TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingsarrowarrow

66804 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ons volk weet van " 'n boer… Maart 2020 Koffie Kroeg Johann L -12 minutes ago
By "saam bid" is my… Slegs vir Christene om te… Johann L -14 minutes ago
Middag Wessel, my idee van… Slegs vir Christene om te… Johann L -17 minutes ago
koop Brent.


Ek het verlede…
Rommelstatus Wildehont -27 minutes ago
Geesie, hier na 5 dae kan… Tydens die "Lock down… Arie -2 hours ago
Jy ken jou geskeidenis nê!?
Rommelstatus Arie -1 hour ago
Was Rommel nie n Generaal in… Rommelstatus GeesWatWandel -3 hours ago

Staan Kampforum einde se kant toe ?

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Sat, 21/03/2020 - 20:01
Forums

So kan dit darem nie aangaan nie, allerhande verskonings is al uitgedink hoekom hier feitlik geen lekker en interessante gesprekke plaasvind nie.  Die enigste oplossing waaraan ek kan dink is om maar elders op sosiale media te gaan geselskap soek waar dit oral lewendig is.

Enige opinies hieroor ?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 21/03/2020 - 21:50

Len, dit sal regtig jammer wees as jy weg gaan,  maar solank ek hier kan insette lewer,  sal ek alles in my vermoë doen om gesêksskap te probeer stimileer.

Jou bydrae is waardevol, en ek glo, en hoop, dat jy jou plasing tong in die kies gedoen het.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 21/03/2020 - 21:54

Wil net byvoeg, ek het selfs probeer om 'n wes kaap saamtrek te reël, maar lyk my julle kapenaars is nie lis vir saam kuier nie.😀 

Dalk moet ek nog een probeer vir so oor, 6 plus maande, dan kan mense meer tyd kry om hul dinge te reel?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 22/03/2020 - 07:15

Hierdie is die enigste forum waarop ek in elk geval is, die ander foum loer ek so een keer in 'n blue moon op, face book doen ek so een keer in twee tot drie (selfs langer) maande, induen ek baie verveel is,  wat min gebeur.

Facebook is in elk geval net 'n skinder, lieg en bedrieg, twak praat, politieke modder gooi, en rumours versprei spul gemors. Ek het jare terug alle geintreseerdheid verloor. Dit is immer hoe ek dit ondervind, en my opinie.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 22/03/2020 - 07:24

'n Mens het ongetwyfeld "seisoene" in sy lewe - bedoelende dat sekere dinge op sekere stadiums van jou lewe meer gewig dra of lekkerder is om by betrokke te wees. Ek wonder of dieselfde nie min of meer tot 'n mate op o.a. forums betrekking het nie.

Neem bv. die Sanparks forum, een van die eerstes waarby ek betrokke was. Dit was eens 'n aktiewe forum, maar is nou maar redelik gevrek. WegSleep se forum het doodgeloop. Hierdie forum (Kampforum) is tans nie naastenby dít wat dit eens was toe ek aangesluit het nie. CaravanParks.com se forum gaan nog aan, maar dit frustreer ook maar die spreekwoordelike wit waks uit my uit met sommige deelnemers wat die grootste klomp bollie-insette lewer.

Kom ons wees eerlik met mekaar - as dit nie vir die Koffiekroeg-draad is nie, gaan hier maar weinig aan op onse forum. En ek is sekerlik ook een van die skuldiges wie se insette afgeneem het.

Ek weet nie wat om voor te stel nie, maar ons sal iets dramaties moet doen om weer lewe hierin te blaas as ons enigsins verlang dat hierdie forum sinvol voortgaan.

Met alle respek teenoor Johann L - saamtrekke gaan dit nie doen nie. Kyk na die oënskynlik geslaagde saamtrekke wat WegSleepforum gehou het en wat uiteindelik maar met die forum gebeur het. 

Ek 's dalk soms te uitgesproke en moet dalk my hart van my mou afhaal. Dit laat my net soms in troebel waters beland (eintlik ligtelik gestel). Dit het al meegebring dat ek soms gevoel het dat nou't ek my snater te groot oopgemaak. Ek dink aan my bydraes tot die godsdiensdebat en die keer toe ek gedurf waag het om my opinie oor die toekoms van hierdie land uit te spreek (lees: my negatiewe siening). Maar as jy jou wil uitgee vir 'n toffie moet jy bereid wees om gekou te word. 

Ek kan nie help om grootliks met Len se standpunt saam te stem nie. En gaan ek dan ook gegroet word? Ek wonder.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 22/03/2020 - 07:37

Het juis gisteraand net na die plasing, weer op 'n ander forum gaan in loer, klink my admin het klomp mense geban na al weer 'n gefaait, en dit lyk asof daar nou meer "Anomous" persone is, sien baie bekendes en berugtes is nou skoon weg. (Nog net een wat maar graag kanne man stook wat ook nou baie rustiger is)

Admin moes 'n lang waarskuwende brief op sit,  ag nee regtig, hier gebeur nie sulke kleinlike dinge nie, ons is mos volwasse.

Niks fout daarmee om op klomp forums te wees nie,  maar los ander forums, op ander forums.

