TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

73394 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou ja, as daar nog iemand… Oor ditjies en datjies Len Loader -1 hour ago
Goeie middag Kampforum !

Ek…
Junie 2020 Koffie Kroeg Len Loader -1 hour ago
Mirrag! Junie 2020 Koffie Kroeg Voortrekker -1 hour ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -3 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -3 hours ago
Toer Om SA - Dag 19 Hollies en Glynis Hollenbach Willem Brits -3 hours ago
Toer Om SA - Dag 18 Hollies en Glynis Hollenbach Willem Brits -3 hours ago

c

Christene bemoedig mekaar.

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Fri, 27/03/2020 - 10:11
Forums

Ek begin graag hierdie draad vir ons as kinders van die Almagtige God, ons wat in Jesus Christus glo. Ek voel dat ons mekaar in hierdie tyd kan ondersteun en moed in praat, sonder om  verskoning te moet maak vir ons geloof. 

Ek wil mooi vra, dat niemand aanvalle loots nie, geen persoonlike opmerkings maak nie, en geen anders denkendes se deelname dmv snedige insette nie.

Indien u verskil van opinie, doen een van twee dinge

1. Verskil op 'n mooi manier.

2. Hou verby.

 Anton, sou jy voel die draad moet skuif, of verwyder word,  asseblief doen dit sonder huiwering. 

Centurion

Voortrekker

Fri, 27/03/2020 - 10:38

Dankie Johann.     

Ek dink darem nie daar is enigsins nodig om verskoning te maak vir jou geloof nie.     Ek praat graag saam en deel my persoonlike vertroue in God hier op hierdie draad.

As mense nie wil lees oor ons uitkyk op sake nie sal ek maar aanraai om verbou te hou en hierdie draad net eenvoudig te vermy.

Waar my wa staan

Arie

Fri, 27/03/2020 - 10:52

Johann dit is nooit nodig om verskoning te vra oor jou geloof  of oortuigings nie.

Ek is nou  baie bly dat die Vader vir ons ń leier gegee het wat ń Christen is en dat hy nou in die tyd sy ware leierskap kan openbaar. C R kpn nog nooit vandat hy oorgeneem het werklik doen wat hy wou nie, die Zume faksie was met te sterk teen hom.

Ek is vol vertroue dat ons Vader ons sal dra deur hierdie moeilike tye, Hy sal nooit sy rug op ons draao nie!

Johann dankie vir die skep van die draad.

Ons het gister 6uur saaam met ons bure n gebed kring begin, elke ou het vrywilig gebid, een na die ander.

Al hoe meer mense het gehoor wat hier by my kamp aangaan en nader gestaan, hande geneem en saam gebid.

Die gebede het aamgehou tot kort voor 7 uur! Dit het my so bemoedig!

Ek wil tog graag vra dat julle die menae in Zim ook in jul gebede hou. Daai regering het nie die geld en/of die wilskrag om doe pandemie te hanteer nie.

Ons is erg bekomerd oor ons vriende en familie daar.

Ongelukig glo hulle lands leiers hulle ook nie regtig steur aam ons Vader nie!!!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 27/03/2020 - 13:44

Gister het hoendervleis gekry toe die radio stasie die gebed van Lindie Styrdom uitgesaai het toe volg die volkslied.  Gedurende daai tyd was ek ene hoendervleis en die radio buite was kliphard gewees.  Klik op die skakel en luister gerus.

Skakel 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 27/03/2020 - 15:26

Dankie Anton, ek voel dat ons as Christene mekaar moet bemoedig, vir mekaar (en ander) moet bid. 

Die vorige draad het ontaard, en dit was so onodig, daarom, my inleiding, dat; as jy nie van iets hou nie, hou asb verby, moenie aanval nie. (Ek hou niks van konflik nie😉)

Hierdie is soos in die Bybel geprofeteer is; daar gaan pes siektes kom wat een derde fan die mens gaan uit wis, daar gaan rampe voorkom en net die wat die geloof behou gaan die lewe behou. Hiermee sê ek nie, geen Christenis gevrywaar nie, 

Ons moet vir Cyril Ramaphosa bid dat hy die regte besluite sal neem. 

Waar my wa staan

Arie

Fri, 27/03/2020 - 16:18

Johann net so moet ons bid vir al ons gesondheids werkers wat daagliks in direkte kontak met die virus is.

Ek haal my hoed af vir hulle, ons moet bid dat die Vader hulle besketm en krag gee om voort te gaan met hul groot taak.

Ons moet bid vir ons dr.s en wetenskaplikes vir wysheid en insig om teen middels vir die pandemie te vind.

Dit is nou al heeldag nat en koud hier Petra het vir ons ń groot pot Glu Wine gemaak met baie rum in. Maak mens lekker warm en vernietig sommer alle viruse.

Ek soek nou net ń plan hoe ek vir almal in die oord so bietjie kan aanstuur?

