TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingsarrowarrow

66805 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
My vrou sê, sy wil vir my 'n… Tydens die "Lock down… Johann L -4 minutes ago
Ons volk weet van " 'n boer… Maart 2020 Koffie Kroeg Johann L -26 minutes ago
By "saam bid" is my… Slegs vir Christene om te… Johann L -28 minutes ago
Middag Wessel, my idee van… Slegs vir Christene om te… Johann L -31 minutes ago
koop Brent.


Ek het verlede…
Rommelstatus Wildehont -41 minutes ago
Geesie, hier na 5 dae kan… Tydens die "Lock down… Arie -2 hours ago
Jy ken jou geskeidenis nê!?
Rommelstatus Arie -1 hour ago

Kampeer tydens Korona

Worcester
Submitted by Wildehont on Sun, 22/03/2020 - 10:17
Forums

Ons het in Januarie reeds plek bespreek by Suikerbossie op die Koue Bokkeveld vir die komende naweek. Hulle het ‘n e-pos uitgestuur om aan te dui dat hulle steeds oop is. Hier is ‘n uittreksel uit die skrywe:

Please read below and take the necessary precautions if you decide to visit us.
Goeie dag,
Ons hier op Suikerbossie het ons en u gesondheid op 'n hoë prioriteitslys, daarom hoop ons om hierdie virus van die plaas weg te hou en doen ons bes om dit nie in te bring nie. Ons glo dat u dieselfde voorsorgmaatreëls sal tref en nie sal kom as u enige van die simptome het nie. Ons weet dat almal bietjie moet kom ontspan in die son en weg van die gewoel van die stadslewe af kom, maar Suikerbossie sal ekstra voorsorg tref.
• Bring u eie alkoholbasis vir die ontsmettingsmiddel en was gereeld u hande.
• Julle moet ook asseblief self verantwoordelikheid neem by die openbare badkamers.
Ons kampeerterrein het nie meer as 100 mense nie, en ons individuele kampeerplekke is nie oorvol nie. Alhoewel ons lief is om mense met die hand te groet, doen ons dit nie as u aankom nie. Ken ons harte.
Vrywaring:
Ons aanvaar nie redelikheid vir u gesondheid nie. Dit is u besluit om na Suikerbossie te kom. Weet dat die gesondheid van ons en ons werker 'n hoë prioriteit is, en ons hoop dat u verantwoordelik sal wees om nie na ons te reis as u simptome het of kontak met 'n persoon met 'n infeksie het nie. Julle sal as julle hier inteken, teken vir hierdie vrywaring en dat julle verstaan.
Lees hieronder en neem die nodige voorsorgmaatreëls as u besluit om ons te besoek.

Daar volg dan inligting oor die virus. 
 

Ek het gister alleen gaan inkopies doen vir die komende week en gaan môre werk maar ons gaan dalk van die huis af begin werk. Ons beplan egter om steeds te gaan die naweek maar ons het vir die kinders verduidelik dat ons by ons self sal hou en waarom. Soos ek al genoem het sien ek kampeer nie as ‘n hoë risiko aktiwiteit nie en sal sorgsaam wees om nie te meng met ander nie. Ek hou by voorskrifte om verspreiding te bekamp maar gaan nie nou ‘n totale kluisenaar raak en ophou leef nie. Hoe voel julle daaroor?

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 22/03/2020 - 10:29

Ek deel jou sentimente 100%. Ek gaan nou wel nie kamp nie, maar vertrek eerskomende Saterdag Noord-Kaap toe waar ek 'n saadbehandelingsmasjien by Modderrivier moet gaan kalibreer. Ons is bespreek by Travalia gasteplaas by Drie Susters vir Saterdag- en volgende Dinsdagaand. Sondag- en Maandagaand bly ons by Mosu Lodge in Mokala Nasionale Park oor - vanwaar ek Maandag sal ry Modderrivier toe (terwyl Ralie haarself by Mosu moet "vermaak").

Dit gaan onwillekeurig deur jou kop dat jy akkommodasiegeriewe gaan gebruik wat andere voor jou gebruik het. Ons sal dieselfde maatstawwe handhaaf t.o.v. higiëne as wat kampeerders moet doen. Inteendeel, ek reken jy is met kampering minder blootgestel as verblyf in vaste akkommodasie. 

My sienswyse is dus - gaan geniet Suikerbossie. Jy weet mos wat jy en jou gesin moet doen om julself te beveilig.

Waar my wa staan

Arie

Sun, 22/03/2020 - 11:09

Hier waar ons nou staan het hulle die volgende reels in plek gesit.

Hier is twee gekwalifiseerde verpleeg susters wat alle kampeerders se temp sal scan twee keer per week.

Werkers se temp word elke dag as hulle inkom ge- scan.

Enige nuwe kampeerder se temp word ook by aankoms ge scan.

Enige besoekers wat wil kom kuier, kinders, kleinkinders en vriende moet ń vraelys voltooi en temp word ook ge- scan.

Verder verwag hulle ook dat ons self disipline aan die dag sal lê om persoonlike higiene toe te pas.

Badkamers sal twee keer per dag ontsmet word, en ons is gevra om wasbakke ens met sanitere ontsmet middel te spuit voor ons dit gebruik.

