TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingsarrowarrow

66804 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ons volk weet van " 'n boer… Maart 2020 Koffie Kroeg Johann L -10 minutes ago
By "saam bid" is my… Slegs vir Christene om te… Johann L -12 minutes ago
Middag Wessel, my idee van… Slegs vir Christene om te… Johann L -15 minutes ago
koop Brent.


Ek het verlede…
Rommelstatus Wildehont -25 minutes ago
Geesie, hier na 5 dae kan… Tydens die "Lock down… Arie -2 hours ago
Jy ken jou geskeidenis nê!?
Rommelstatus Arie -1 hour ago
Was Rommel nie n Generaal in… Rommelstatus GeesWatWandel -3 hours ago

BUNDU draagbare kamp gas geyser - Ons wag Len..

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Mon, 23/03/2020 - 13:40
Forums

(Voor ek begin, ek weet 'n mens spel "geyser" in Afrikaans "geiser", maar dit voel nie vir my lekker nie !)

As jy dalk by Cash Converters of iewers anders rondloop, wees tog asseblief op die uitkyk vir my vir 'n gebruikte ALVA draagbare kamp gas-geyser.  Gumtree het twee opgelewer, maar beide was ongelukkig reeds verkoop.

Ek loop met 'n plan rond om my Exchusive se gebrek aan 'n gas-geyser te oorbrug.

Middag Len

Die maklikste "plan" is om sommer soos ander ouens in die ablusieblokke te gaan stort.devil

Jy gaan 'n klomp geld spandeer, jou wa se waarde verdubbel, en jy gaan dit nie verhaal nie.smiley

Groete

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 23/03/2020 - 14:57

Len, hoekom kyk jy nie eerder vir een soos wat ek in my Exclusive het nie, hy is krag (220) en gas en hy is die selfde soos joune.  Dalk kan jy een by 'n plek kry waar 'n woonwa (klink beter as karavaan) afgeskryf is ? 

Hier is my geyser se data plaatjie.
.

Dit is vir my baie snaaks, jou ouer Exclusive het net 'n 220 geyser maar 'n 220/gas yskas, myne is weer net andersom met 'n 220 yskas en 'n 220/gas geyser.

Ek sien op Hansen se web (skakel) hy lyk nou anders en is net 14L.

Miskien moet jy julle vra of hulle nie nog 'n ou model een het soos myne nie ?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 25/03/2020 - 07:25

Jammer Willem, sien nou eers ek het nog nie gereageer nie.

Ek kan nie 'n Hansen gas/220v geyser (soos joune) installeer nie omdat my elektriese geyser onder die bank (langs die groot hangkas) teenaan die binne-modderskerm (wat binne-in die bank is) geplaas is.  Ek kan dit nie met 'n gas-geyser vervang nie, omdat die binne-modderskerm verhoed dat die geyser se gas-uitlaat na buite kan kom. Jou gas/220v geyser is onder die agterste bank teenaan die badkamer-muur gemonteer om 'n uitlaat na buite moontlik te maak.  Ongelukkig is my "mover" se kontrolekas en battery net mooi daar gemonteer.

Omdat ons net soms (eintlik min) kamp waar daar nie krag is nie, het ek gedink 'n draagbare, mobiele Alva gas-geyser sal ideaal wees om net "in-te-prop" vir daardie uitsonderlike gevalle waar ons sonder krag kamp.  Ek wil ook nie'n fortuin spandeer op iets wat ons net nou en dan gaan gebruik nie en daarom soek ek maar 'n gebruikte eenheid wat in 'n drasak verpak word wat ek agter-in die P/F kan vervoer. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 25/03/2020 - 07:40

Frikkadel, daardie Bundu Shower (sonder die stortkop, pyp en verlengings) sal ideaal werk, maar die prys van R3000 plus maak dit nie die moeite werd vir net dan en wan se gebruik nie.  Ek het egter nou twee 2de handse gas-geysers waarvoor ek op die uitkyk kan wees  -  baie dankie vir die link.

Wat lekker is van die Bundu is dat hy bykans geen onderhoud vereis nie, verder sy eenvoudige ontwerp wat hom jare sal laat hou.

Hy is n biki duur vir n daler, al negatiewe punt, maar ek dink daar staan dalk een wat niksdoen in n gewese kamper se pakkamer....