Centurion

Dusty

Fri, 27/03/2020 - 16:46

Ons het ook saam gisteraand net na 6 ons huisgodsdiens gedoen soos wat ons ook elke aand saam is . In die oggend doen ek dit op my eie want die huismense slaap dan nog. Ek glo dat wanneer ons almal saam bid dat ons ook op so 'n manier nader aan mekaar beweeg.

My pa het ons so groot gemaak en ek het dit weer aan my kinders oorgedra. Dit is vir my lekker om vanuit die Woord te kan gesels. 

Ek glo ook dat ons geloof en liefde in die Vader ons ook hierdeur sal dra. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 27/03/2020 - 20:06

Interessante draad  -  ek hou daarvan !

'n Paar opmerkings om oor te gesels terwyl Suid-Afrika en die wêreld in groot, baie groot, nood is :-

  • Ons land se leiers het ons voorbidding nodig om SA deur hierdie krisis te lei
  • Ons mediese personeel het ons voorbidding nodig om veilig bewaar te word in hul pogings om almal wat geïnfekteer is, te help en te versorg
  • Die mense in hoëdigdheid gebiede wat onverantwoordelik is, of onkundig is, of wat nie instaat is om afsondering toe te pas nie, het ons gebede nodig om ook veilig bewaar te word.  Veral daardie verantwoordelike mense wat noodgedwonge tussen die onverantwoordelikes moet probeer oorleef.

En nou, ek kritiseer nie, ek vra net : probeer ons nie God manupileer indien ons op sekere ure almal saam moet bid tot God om ons nood te verlig nie  -  is 'n gesamentlike gebed harder en duideliker vir God om te hoor as my stille gebed in my binnekamer ? Hoekom gebruik ons sosiale media om almal op ons kontaklys te vra om op 'n sekere tyd te begin bid  -  is dit 'n beter, harder gebed wat God makliker sal hoor ? Ek wil sommer self antwoord :  ek glo nie dit is die bedoeling nie, maar hoekom doen ons dit dan ?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 27/03/2020 - 20:48

My dogter is verplig om te werk,  sy sê sy was verbaas hoeveel mense in die sg township nie bewus was van wat aan gaan nie.  Hulle het vandag patrollies gery, en in haar sone was dit, asof dit 'n normale dag is.

Hul grootste problerm was om die mense in te lig, slegs een arrestasie.

Ons moet bid, die Here het gesê, ons moet Hom soek en Hy sal ons antwoord. (Eie woorde).

Ons polisie, weermag, mediese werkers en almal wat hul lewens waag om wet en orde te handhaaf, het ons gebede nodig. So ook ons leiers, of ons vir hulle gestem het of nie,  hulle is ons leiers, en ons moet vir hulle bid, dat God hulle sal lei, en bewaar. 

Ons kerke is ook gesluit, en ons gemeente het 'n "daaglikse manna" groep op whats app gestig. Die doel is sodat ons Pastoor ons, en ons hulle kan bereik,  vir gebed en berading waar nodig.

 

Waar my wa staan

Arie

Fri, 27/03/2020 - 20:57

Len persoonlik glo dat God elke gebed aanhoor selfs daai in waar jy so met Hom in jpu gedagtes gesels 

Ek hou van saam bid alleenlik omdat dit my so lekker gevoel van meelewe met my mede Christene gee.

Gisterasnd weer gesien waar ons so beurte maak om spotaan te bid, die volgende persoon vra vir iets wat dalk van vergeet het.

Ek is nie so goed met woorde en kan dinge nie so mooi logies uiteensit soos jy nie, maar ek glo jy verstaan wat ek bedoel.

Verder help dit ook vir ons as mens om nader na mekaar te leef, en dit is iets wat ons wereld brood nodig het. Om net weer te bessef ons is nietig en nie naastenby so wonderlik as wat ons graag wil glo nie.

So saam bid maak dat pns verby status, kleur, geslag en al daai labels wat ons tog so lief is om aan mense te hang.

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 27/03/2020 - 21:29

Len, ek gaan probeer om jou te antwoord.

My gevoel rondom "saam bid" op spesifieke tye, gaan oor die saam bind van mens, in 'n gemeenskaplike doel, en dit is om ons self, as eenheid, teenoor God te veroodmoedig, dit is vir my soos om kerk toe te gaan. Ons kan hy ons huis, in ons binne kamer ook bid, ons moet, maar ons gaan kerk toe om 'n boodskap te kry,  om saam, as 'n eenheid te bid.

"Waar twee of meer in My naam vergader, daar sal Ek wees...." (weereens, my eie woorde). 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 27/03/2020 - 22:07

Johann, ja ek self het BAIE tekortkome en daarom stem ek saam met "Waar twee of meer in My naam vergader, daar sal Ek wees...." 

Die op Groot FM was vir my 'n boodskap nie net gir jy alleen nie maar vir almal wat ingeskakel was en ook vir die wat dit later gehoor het.  Ek dink dit is goed om die boodskap goed te verkondig.

