TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

73266 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Willem, ek het n halfliter… As die voggies min raak - so… neef Herman -10 minutes ago
Hi Junie 2020 Koffie Kroeg Arie -56 minutes ago
Hier word dit ook vinnig… Junie 2020 Koffie Kroeg Johann L -1 hour ago
More forum Junie 2020 Koffie Kroeg Sleep nou -1 hour ago
Môre môre!

Welkom winter! 
Junie 2020 Koffie Kroeg Voortrekker -1 hour ago
Goeie môre Johann. 'n Mens… Junie 2020 Koffie Kroeg Dusty -2 hours ago
Goeie môre almal. Junie 2020 Koffie Kroeg Johann L -2 hours ago

c

Buffelspoort Maart 2020.

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Thu, 19/03/2020 - 08:57
Forums

En so kom ons aan ons laaste voldag by Buffelspoort, ongelooflik hoe vinnig tyd om gaan, veral as jy lekker kamp.surprise

Hier is so 25 karavane, en ons het heerlik gekuier. Die weer was great en die mense nog beter.

Ek sal op volgende insette fotos op laai, wil nie die eerste inset te lank maak nie.

Ons het hier mense van Australia ontmoed, jong mense wat agt jaar terug Melbourn toe emmigreer het, maar, die familie en natuur wink, hulle kom kuier gereeld.

Buffelspoort
A66, 'n "heel dag koelte" staanplek waar ons ontspan.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 19/03/2020 - 09:47

Seker weer gaan kamp  -  dié keer by Serengeti !

Willem, kry jy nie skaam nie, julle kamp darem hel baie !

Môre Johann

Het jy toe daai kombuisafdakkie gelig, soos jy oorweeg/beplan het?

So 'n koelte staanplek bly maar die 1ste prys.

Groete

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 19/03/2020 - 11:23

 julle kamp darem hel baie !

Dit is ons eerste kamp na Desember se kamp.  sad

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 20/03/2020 - 19:55

Wessel, dit lyk nie vir my of Johann daardie kombuis-afdakkie gelig het nie  -  hang iewat bak, maar dit lyk tog of dit hoër teen die wa vas is.

Ons sal maar moet wag om by hom te hoor.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 20/03/2020 - 20:37

Ja, ek het die dakkie heelwat gelig, ek wil nie die dak te styf span nie,  ek is bang dat reen dan terug loop karavaan se dak toe.  Soos dit nou is, loop die reen mooi aan die seil dak se kante af👍

Ek sal hier by die huis eksperimenteer met die spanning van die dakkie, die was die eerste kans wat ek gekry het nadat ek die moed by mekaar geskraap het om die gate hoër op te boor. Willem se waarskuwing van die paneel wat moontlik daar is, het toe waar geword, ek moes binne die kop kaste in poprivits vas kykcrying, maar sal vir my 'n netjiese "channel" maak om dit te versteek.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 20/03/2020 - 20:46

Wessel, daai koelte was 'n wenner, volgens die weer buro, sou die maksimum 26°C wees, maar ek ver6mied hulle was paar grade uit😃

Buffelspoort
Daar was die mooiste skoenlappers by die stroompie. 
Buffelspoort
Dit was die sterkste wat ek die stroom nog ooit sien vloei het.
Buffelspoort
Bos TV kanaal vuur, mooiste tv wat daar is.

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 20/03/2020 - 20:49

Spesiaal vir die mense wat graag tv skottels saam ry, hier was drie  van die....

Buffelspoort
Len, ek het spesifiek aan jou gedink toe ek die oulike patent sien,  kampeerders kan dink en planne maak.👍 

Len, geen bybedoelings nie.😀 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 20/03/2020 - 21:13

Nog so paar fotos.

Buffelspoort
Mooi sons ondergang

 

Buffelspoort
Water hou vir my 'n bekoring in.
Die stroom by Buffelspoort was nogal sterk.
Buffelspoort
Dit bly maar net 'n mooi netjies versorgde oord.
Buffelspoort
Die skoenlappers was volop.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 23/03/2020 - 09:22

.........Johann, ek het 4 jaar gelede ook by Buffelspoort gekamp en het dit ook 'n uitstekende, netjies versorgde ATKV-oord gevind.  Dankie vir die herinnering fotos.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 23/03/2020 - 09:49

Ek moet sê dit lyk baie oulik.  Die ou sit seker daai onderste raam bo op 'n bakkie ?

Dalk het jy gekyk Johann ?

 

Buffelspoort

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 23/03/2020 - 09:57

Willem die eet hok vou op, en hy sleep met 'n Vito bus, daar was ook 'n ander een waar die eienaar met 'n bakkie sleep. Kan dalk in die Vito pas, maar ook in die Exclusive.

Ek het gesien dat die kontrapsie twee wieletjjes aan een kant het,  baie oulike ding, maar nie vir my nie.