Ek vermoed op een of ander draad was dasr ook klippe na ons kant toe gegooi, volgens Admin se brief.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 22/03/2020 - 11:06

Ek geniet dit hier en ja ek lewer ook nie op elke draad my siening nie en plaas nie altyd nuwe gesprekke nie.

Die ander forum (julle ken hom) daar mag jy nie 'n ander forum se naam noem nie en daar is groot bollie.  Hoekom weet ek nie want soms is dit nodig om na 'n ander forum te verwys om gesprekke aan te help eerder as om die gesprekke oor te dra.

Hier sal ek ook soos op die WegSleep forum vas byt tot die einde.

Middag vriende 

Mis ek iets, ek vind dan geen fout met die forum nie. 

Ek lees te lekker aan die resensies, aan die raad wat gedeel word. Ek vind dit voordelig om deel te kan hê aan so 'n poel ervaring en ondervinding, waar almal mekaar ondersteun.

Die vraag is egter'

1] wat wil die lede van die forum hê

2] is insette beperk tot sekere onderwerpe, met sommige taboe soos kerk en politiek.? Gewoonlik lei dit tot onsmaaklikhede

3] OF--oordonder sommige van ons die toneel.? Wat weerhou forumlede om daadwerklik aktief betrokke te raak.

4] Is ons te fyn van nerf, en neem aanstoot, of bloot net gat wipperig.

5] Of, is die meeste lede net te besig omdat hulle nog voltyds in 'n beroep is.

Dit sal jammer wees indien lede net gaan verdwyn, want hulle insette sal gemis word. Ongelukkige is ons deel van 'n demokratiese samelewing, en almal kan maar hulle keuses uitoefen aan deelname aan enige beweging.

Groete, 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 22/03/2020 - 15:34

Genugtig, en daar groet Anton my sommer en Johann spreek sy vertroue uit dat ek nie sal weggaan nie !  So maklik raak niemand sommer van my ontslae nie !

Ek wou graag Kampforum 'n bietjie wakker skut en lyk my die opskrif van die draad het dit nogal reggekry.  Al wat ek gesê het as niemand hier op die forum wil gesels nie, moet 'n ou maar seker op ander plekke gaan geselskap soek.  Dit beteken mos nie noodwendig jy vat jou goed en loop nie. 'n Mens het mos baie vriende op baie plekke wat jy kan gaan opsoek vir geselsskap.

Ek sien daar is 6 ouens aanlyn op die forum  -  weg is die dae toe ons gespog het 21 mense is aanlyn.

Maar nouja, so is dit maar seker.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 22/03/2020 - 15:39

Ek aanvaar jy vra nie vir my nie, ek het van geen "ander forum" gepraat nie

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 22/03/2020 - 18:03

 Aaah  CP.com   Die forum met al die stuck-up mense en eienaar wat dink hy is die hond se bollie?

Ek het onderstaande aanhaling juis vanaf die CP.com forum ge-"copy" en ge-"paste". Inteendeel, dit blyk dat deelnemers eerder aangemoedig word om na ander forums op hul naam te verwys.

I’d like to also just point out something that has been bothering me quite a bit. Some members tend to mention “the other forums” or “those members from the other forums”, like it’s a crime. I’d like to see less of this. We are not in competition with others, there is no first place here. We are a family who all love this industry, some more than others, but you get the idea. Don’t talk down to someone who might prefer the other forums to this one. To each their own. We need to respect this and behave accordingly.

Ek kon sedert my deelname aan CP.com se forum nog nie agterkom dat hulle enigsins negatief is oor Kampforum nie. Ek kan nie van lank gelede getuig nie. Ek is sedert 30 Apr 2015 (bykans 5 jaar) 'n lid van hulle forum. Ek kon nog nooit van hulle bestuur se kant af iets negatiefs bespeur nie. Van ons ander forumlede het dalk 'n ander  ervaring. Dalk is ek verkeerd.

Ek wil dit eintlik nie sê nie, maar ek vind (tussen 'n klomp bollie wat deur sekere individue van tyd tot tyd kwytgeraak word) 'n meer lewendige en sinvolle forum as wat tans die geval op Kampforum is.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 22/03/2020 - 18:59

Dankie Chris...................... !

Kyk nou net waar gaan draai die gesprek terwyl ek graag wil hê daar moet meer op Kampforum gesels word.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 22/03/2020 - 19:11

Nou kom ons maak nog 'n draai😄

Toe ek nog op cp forum was, het ek, en ander, na Kampforum.co.za verwys, na gesprekke hier, die hele draad was sumier verwyder sonder om redes te verskaf. 

So was daar al baie gesprekke verwyder sonder verklarings.

Maar, dit daar gelaat, ek is bly Len kuier nog hier, sy insette is mos waardevol, en altyd positief.

Len, hoeveel dae nog tot julle wild tuin toe gaan?  

Antwoord asb op jou draad, ek wag👍

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 22/03/2020 - 19:17

Chris, ek lees jou, en stem saam.

As jy verskil van iemand, verskil ten minste met "dignity", moenie persoonlik raak nie. Ek glo dit is ons almal se houding hier.

Ongelukkig is dit 'n feit soos 'n koei,  gevegte lok skares. (Met die Korona virus, bly ek maar liewer weg van skareswink)