Ek is nie een vir die straat hoek prediking nie maar Groot FM het my laat gesef daat is baie wat nie die nodige altyd kry nie.

Wees in jouself in vrede.

Centurion

Voortrekker

Sat, 28/03/2020 - 06:21

God is groot!  Aan Hom die eer!   

Mense kan in hierdie tye waar baie onsekerheid en vrees elke dag oorheers, werklik met oortuiging weet dat daar toevlug is in God!   Meer as net toevlug.  Vreesloosheid en sekerheid en opgewondenheid en 'n deelname in oorwinning!  Nie oorwinning van 'n virus nie, maar 'n algehele oorwinning saam met Hom vir al sy kinders.  Heel belangrikste natuurlik oorwining van die dood!

Moenie vrees nie en moenie bekommer nie want in God se hande sal elkeen van sy kinders toegevou word!

Die mense wat nie in Hom glo nie en hulle sekerheid en toevlug in hulself en in menslike dinge probeer vind moet maar aanhou lewe in vrees en onsekerheid en ek weet nie hoe sulkes oorwinning van die dood sal kan behaal nie?

Centurion

Dusty

Sat, 28/03/2020 - 07:02

Anton dit is so waar. Ek dink nou aan die liedjie wat God se liefde beskryf. Die een wat sê dat jy nie oor, onder of verby dit kan gaan nie maar net deur dit. 

Ons as gesin is nie bekommerd oor enige iets nie. Ons vertrou op die Vader en glo dat wat ook al gebeur is in Sy hande. Ons weet Hy is met ons, in goeie tye sowel as in tye wanneer dit nie goed gaan nie. Dit is soos die verhaal van die twee rye voetspore. Op die oomblik is daar net een ry voetspoor want Hy dra ons. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 28/03/2020 - 07:58

Mag God die Vader, Jesus die Seun ons bewaar deur hierdie tyd, mag die Heilige Gees ons lei in die tyd, en vorentoe.

Deur Sy genade is ons oorwinnaars.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 28/03/2020 - 09:33

Ek is 'n ou wat baie versigtig is om Bybel-versies, sonder die omringende konteks, aan te haal om te pas by 'n standpunt wat ek huldig.  Maar tog, twee jaar voor my aftrede verplaas my werkgewer my van Zimbabwe na Angola.  Ek en Mammie besluit toe dis so naby aan my aftrede, ons trek amptelik van Zim na Kaapstad waar ons van voorneme was om af te tree en ek sal alleen vir twee jaar in Angola gaan werk. So het ons toe gemaak, Mammie Kaap toe en ek Angola toe waar ek vir twee jaar in hotelle moes "woon"  -  kon darem elke drie maand by die huis gaan kuier !

In dié eensame tyd het ek dikwels toevallig (regtig toevallig ?) op verskillende Bybel-tekste afgekom wat my (en Mammie in Kaapstad) deur hierdie moeilike tyd gedra het.  Ek het hierdie tekste voor in my Bybel aangeteken en kyk nou die dag weer daarna : perfek van toepassing op ons huidige Corona-virus pandemie !  Hier is so een of twee voorbeelde :-

  • 1 Petrus 5:7  -  Werp al julle bekommernisse op Hom, want hy sorg vir julle
  • Psalm 23:4  -  Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my
  • Spreuke 3: 5-6  - Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie.....

En so kan ek aangaan  -  hoop nie dit klink te dweperig nie, maar ek is so bly ek kan van hierdie dinge verseker wees.

En nou moet ek gou die swembadhek gaan afskuur en nuut oorverf !

Môre vriende

Sit so en lees aan almal se nsette, en skielik wonder ek;

hoekom beperk die titel se bewoording die draad tot "slegs christene"?

Moet dit nie juis oop wees vir almal om te lees, te bedink en dan soos oorspronklik voorgestel, op 2 maniere te reageer nie?

Die doel/opdrag van Jesus was immers ---gaan en verkondig, en maak dissipels. Dia eintlik al wat ons moet doen, as iemand wil "verby hou", is dit sy saak.

Mag die Almagtige God ons beskerm in die tyd, lees gerus Jesaja 26 vers 20. 

Groete 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 28/03/2020 - 15:57

Middag Wessel, my idee van die gesprek lyn was om onenigheid te probeer voorkom, sou iemand nie soos ons voel nie, en lees, dan het so persoon reeds die hoodsksp gekry. Dit geld in albei rigtings.

Ons wil juis nie twee stryd hê nie👍

Wat Jesaia betref, net 'n opmerking, sien dit as toevallig, of as 'n lig punt.

Jesaja 26 vers 20. 

Jesaja 26 vers 20 : 26 Maart 20,  

Gaan in julle slaapkamers in, my volk, sluit die deure agter julle toe. Kruip 'n rukkie weg totdat God klaar is met straf.