Indien die susters enige simptone by jou bespeur, sal bestuur jou na die plaaslike hospitaal neem vir toetse. Indien positief sal elke geval individueel behandel word.

Klink vir my reg en pro- aktief?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 22/03/2020 - 11:22

Ja ons kamp by Serengeti het ons gemis maar dit was omdat Surette nie lekker was/is nie.  Hoop om van die 3 April plek te kry om dan te gaan kamp vir ons oorspronklike 7 nagte bespreking.

Ek verneem die Junie skool vakansie gaan verkort word met 7 van die 9 dae wat nou verloor word en 2 dae in September.  Hoop net hulle vat die laaste 7 dae van die Junie/Julie vakansie want die begin is reeds laas jaar bespreek en betaal.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 22/03/2020 - 13:22

Chris WH, ek stem volkome saam met jou siening, ek erken, dat ek aanvanklik lughartig / traak-my-nie-agtig jeens die virus was, maar met al die verwikkelinge rondom dit, het ek my opinie aan gepas. Gaan steeds nie soos 'n kluisenaar leef nie, maar gaan ook nie roekeloos wees nie.

Ons gaan soos normaal aan met ons persoonlike higiene, al wat verander het, is ons ontsmet nou meer gereeld ons hande, veral as ons in openbare areas was.

Ek het gister vir ons 'n 5 liter houer met 71% alkohol ontsmettings middel in gaan koop, dit is vir ons, en ons kleinkinders.(Al hoe wel my dogter reeds addisionele voorsorg vir haar tweetjies getref het)

Kampeer tereine is veiliger as vaste verblyf, dus glo ek Chris Boucher gaan ook ekstra voorsorg tref.

 Chris en Chris geniet geniet jul reise, jul uitkyk is reg. 

Arie, dit is baie bedagsaam van die oord om sulke addisionele maatreels te tref, 10 uit 10 vir hulle.

Centurion

Voortrekker

Sun, 22/03/2020 - 18:09

Nee wat Suikerbossie, mense wat besmet en aansteeklik is kan vir 'n lank tyd rondloop, kamp, publieke storte gebruik ens. sonder dat hulle nog enige erge simptome wys.   Die idee dat mense moet wegbly eers as hulle simptome wys is in my opinie 'n bietjie absurd?  Ek kan verstaan dat die oord hulle inkomste is en dat hulle graag mense sal wil aanraai om dit te besoek sodat hulle nie finansieël skade lei nie, maar so 'n tipe plek sal 'n hoë risiko geval bly? In my opinie is die enigste tipe kamp wat veilig is die tipe een wat afgesonder is sonder afhanklikheid van publieke badkamers en toilette  - soos die offgrid mense daarvan hou.  'n Oord wat ook gebruik maak van werkers wat publieke vervoer gebruik skuif natuurlik die risiko nog verder op?

Ek ken nou ongelukkig nie die oord wat as voorbeeld gebruik word hierbo nie en my opinies mag dalk glad nie van toepassing wees op hulle nie?   Ek sal persoonlik nie in huidige omstandighede gaan kamp in enige oord waar ek afhanklik is van publieke geriewe nie, veral nie badkamers en toilette nie!   

my 2 sent

 

Worcester

Wildehont

Mon, 23/03/2020 - 08:23

Ons stort en borsel tande in die Kavango en het nou ‘n porta loo aangeskaf ook. Vir nr 2 sal mens steeds egter die openbare geriewe moet gebruik en dit ontsmet vooraf (wat ek in elk geval altyd doen met openbare geriewe). 
Daar is nou gissinge dat die president vanaand ‘n lockdown gaan afkondig. Ek kan nie sien hoe dit in SA suksesvol afgedwing gaan word nie maar ‘n reisverbod is seker redelik afdwingbaar. Ek het nou daardie opgewonde skoolseun gevoel wat ek altyd voor ‘n kampnaweek kry so ek sal teleurgesteld wees indien dit gebeur maar sal dit gehoorsaam en dan maar in die tuin tent opslaan die naweek. Gelukkig het ek nog twee boogtente. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 23/03/2020 - 09:13

......is die belangrike om in alle opsigte (insluitend kampering) alles menslik moontlik te doen om nie net self die virus op te doen nie, maar ook om nie jou medemens te infekteer met die virus nie.  Ons vertrek oor 'n maand Kruger Wildtuin toe en het reeds 'n tyd gelede begin om risikos te vermy dat ons die virus kan opdoen, maar is deeglik bewus daarvan dat indien ons tog die virus sou opdoen, dat dit vir 'n geruime tyd in ons liggame kan sluimer voordat dit met simptome uitbreek.  Sou ons suksesvol kan volhou om risikos te vermy en ons toon oor die volgende 5 weke steeds nie simptome nie, is die kanse redelik skraal dat ons die virus onderlede het. Ons hou juis ons vriende en familie waarmee ons gereeld omgaan dop en die geringste teken van 'n risiko sal ons ons planne in heroorweging neem.

Indien dit moontlik gaan wees en die Regering vaardig nie 'n reisverbod uit nie, gaan ons voort met ons beplanning Kruger Wildtuin toe einde volgende maand.