersvriendelik.

Maar o weë, daardie Call Centre bly 'n nagmerrie  -  ek gebruik eerder die app of 'n Vodacom-Shop.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 23/03/2020 - 15:11

Ek het vir baie jare 'n MTN nommer gehad - 'n foon destyds deur my werkgewer verskaf. Kollegas met Vodacom-kontrakte, wat die diens van die maatskappy verlaat het, het geen probleme gehad om, met die skriftelike goedkeuring van die maatskappy, hul nommers te behou nie.

Met my aftrede het MTN net gesê ek kan nie my nommer behou nie - ten spyte van skriftelike magtiging deur my destydse werkgewer. Gevolglik het ek besluit ek sal (na jare se goeie diens) nie MTN verder ondersteun nie. Ek's nou bykans 5 jaar by Vodacom en ervaar wonderlike diens.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 23/03/2020 - 16:18

Moet erken, my vodacom modem se opvangs is uitstekend teenoor die MTN sel fone, weet nie of dit die modem se vermoe is nie, maar beter is dit beter.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 23/03/2020 - 17:15

Ons modem by die huis is Telkom, vat hom altyd saam.  My Disprin is ook saam Surette se foon op Telkom.  My foon is op Vodacom.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 23/03/2020 - 17:24

Neef verstaan nie die " modum" besigheid nie. Laptop het n ingeboude ding, en ek kan kies of ek wifi of vodacom data gebruik, selfde vir tablet, selfde vir foon. Niks word ingeprop of saamgedra nie. Of verstaan ek die gesprek verkeerd.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 23/03/2020 - 18:32

Fone en tablete werk met 'n sim kaart, dit is hul "modem", laptops moet na 'n wifi router toe koppel om wifi te kan hê, of na 'n sim kaart, om daardeur te koppel na die net. Tuis het ek 'n mweb wifi router wat deur adsl telkom lyn koppel, my fone en tablet koppel dan daar op, dit gee my baie hoër spoed vir interhet. Tans 4 meg per sekonde.

Jy kan kies op fone en tablette, wifi of mobile data,  om wifi te kies, moet jy na 'n router toe kan koppel, anders gaan jy net gewone spoed mobile data kry, wat af hang van die opvangs.

Mobile data is tans beperk tot LTE, wat hoogste spoed is, (baie laag vir Internet browsing) maar ware wifi kan selfs hoër as 100 gig per sekonde data hanteer. NASA gebruik die hoogste spoed, wat in daai omgewing is.

Ek is tans besig om oor te skakel na Vodacom vibre,  dit behoort binne die volgende week af gehandel te wees.

Dit is maar hoe ek dit verstaan, reg of verkeerd?

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 28/03/2020 - 07:34

Telkom opgeskort hier by my. Telkom het dit self be eindig en gese hul support nie meer ADSL (koper) nie. 

Die fiber manne se hul gaan nou eers in Augustus live gaan.

Het eergister my RAIN Sim kaart gekry. Het hom in n LTE wifi router gesit. Nogal heel gaaf so ver.

Dit is R479 month to month, uncapped, 10Mb, 24/7.

Gaan dit gebruik tot die fiber eendag in is.