TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74310 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dis nog nie buitensporig… Geniepsig Wildehont -1 hour ago
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -3 hours ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -4 hours ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -4 hours ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -5 hours ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -7 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -6 hours ago

c

Mei 2020 Koffie Kroeg

Centurion
Submitted by Dusty on Fri, 01/05/2020 - 05:20
Forums

Goeie môre almal.

Die eerste dag van Mei maand en die eerste dag wat die inperk tyd gelig word na vlak 4

Geniet ook die vakansie dag

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 01/05/2020 - 05:39

Goeie môre Kampforum !

Ek sal maar alleen hier in ons kompleks gaan stap want :

  • Ek het nie 'n hond om mee te gaan stap nie
  • Mammie sal nie voor 09:00 op, "gespit en gepolish wees nie.

Ek sal maar my verkeerde mediese masker dra want ons trippel-lapmaskers word eers vanmiddag afgelewer.

Ek sal ook eers na aflewering van die lapmaskers Builders Warehouse toe kan gaan want daar móét jy glo 'n lapmasker dra om op hulle perseel toegelaat te word.

Ek glo dit gaan 'n heerlike vakansiedag wees, só anders as al die ander afgelope dae !

Bloemfontein

Lapskag

Fri, 01/05/2020 - 07:24

Goeie môre julle, dit gaan nog goed hier, hoop ook so daardie kant. Len, vir die gryskoppe is dit mos elke dag vakansie dag, maar ook elke dag n werksdag, hang net af hoe jy voel daai dag wink

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 01/05/2020 - 07:33

Goeie môre almal, geniet die eerste dag van;  

Mei 2020

Vlak 4 (vir die onder 60, en die wat werk toe mag gaan)

Len, is dit nou nodig om van BWH te praat, ek mag nie oor die rivier gaan nie - ek is te oud, ek is gekeer deur prov. grens, hier is nie 'n BWH naby aan my kant van die rivier nie, naaste BWH is 110 Km ver in Kroonstad! !!

 

Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 01/05/2020 - 07:36

Level 4 het aangebreek. Vir hoelank weet ons nie.

Geniet die vakansie dag en wees veilig

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 01/05/2020 - 08:00

Oom Len, oom is ouer as sestig, maar nee, wil nie luister nie, builders toe moet daar gegaan word, in die strate moet daar gestap word.

Jy weet, vandag se oumense, geen ore nie. Seker maar omdat hul heeldag op hul selfone besig is en al die invloede daar. 

Dalk moet die regering hulle selfone sensuur!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 01/05/2020 - 09:52

Ja ek moet ook 'n "floater" gaan kry vir die swembad en Surette soek skaap vleis.

Geniet die nuwe maand voluit in vrede.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 01/05/2020 - 11:09

Willem, hier in Sasol is EEN slaghuis, hy vra sy monopolie rand per Kg, sy pryse is bedoel vir dokters, advokate en skat rykes. Ons slagter vir die gewone man op "straat" is ander kant die &$#@ rivier. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 01/05/2020 - 11:17

Surette sê FLM (Food Lovers) se prys is glo nie te sleg nie ?

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 01/05/2020 - 11:55

Ek is nou nie juis 'n "groeter" op hierdie forum nie, maar "goeiedag hier uit Kleinmond". Ek neig om 'n bietjie in die verlede te leef tydens die 'lockdown' en kan nie help om pal daaraan te dink dat verlede jaar hierdie tyd vir my lekkerder was as tans. Vandag 'n jaar gelede (1 Mei 2019) was ek oppad vanaf Letaba na Shingwedzi en het op min of meer hierdie tyd wat ek nou hier tik, op Mopani se restaurantdek gesit en uitkyk oor die Pionierdam - terwyl ons 'n lekker "brunch" geniet het en na die olifante se kaperjolle in die dam gekyk het.

Mopani

Ons het die aand in Shingwedzi oornag.

Shingwedzi

Geniet julle dag.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 01/05/2020 - 14:53

Willem,  Sasol het net een slagter, en dit is 'n privaat eienaar. Geen ander in die dorp nie. Ek sal Heilbron toe moet ry en vir paar mense moet kry om dit die moeite werd te maak. Hierdie ou vra so R20.00 oer kilo meer as die slagter waar ek gereeld koop.

Gelukkig het ons vleis vir so week, plus heelwat wors.  

Waar my wa staan

Arie

Fri, 01/05/2020 - 15:08

Johann, val wors nie onder groente nie?

Die enigste produk wat vleis noem is bees, skaap en vark.

Al die ander klasifiseer ek as groente?

En dan hierdie nuwe verskynsel, vark nek vark pens rib  en nog sulke snaskse goed wat ek van tyd tot tyd by die slagter sien, nee ek sit nie my mond aan daai goed nie! O ja, sosaties en enige germarineerde vleis laat ek naar verby gaan!

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 01/05/2020 - 16:11

Arie, ek sien maalvleis, wors en vis ook as groente, en ek hou nie van groente nie,  maar hierdie wors word deur 'n plaas boer hier kort duskant Heilbron gemaak, en dit is vrek lekker.

Hy maak kaas wors, sosatie wors,  en ook heerlike braai wors, die eet ek baie graag, saam met vleis.

Vark sal ek eet, as daar nie bees of lam beskikbaar is nie,  hou nie van die smaak van vark nie.

Centurion

Voortrekker

Sat, 02/05/2020 - 06:09

Môre môre!  Dis alweer Saterdag!   Ek moet vandag klere was ens. en dan sal ek seker weer moet braai en bier ook drink.   Geniet hom!

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 02/05/2020 - 07:44

Ek maak gou reg om tydens antie Nkozazana se vergunningstydjie te gaan stap. Daarna kry ek nog die geleentheid om op my eie grasperk te kom op en af stap terwyl ek die grassnyer ook stoot. M.a.w. vandag kry ek goeie oefening.

More mense met die groot pense

Myne is darem in die proses om kleiner te word. Sedert 10 Feb tot afgelope Maandag het ek darem al 12.1 kg weggegooi. Snaaks genoeg, die gesig lyk al bietjie kleiner, die broeke begin soos sakke hang, maar die pens krimp maar stadig. Ek hoop om binnekort ook deel te wees van

 die daar sonder