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 25/03/2020 - 14:31

Frikkadel, ek het nou 'n 2de handse een (10 maand oud) opgespoor vir halfprys  -  spook nog 'n bietjie met die verkoper.  Het ook met die vervaardiger gepraat, maar hy wil nie net die "geyser" gedeelte verkoop nie, want dis al wat ek nodig het.

Ek kyk dus nog die kat uit die boom uit.

Waar my wa staan

Arie

Wed, 25/03/2020 - 14:35

Oom Vleisbaletjies ek gaan nou ń Len op jou trek! Ek is maar dom met afrkaans en veral die spelling maar jy begin nou met nederlands DAN kan ek kritiseer; ek neem aan met daler bedoel jy eintlik "daalder?" Die heel korekte woord is eintlik "ryksdaalder" Dot is ń nederlamdse muntstuk vroeer jare baie vervals maar die vervalste munte was dikker as die egte.

Jy kon dan voel as iemand jou ń vervalste munt aanbied vandaar die spreekwoord "Dit is ń bietjie dik vir ń daalder" Word nou gebruik as iemand vir jou ń liegstorie opdis. Voorbeeld sou iemand vir jou sê" Toyotta is beter as Ford" dan sal jy geregverdig wees om vir hom te antwoord met "Daai stelling is bietjie dik vir ń daalder!"

Dus jy kan nie sê iets is duur vir ń daler nie.

Sorry Len kaap ek nou jou geyser se draad.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 25/03/2020 - 14:55

Jissie - nou wonder ek hoekom nou juis die Ford/Toyota vergelyking? Iemand (ek dink Anton) het nou die dag gesê Len hou daarvan om te "stir". Maar dêmmit - ek weet van nog iemand wat lief is om te "stir". 

Dankie vir daardie uiteensetting van die spreekwoord: ""Bietjie dik vir n daalder". Nooit kon dink waar dit vandaan kom nie. Darem geweet dat 'n daalder was 'n Nederlandse munt.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 25/03/2020 - 15:50

Ek het toe wraggies 'n 10-maande oue Bundu Shower vir R1200 gekoop ! 'n Nuwe een kos R3195 en die huidige eienaar verkoop bloot omdat sy nuwe kampwa reeds 'n ingeboude stort met warmwater het.  Nou moet ek net die ding by my kry vanuit Centurion en koerierdienste is oor die "lock down" tyd gesluit !

Ek hou julle op die hoogte met hierdie projekkie.

Ns.  Ek wysig sommer die opskrif van hierdie draad.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 25/03/2020 - 16:11

So lyk die Bundu-gas-stort.  Ek benodig eintlik net die blink silinder-pyp wat op 'n gasbottel indraai en dan gaan ek die Exclusive se kouewater-lyn herlei na die silinder se inlaat, onder aan die linkerkant.  Die warmwater uitlaat, links bo, koppel ek aan die Exclusive se warmwater-lyn na die badkamer.  Dan moet ek 'n kraantjie op die elektriese geyser se warmwater-uitlaat invoeg sodat dit toegedraai kan word as die water met gas verhit word.  Dit sal voorkom dat kouewater uit die nie-werkende elektriese geyser in die warmwaterlyn gepomp word.

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 25/03/2020 - 16:13

Chris WH, ja ek kan dit doen, maar ek sal graag die spulletjie vooraf wil toets om seker te maak alles werk.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 25/03/2020 - 18:42

Len, kan jy nie net 'n stort kop koppel en hom deur die venster gebruik nie ?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 25/03/2020 - 20:07

Baie maklik Willem  -  dit kan so gedoen word.

Maar dan moet ek iewers nog 'n bron van water aanlê, miskien 'n tuinslang van die oord se kraan of 'n waterkan, maar dan kort daar ook 'n eksterne pompie om die water uit die kan te pomp.

Ek wil eerder 'n soort van 'n permanente storie hê  -  ek wil net as ons iewers nie 220v vir die elektriese geyser het nie, die Bundu uit sy drasak haal en dit met twee pype aan die Exclusive se warm- en kouewater inprop en die Bundo "op-fire" .  As 'n karavaan-kraan iewers opgedraai word, pomp die Exclusive se pompie die kouewater in die watertenk deur die Bundu waar dit verwarm word en anderkant uit tot by die stort in die badkamer !

Dit móét mos werk !  Ek raak nou eers opgewonde en moet nou 21 dae wag om die Bundu hier gekoerier te kry.  Ek sal maar intussen die Exclusive se pypwerk aanpak.