TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

73267 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Have a great day, and..... Junie 2020 Koffie Kroeg TWTFAWC -24 minutes ago
Willem, ek het n halfliter… As die voggies min raak - so… neef Herman -36 minutes ago
Hi Junie 2020 Koffie Kroeg Arie -1 hour ago
Hier word dit ook vinnig… Junie 2020 Koffie Kroeg Johann L -1 hour ago
More forum Junie 2020 Koffie Kroeg Sleep nou -1 hour ago
Môre môre!

Welkom winter! 
Junie 2020 Koffie Kroeg Voortrekker -2 hours ago
Goeie môre Johann. 'n Mens… Junie 2020 Koffie Kroeg Dusty -2 hours ago

c

Ongebruikte wasgoed lyn.

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Sat, 21/03/2020 - 16:21
Forums

Ek het 'n staan wasgoed lyn wat ons al jare gebruik, en ook een van daai wat so in die "extrusion" langs die karavaan in haak, laas genoemde doen dit nie vir my nie. Die week by Buffelspoort het ek gesien, ek kan nie sien nie😆, ek het 'n lig wat om 'n paal haak gebruik om saans lig te verskaf wanneer ons skottelgoed was. Vandag, terwyl ek die Penta skoon maak en weer reg pak, dink ek, ek wil nie die wasgoed lyn (die een wat aan haak) nie net saam ry nie, maar wil dit ook nie weg gooi nie. So kom ek op 'n gedagte, waarom nie die lyn weg gooi, en die twee stutte gebruik om lig houers mee te maak nie. Dit dan in die kombuis gebruik waar dit optimaal lig kan verskaf bo die opwas plek. Daar is reeds 'n 12v punt agter die Penta vir die water pompie. Het sommer gou die nylon lyn af gesny en gaan Maandag vir my twee ligte (12 volt) maak, sal foto plaas sodra dit klaar is.

Centurion

Dusty

Sat, 21/03/2020 - 20:37

Johann, ek het 2 klampe wat ook amper so lyk. Ek skuif dit weerskante van my venster in en hang dan 'n "kleetjie" aan dit om die wa te beskerm teen vet wat spat wanneer ons kos gaarmaak op die tafel naby die wa. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 22/03/2020 - 10:56

Johann, verstaan ek dit reg, jy soek lig agter waar jy skottelgoed doen ?

Ek het een van daai opvou rakkies wat ek daar agter aan hak waar ek 'n lig aan gesit het.  Dit hak aan daai agterste rail.  (Ek soek 'n ordentlike foto)

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 22/03/2020 - 12:11

Willem, ek sal 'n foto waardeer, ek krap nog bietjie kop met die lyn "brackets" nie so maklik nie.😀 

Ek gaan wag vir jou foto en dalk kopie regte skend😂

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 22/03/2020 - 13:05

Johann, dis nou nie die beste nie.  Die liggie is aan die onderkant van die boonste rak vas en hy bly daar.  Dit is 'n kort (200mm) LED strook met 'n skakelaar.  (Ek soek verder, weet ek het dit afgeneem)

Buite opwas rak

Die rak hak aan daai aluminium "U" strook waar die lig ook inskuif.

.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 22/03/2020 - 13:28

Dankie Willem 👍 

Ek sien jou dak is mooi horisontaal gespan, ek was maar skrikkerig vir dit, nou sal ek myne volgende keer ook so ordentlik span, ek het twaalf peeled rivits gebruik om die c-rail meet vas te sit,  glo nie dit gaan los kom nie.😀 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 22/03/2020 - 13:46

As die grond daai kant afloop werk dit mooi want dan loop die reën water af, maar ek span hom gewoonlik in 'n "A" of dan skuins na die pad kant van die karavaan.

.

.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 22/03/2020 - 17:49

Willem, dankie vir die fotos,  dit lyk baie netjies en ek gaan bietjie aanpas. Al wat moet gebeur, is 'n ekstra paal in die middel, en 'n gaaitjie om 'n regop paal by te bring👍

Dankie vir jou hulp sover, ek waardeer dit.