TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

73268 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Môre môre julle almal,… Junie 2020 Koffie Kroeg Lapskag -48 minutes ago
Have a great day, and..... Junie 2020 Koffie Kroeg TWTFAWC -1 hour ago
Willem, ek het n halfliter… As die voggies min raak - so… neef Herman -1 hour ago
Hi Junie 2020 Koffie Kroeg Arie -1 hour ago
Hier word dit ook vinnig… Junie 2020 Koffie Kroeg Johann L -1 hour ago
More forum Junie 2020 Koffie Kroeg Sleep nou -2 hours ago
Môre môre!

Welkom winter! 
Junie 2020 Koffie Kroeg Voortrekker -2 hours ago

c

SANPARKE.

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Mon, 23/03/2020 - 07:14
Forums

Ons nationale parke is vir Suid Afrika 'n groot toeruste atraksie, en Kruger is sekerlik die grootste. Dit is iets wat ons almal na aan die hart lê.

Daar is nog altyd voorvalle waarby predatore in oorde, sowel as in personeel dorpies voor gekom het, my siening is dat dit meestal voorkom kon word.

Die probleem, glo ek, is nie die personeel so seer nie, (hul is nie 100% onskuldig nie) maar eerder toeruste wat, terwille van selfsugtige redes, die diere voer, en so dan die diere se natuurlikr vrees vir die mens af breek.

Ek kry gereeld e-posse van "Latest Sightings" met pragtige video clips, maar het ook al paar keer gesien dat predstore geskiet is omdat hulle 'n gevaar vir mens in oorde / dorpies in gehou het.

Wat is jul opinie van hierdie probleem, hoekom voel jy so daaroor?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 23/03/2020 - 07:44

My opinie is dat die aangeleentheid betreffende "gevare van wilde diere binne-in ruskampe" heeltemal op sosiale media oordryf word.  In my 51 jaar van Kruger Wildtuin-besoeke het ek so 'n geval nog nooit teëgekom nie.  Daar het natuurlik oor die jare heen 'n klompie sulke gevalle voorgekom, maar hierdie paar gevalle teenoor die derduisende aande wat besoekers rustig en sonder enige gevare in ruskamp kon tuisgaan, is 'n bewys daarvan dat die saak sensasioneel oordryf word.

Worcester

Wildehont

Mon, 23/03/2020 - 08:13

Mense se selfsugtige en oningeligte aksies kan vir seker van wilde diere “probleemdiere” maak. Ek het vir meer as twee jaar in Botswana by lodges gewerk en gebly. Daar was nie heinings om kampe of personeelverblyf nie. Ons het net ‘n hoë elektriese heining met twee toutjies gehad om olifante uit te hou maar enige ander dier kon daar onderdeur loop en ons het dit net snags opgesit om te voorkom dat die pypneuse aan bome in die kamp kom vreet en skade veroorsaak. 
Daar het uit die aard van die saak allerhande diere om en soms deur die kampe beweeg en ons het saans saam met gaste geloop met ‘n .458 geweer en flitslig. As groot roofdiere naby die kampe rondgehang het, het ons hulle verwilder deur op hulle af te loop en vir hulle te skree. Ons wou gehad het hulle moet weet ons bly daar en dat hulle nie daar welkom is nie. Ons het nooit ‘n aanval op ‘n mens gehad deur roofdiere nie. By ‘n buurkonsessie het hulle die diere laat begaan omdat dit lekker vir die toeriste is. Daar het die een trop leeus (wat uit 26 individue bestaan het en bekend was daarvoor dat hulle gereeld seekoeie gevang het) eendag ‘n kelner platgetrek nadat hy begin hardloop het toe twee jong mannetjies hom bekruip het. Hy sou hulle maklik kon verjaag maar toe hy hardloop het hy soos prooi opgetree en prooi geword. Die kelner is dood en twee leeus geskiet. Die dominante mannetjie is weg en ons het hom nooit weer gesien nie. 
Selsugtige toeriste wat diere voer in die Kruger en ander parke, en kos afval oor die heinings gooi lei daartoe dat die diere hulle vrees vir mense verloor en mense as ‘n bron van maklike kos begin sien en dan ‘n oorlas raak. Ek glo daar moet strenger teen sulke mense opgetree word, maar SANPARKE is toerisvriendelik. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 23/03/2020 - 08:14

Ek wil nie my eie gesprekslyn kaap nie, maar sosiale media, in die algemeen, is 'n euwel, enigste voordeel, is dat mense maklik en vinnig gekontak kan word. Dit daar gelaat.

