TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74310 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dis nog nie buitensporig… Geniepsig Wildehont -19 minutes ago
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -2 hours ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -3 hours ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -3 hours ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -4 hours ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -6 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -6 hours ago

c

Address to the nation

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Sun, 24/05/2020 - 09:34
Forums

Ek sien die president gaan vannaand om 19:00 die nasie toe spreek, hoop hy gaan meer sê as die laaste adres.

My vermoede is dat hy gaan vlak drie se datum aankondig.

Môre Johann en ander

Hy het nie 'n keuse om gesig te wys nie, anders gaan die volk vergeet dat hy die amptelike president is. 

Hy sal sekerlik probeer om 'n eiertjie te lê oor die Prof. Gray kritiek, wat hulle nie kan verwerk nie. Die aankondiging van die datum sal seker deur mev Zuma gedoen word, aangesien sy blykbaar aan stuur van sake staan, of so voorgehou word

Moenie julle asem ophou nie, vlak 3 mag dalk 1 Junie vir sekere streke aanbreek, maar drank en sigarette sal taboe bly. Ek verwag ook nie dat ons sal kan begin vakansie hou nie.

Ek vind jou keuse van Onderwerp-Ween Hoekie heel gepas, jou ou rakker.

Groete

 

 

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 24/05/2020 - 10:43

Dink ook die tabak en alkohol gaan oorstaan, net omrede die kritiek daaroor. Is klein Doedoezaanie nog met die sluikhandeltabak doenig?, dalk sal sy mamma seker maak hy kan nou lekker skep. Die drank verstaan ek so half en half. Miskien moet sy die bo 60 toelaat, hulle is seker al verantwoordelik genoeg ? Of soos Gesie sê, met n paar uitsonderings.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 24/05/2020 - 11:04

Oom NEEF!, oom is stout, smiley Het oom nie gesien ek het tjoepstil gebly na oom Len se vraag op daai draad.

Het gesien, hier gaan oom Len my `n pakslae gee. 

Nou wonder ek of mens kan gaan kamp op level 3, al is dit net in jou eie provinsie?  Sal die plekke oop wees?

Moet so twee weke verlof binnekort vat anders verloor ek dit. Sou graag wou gaan kamp. Geldjies is bietjie skraps en het gedink aan Weesgerus. Hulle het billike pryse op die oomblik(wetie of hul oop gaan wees nie) en is ook naby.

Groete

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 24/05/2020 - 11:27

Kom kuier beslis as dinge uitwerk, nie net omdat ek vermoed oom `n stash sigarette het nie, maar naturrlik om te ontmoet ja!

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 24/05/2020 - 11:57

Jislaaik oom Arie, ek het nou net gaan stort en dink aan baie nonsens as ek stort.

Se nou net dinge werk miskien so uit dat ek kan gaan kamp, sal ek steeds nie vir oom hulle kan gaan kuier nie.

Die risiko is net te groot. Mense met onderliggende toestande moet baie ekstra versigtig wees. Mens kan net nie daai kans vat nie, se nou byvoorbeeld ek steek tannie Petra aan. Dit is iets wat ek nie op my gewete wil he nie.

LOL, ek se nie dat ek COVID het nie maar is `n baie hoe risiko geval. Baie mense het dit en toon geen simptome. Het al begin werk voor die eerste lockdown verby is. Die week alleen wat verby is moes ek na 6 verskillende kantore gaan, vol gepak met mense en die komende week gaan dieselfde wees.

Sal maar fotos wys. smiley

 

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 24/05/2020 - 12:03

Aggenee man, nou smokkel ek met my eie kop. As ek lees wat ek hierbo skryf, sal die verantwoordelike ding vir my wees om eerder nie te gaan kamp nie. sad

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 24/05/2020 - 18:36

Ek voorspel / raai :-

Vlak 3 vir die hele land, maar "hot spots" binne in elke provinsie bly op Vlak 4

Vlak3 :-

  • Onbeperkte pad-reise, binne dieselfde provinsie
  • Binnelandse vlugte word hervat met sekere beperkings
  • Kleinhandel-drankverkope gedurende ingekorte tye gaan toegelaat word
  • Sigaret- en tabak-verkope word hervat
  • Wegneem-etes toegelaat
  • Hotelle, gastehuise en vakansie-oorde binne dieselfde provinsie oop
  • Draf/stap beperking word opgehef
  • Aandklok-reël word opgehef
Secunda

Sleep nou

Mon, 25/05/2020 - 13:12

Hy het nie veel gese nie wanneer se hulle ons kan gaan kamp hoe lui die gesegte your guess is as good as mine

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 25/05/2020 - 15:46

Glo ons sal weer Augustus kan gaan kamp.

Enigste verskil sedert inperking begin het, vir my, is dat winkels nou oop is, ek mag steeds nie oor die rivier nie.😀 

Middag Johann en ander kampeerders

Ek hoop natuurlik dat ons oor provinsies kan kampeer alreeds in Julie. Ek sal baie teleurgesteld wees as ek nie Balule toe kan gaan nie.

'n Goeie 2de prys is dan maar om in jou plaaslike provinsie te kampeer.

Groete

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 25/05/2020 - 19:58

Naand Wessel, ek het nie 'n kans vir 'n kamp winter kamp in die Vrystaat nieno

'n Goeie 2de prys is dan maar om in jou plaaslike provinsie te kampeer.