TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74310 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dis nog nie buitensporig… Geniepsig Wildehont -51 minutes ago
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -2 hours ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -4 hours ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -3 hours ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -4 hours ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -7 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -6 hours ago

c

Lock Down verby waar kamp jy

Secunda
Submitted by Sleep nou on Thu, 30/04/2020 - 10:21
Forums
Sit ek hier en dink by myself sodra lock down verby is waar slaan ek my tent penne in eerste dit sal by De Voetpadkloof se boskamp en dan my jaarlikse velof sodra ons oor grense kan gaan wil ek by Eiland staan vir n maand wat se jy waar wil jy graag eerste kamp na die langgg lock down tydperk

Môre Shaun

Ek is geboek en vol betaal vir 9 aande in wille Krugertuin, vanaf middel Julie. Ek wil dit nie te vêr rugbaar maak nie, want dan verleng die d....nrs die inperking tot daarna.

Ek staan 1ste aand in Maroela, dan skuif ek Balule-kampie toe, en laaste aand in Krokodilbrug. Vandaar gou-gou op N4 terug huis toe.

Ek sien uit na die wegkom, veral om my nuwe laaistelsel en 320 watt sonpanele te gebruik. Ek het nog net dit so effens ingespan by die huis om batterye gelaai te hou.

Ek het ongelukkig my Kalahari vakansie gemis, maar gaan dit bloot skuif na Mei 2021.

Groete

 

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 30/04/2020 - 11:48

Moet sê, die idee van n seevakansie begin lekker klink. Buffelsbaai dan Stormsrivier. Van daar na Addo, Kamdebo, Bergkwagga, Karoo en dan huistoe. So maand kan werk.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 30/04/2020 - 13:00

Ons is bespreek 2 - 11 Oktober in die Karoo Nasionale Park. Ek hoop maar net dit sal realiseer.

Worcester

Wildehont

Thu, 30/04/2020 - 13:24

vir 9 aande in wille Krugertuin, vanaf middel Julie.

Ons bespreking vir 11 aande is van 6 Julie af maar ek kan nie sien dat dit gaan realiseer nie. Die aantal infeksies kan nie anders as vermeerder van nou af nie en dus gaan die inperking nie sodoende verslap word dat ons deur 6 provinsies sal mag reis om van die bespreking gebruik te maak nie. Ek wil nie die bobbejaan agter die bult gaan haal nie, maar ek glo nie ek gaan hierdie jaar die wildtuin se bobbejane te sien kry nie. Die eerste jaar van my lewe wat dit sal gebeur. 
Ek hoop maar ons mag Desember ons bespreking in Kgalagadi gebruik. As die grense dan al oop is dink ek gaan ek sommer die toer uitbrei om Mokala voor en Mabuasehube na die SA kant van Kgalagadi in te sluit.  

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 30/04/2020 - 13:59

gaan ek sommer die toer uitbrei om Mokala voor en Mabuasehube na die SA kant van Kgalagadi in te sluit.  

.... was jy al in Mabuasehube? Dit is 'n gedeelte van Kgalagadi wat ek só graag sal wil sien. Toe ek nog my vorige Hilux gehad het ('n 4x4) het ek my voorgeneem om o.a. daarnatoe te gaan sowel as om die Baviaanskloof te doen. Daar het egter dadels van gekom. En nou's ek terug by 4x2 en skryf daardie plekke maar op my maag. 

Waar my wa staan

Arie

Thu, 30/04/2020 - 15:47

Ja wat ek sit ook maar geduldig, gedienstig en gedwee en wag om te sien wat gaan gebeur?

My deposito by Moreson geskuif na 2021 winter.

Klaar ons koppe rondom die ding dat ons dalk maar tot Kersfees hier gaan bly.

Net baie bang dat die wa se steadies gaan wortel skiet?

Ek vermoed dit sal staal wortels wees, so ek sal maar met ń grinder moet afsny.

My seun vertel my vroeer vandag, met die wat hy nie sy fabriek gaan oopmaak nie raak hy nou erg kriewelrig om so by die huis te sit.

Hy het toe maar sy boswa om die huis gestoot en toe gevoel of die bearings warm word. Blykaar was hulle nog koel, hy was so spyt anders kon hy darem die bearings vervang.

Worcester

Wildehont

Thu, 30/04/2020 - 16:07

Oom Chris, ek en my vrou was Desember 2007 in Mabuasehube. Ons het een aand by Twee Rivieren, drie aande Mata Mata en drie aande by Nossob gestaan en is toe deur na Khiding vir ‘n aand en nog ‘n paar aande by een van die panne. Ons was net voor Kersfees daar en daar was 24 Desember niemand anders behalwe ons nie. Dit was baie lekker en ek sal bitter graag weer wil gaan. Met die dik sand het mens definitief 4x4 nodig. My Fordjie is gelukkig ‘n viertrek. 
Baviaanskloof is ons in 2016 deur vanaf Willowmore na Patensie. Ons het nie geslaap in die wildernisgebied nie (wat ‘n fout was) aangesien ons oudste toe net 1 was. Die westelike deel is toeganklik sonder 4x4, en mens kan selfs die eerste deel van die wildernisgebied maklik bereik met ‘n 4x2 bakkie. Ek sou dit aanbeveel. Alhoewel daar boerdery is buite die wildernisgebied is dit steeds baie mooi en voel soos ‘n ander wereld. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 30/04/2020 - 16:39

Ek beplan ook niks, wag om te hoor wst gaan met die skole gebeur ?