Die insidente in Kruger, waarvan ek bewus is, is min, maar in sommige gevalle is swak instandhouding van omheinings die oorsaak. Hier blameer ek personeel, maar ook die voer van diere deur toeriste. Geen insident behoort plaas te vind nie,  maar dit is wens denkery.

My persoonlike opinie is toeriste moet lewens lank verban word as hul gevang word deur kos uit te gooi vir diere, alle diere ingesluit. Dit is ook waar die bobbejane en ape se mak maak begin het.

Primmates is meer hanteerbaar en minder gevaarlik as predatore, maar nou kom die menslike faktor in, ape word verwilder, maar leeus word gedood. Ek verstaan dat leeus gevaarliker as ape is, maar laas genoemde is volop waar leeus, luiperds ens lae getalle het. 

Ek sien uit na 'n lekker uit ruiling van standpunte, hoop net deelname is lewendigyes

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 23/03/2020 - 08:35

................dat die mense se optrede die oorsaak is van wilde diere wat nie meer 'n vrees vir die mens het nie.  Vandat ek kan onthou is die reël in Kruger om nie diere te voer nie  -  ek pas dit getrou toe en het my kinders ook so geleer.  Selfs nie eers die bosbokkie wat hier by jou tent kom inloer vir 'n beskuitjie nie, ook nie voëls nie.

My punt is, hierdie nare gebruik deur besoekers aan die Kruger Wildtuin sal NOOIT verander nie en daar sal maar daarmee saamgeleef moet word.  Dink net mooi prakties daaroor, hoe op dees aarde sal SANparke dit ooit regkry om elke aand, by elke ruskamp se heining, meter vir meter, gelyktydig teenwoordig te wees om mense wat kos oor die heining gooi, vas te trap.  Dis 'n saak van onmoontlikheid.

Secunda

Sleep nou

Mon, 23/03/2020 - 08:45

Dis so aangeblaas deur die media en ja hou op om die diere te voer maar die begensel verstaan die mensdom nie

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 23/03/2020 - 10:46

.... dit is wensdenkery dat die ongeoorloofde praktyke van onwettig diere voer ooit uitgeroei sal word. Vir sommige oorsese toeriste is dit 'n groot attraksie as die aap kos uit hulle hand kom vat. Die res van die geselskap se kamera's kliek onophoudelik wanneer dit plaasvind Ek het waargeneem dat dit grootliks toeriste van lande uit die ooste is wat hulle hieraan skuldig maak.

Maar wanneer dit kom by die voer van hiënas anderkant die draad, is dit grootliks Piet, Paul en Klaas van plaaslik. In Letaba het ek verlede jaar opgelet dat 'n "groot" (bedoelende 'n senior) omie homself voor sy karavaan op 'n gemakstoel teenaan die draad tuisgemaak het en letterlik 'n voerplek vir die hiënas gemaak het. Dan wil mens jou mond oopmaak, maar ter wille van jou eie vrede bly jy maar stil. En die volgende twee aande toe's die hiëna's in die kamp. Dan voel jy of jy die betrokke omie agter die kop wil gaan klap.

Dit is een van die hoofredes waarom ek nie graag teen 'n kamp se grensdraad kamp nie. Eerstens wil ek nie geassosieer word as 'n moontlike hiëna-voerder nie. Tweedens het ons eenkeer in Skukuza teen die suidelike grensdraad gekamp. Dit was 'n lieflike staanplek tussen twee groot tambotiebome. Maar o wee, daar het dag na dag 'n hiëna teen die draad kom lê en wag om gevoer te word. Sommer helder oordag. Maar het die ding gevrot!! Jy't sommer jou eie eetlus verloor.

Ten spyte van kennisgewings wat oral in alle ruskampe opgesit is dat mense nie hiëna's moet voer nie, bly dit 'n probleem. Ek onthou dat jare gelede was dit algemeen om in die wildtuin amper soortgelyke kennisgewings te sien met 'n aap wat omkring is met 'n skyfskietteiken. Die woorde daarby was: "As jy hom voer teken jy sy doodsvonnis".