Hoop ons kan Desember Namib toe gaan ?

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 30/04/2020 - 16:42

As jongman, toe ek 'n tegniese veldbeampte by die destydse Droëvrugteraad was, het ek by twee geleenthede vanaf die westekant tot by Studtis gery. Daar was 'n klompie appelkoosboere in daardie omgewing wat belanggestel het om hulle vrugte te begin droog. Die ou klein stukkie van die mak gedeelte van die Baviaanskloof wat ek gesien het, was besondere mooi wêreld. Vandaar die wens om eendag deur die hele kloof te kan ry.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 30/04/2020 - 19:24

Ek sit ook maar net en wonder of die Penta weer die jaar by die erf gaan uit kom, sal maar wag en sien wat die regering mee speel.

Secunda

Sleep nou

Fri, 01/05/2020 - 19:51

Ja ons almal se reelings onver gegooi maar kyk sodra grense oop is laat waai ons almal en slaan penne in braai so konings en kamp soos konings

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 06/05/2020 - 05:45

Ek het nou amper elke naweek "gekamp" by die huis. smiley

Gister het ek Froggy terug getrek op sy staanplek, tot ek weer n regtige kamp kan doen.  Dalk Gariep of Vrededam, sal nog besluit.

Ek het plek bespreek by Clarens, maar dit is nie vir kamp nie, maar is by Kiara lodge. Dit is in Augustes en ek wonder of die plekke al gaan oop wees teen daai tyd. Ons gaan dan saam met vriende bietjie ontspan, weg van die huis af.

Ek kry elke jaar n gratis week van die Holiday klub. Ek behoort nie aan hulle nie, maar n vriendin van ons doen. Sy gaan elke jaar saam met ons Hartenbos toe en dan betaal ek vir al haar kostes, soos verblyf, uit eet, ens. Dan gee sy vir ons punte vir n week. Sy sê sy gaan dit in elkgeval verloor.

Moet sê ek sien uit na die braai en uiteet in daai omgewing.

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 06/05/2020 - 06:04

Daar is n groot uit tog van die Rand af na Clarens oor naweke, mens sukkel om parkeering te kry in die dorp.

Gewoonlik braai ons naweke en gaan dorp toe in die week. Eet gewoonlik n lekker ontbyt en hoofmaal in die dorp.

Môre vriende

Ek was verlede jaar ook Oos Vrystaat toe, met 'n besoek aan Clarens. Om doodeerlik te wees, afgesien van die natuurskoon is daar niks wat my teruglok na Clarens spesifiek nie. Waaroor is almal so gaande oor die plekkie?

Ek het nog net in die winkeltjies by Cullinan ook soveel snert, en snuisterye te koop gevind. 

Behalwe vir Golden gate, watter ander kampeerplekke sal julle aanbeveel. Ek het laasjaar in Meiringskloof gestaan. Pragtige natuurskoon, maar die ablusie kort werklik aandag.

Groete  

The chances are pretty good that I will survive until December, then If I can actually find it, I'm thinking of the Richtersveldt, sommer kamp net waar ek wil soos hulle se "boon-docking", and living out the back of the Landy, like I did in the mountains last holy-day.....

 

Ooooooo in about the early 1990's (thereabout) I went down to Golden on  my Vespa, and did a little hiking round there....

Clarance....Filthy dirty getting to the town, then I stopped for a toasted chicken & mayo at a pavement cafe, the blooming think came with a table spoon of mayo-chicken between soggy half toasted bread and a bill for R35 !

I very pointedly told them what they could do with their bill and their "chicken-mayo"....

Then I also visited acouple of those arts &crafts shops, and here is what boiled my cylinder head...

R3000.00 for a machine turned, (not hand cut) wooden salad bowl, with some small holes through, turned upside down, some different lengths of fishing gut passed through and on the end of that some different lengths of aliminium tubes, so it was used to make a wind-chime...

R3000.00 ..... ARE THEY INSANE?

See the problem is, Clarance is on the tourist bus-route, so every tourist that travels through there stops off and wanders through the craft shops And with the exchange rate,tourists don't feel the crunch like we do.... But I said to the propriter.... You guys are doing everybody a massive dis-service.... Tourists that travel are wealthy enough to travel, and they got wealthy by knowing the value of money, never mind the exchange rate... It's this kind of rip-off that tourists take back with them and tell their friends that SA is a rip-off....

Yes I agree, Clarance? not on my list of must do...... Golden gate? beautiful! Well worth the effort of going there, but for me? Once only, lots of just as spectacular places to get to see....

Like Hotazhell........ Hehehehehehehe That was a top punt van disapointment.... Long story of a vespa, a littel dog, 40Kg of camping stuff and a trip round SA from JHB to Port Noleth, to CT to Ritchads bay to All days and back to JHB..... .....behind that lille "adventure"