Met ons eerste woonwa-vakansie in die wildtuin, kamp ons destyds (1994) in Letaba. Ons kom toe agter daar is redelike bedrywigheid voor teen die grensdraad en stap toe ook in daardie rigting. Daar aangekom, sien ons twee hiëna's teenaan die draad. 'n Jong seuntjie (toe seker so 6/7 jaar oud) klim toe teen die draad op. Toe Ralie hom waarsku dat die hiëna sy hande kan afbyt, is sy woorde: "Aag dit is dowe woorde". Ons het maar afgelei dat dit seker iets is wat sy ouers vir hom by geleentheid sê. Hulle het met 'n groot CR (registrasienommer) "camper" gery. Ons het hulle daarna, selfs met volgende besoeke, weer in die wildtuin gesien en hulle die bynaam van "Dowe Woorde" gegee.

Maar ek voorsien dat dit maar 'n probleem in die wildtuin sal bly.

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Mon, 23/03/2020 - 16:48

...in Kruger nie, dis maar die geval in al die parke, of enige ander plek waar mens en dier met mekaar in aanraking kom.

Ons het by Dikbaardskolk piekniekplek in die Kgalagadi gesien hoe 'n man 'n jakkals met 'n stukkie braaivleis nader lok en die dier dit naderhand letterlik uit sy hand neem. Toe hy daarop gewys word dat dit verkeerd is en daartoe kan lei dat die dier dalk vankant gemaak moet word het hy onge-erg sy skouers opgehaal en gesê "So what, almal doen dit". Daar is agterna, met fotobewyse, op Nossop 'n klagte teen hom gelê. Hy het'n groot lawaai opgeskop toe die parkbestuurder hom daaroor aangespreek het en hom vertel het dat hy beslis 'n boete opgelê gaan word. En toe dreig hy sowaar ook om die parke te boikot! Die parkbestuurder het bloot sy skouers opgetrek en net gesê "Jy's welkom meneer". 

Voorverlede jaar het ons weer by Nossop by die nuwe staanplekke met eie ablusieblokke gekamp. terwyl ek gestaan en braai het, het my vrou vir my gesê om agter my te kyk en daar, 'n skaars 4 tree weg, het die jakkals houtgerus vir my lê en kyk.

"

By Stormsrivierbrug het 'n bobbejaan 'n dogtertjie van ek skat so 5 jaar oud se roomys by haar afgevat. Toe sy weerstand bied het hy haar omgestamp en dit gevat. gelukkig is sy nie gebyt nie.

Dis natuurlik nie die enigste reël wat in ons parke oortree word nie. Daaroor kan ek (en ek weet elkeen wat die parke gereeld besoek) hoofstukke skryf. Die ergste wat ek egter gesien het, was so 'n ent buite Mata Mata (weereens Kgalagadi) waar ons saam met nog so 3 ander voertuie na leeus gesit en kyk het. Langs ons het het die bestuurder van 'n bakkie sy deur oopgemaak en 'n klein seuntie laat uitklim.  Ons kon ons oë nie glo nie. Die kind het agterom die bakkie gestap en die ander 2 seunties agterin die kappie beduie om vir hom oop te maak. Hulle het net gelag en geweier. Die ma het uitgeklim, soontoe gestap en luid op die 2 agterin geskree, waarop die een leeuwyfie gesteurd haar kop opgelig het en in hul rigting gekyk het. My vrou het haar daarop gewys dat sy dadelik in die voertuig moet klim en ook vir haar gevra of sy bewus is dat die res van die trop agter ons lê. Dit het hulle baie vinnig in die bakkie laat inklim. Feit is egter dat, sou daardie wyfie gestorm het, ek dit baie sterk betwyfel of sy betyds in die bakkie sou kon klim

 

"

 

 

 

 

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 23/03/2020 - 17:08

Die mense is roekeloos agterlosig, onverantwoordrlik om die minste te sê....as daai leeus hul instinkte gebruik het, was daar weer 'n hengse bohaai daaroor, en dit was die mens se stupid optrede.