TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74400 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Reis vir ontspanning is nou wettig! Red Ons Kampeerbedryf Wildehont -8 hours ago
Braai (ers)… Huis se binnebraai Willem Brits -10 hours ago
Addo se Web-Cam Foto Addo se Web-Cam Foto's Willem Brits -10 hours ago
Nossob se Web-Cam Foto Nossob se Web-Cam Foto's Willem Brits -10 hours ago
Braai Huis se binnebraai Harry Du Randt -10 hours ago
Satara se Web-Cam Foto Satara se Web-Cam Foto's Willem Brits -11 hours ago
Orpen se Web-Cam Foto Orpen se Web-Cam Foto's Willem Brits -11 hours ago

c

Junie 2020 Koffie Kroeg

Centurion
Submitted by Dusty on Mon, 01/06/2020 - 01:58
Forums

Goeie môre almal. 

Dit is amptelik die eerste winters aand. 

Ek werk nou 2 dae per week vanaf die huis en 3 dae op kantoor. 

Lekker dag vir elkeen. 

Bloemfontein

Lapskag

Mon, 01/06/2020 - 10:01

Môre môre julle almal, lekker koel on die oggend en agter middag en baie lekker deur die dag. Het vroeg gaan fiets ry en kan voel die koue luggie brand die onfikse longe. Is seker maar elke ou se keuse hoe hy wat doen. Lekker winter week vir julle. 

Middag almal

Die stilte is sekerlik toe te skryf aan die feit dat baie mense, soos ek ook weer begin werk het. 

Dit was nogal vremd om na 2 maande weer na die werkplek te gaan. Dan boonop al die ekstra voorsorg maatreels wat nagekom moet word.

Genadiglik kon ek weer gaan werk, 2 maande van afgetree wees laat mens nogal ernstig dink aan voor/nadele van vroeë aftrede.

Groete.

 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 01/06/2020 - 17:47

Goeie middag / goeie naand Kampforum !

Ek sien die DA Kaap Onderwysdepartement het die ANC nasionale onderwysdepartement die middelvinger gewys en toe skole hier laat open  -  veral na die verwarring veroorsaak deur die Minister om nie haar afspraak gisteraand om 18:00 na te kom nie.

Ek sien egter die Menseregte Kommissie (van alle instansies !) neem nou die Kaapse Onderwys Departement hof toe.  Interessant is dat die Kommissaris, adv André Gaum wat die besluit geneem het, is 'n ou ANC-man wat in die ANC dae hier in die Kaap die Provinsiale Minister van Opvoeding (Education) was.  Foeitog, hy wil seker nog sy gewig rondgooi omdat hy nie kan aanvaar iewers word 'n provinsie beter as ander bestuur.

Die argument (ook dié van sommige vakbonde) is dat skole in bevoorregde gebiede mag nie bevoordeel word bo skole in minder-bevoorregte gebiede nie.  Met ander woorde, alle skole in die land moet afgetrek word na die nie-gereed skole.  Dit behoort mos andersom te wees  -  die nie-gereed skole moet mos opgetrek word na die ander skole.  Dan kan die Onderwys Departement voluit aandag gee aan die skole wat sukkel en die res los wat op "auto-pilot" hardloop.

Die Covid-19 pandemie het blootgelê dat die huidige regering die afgelope 26 jaar die agtergeblewe burgers van Suid-Afrika agtergeblewe gelaat het.

Goeie môre almal. 

Len,  jy is in die kol met veral jou laaste paragraaf, net jammer dat die minderheid na 26 jaar nog steeds die skuld moet dra. 

Sal seker so wees tot die einde van dae. 

Maar dit daar gelaat, julle moet julle dag geniet. 

Oor 20 dae is dit die middel van die winter dan draai die seisoen weer lente toe!!

Centurion

Dusty

Tue, 02/06/2020 - 04:15

Goeie môre almal.

Uitgespaar vir nog 'n dag. Geniet die dag tenvolle.

Dit is reg, een van die dae draai die seisoen weer. Ek dink egter dat ons nog heelwat koue gaan beleef

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Tue, 02/06/2020 - 06:00

More more al die mense, ek het amper vergeet hoe heerlik n babelaas voel. Niks wat twee disprins nie kan regmaak nie. smiley 

Vandag word die wyfie 50. Ek het nou net twee lekker duk steaks, sosaties en wors uitgehaal om te ontvries. Wil dit spesiaal maak vir haar. 

Wou al ons vriende nooi vir n groot ene maar dit gaan nie gebeur nie.

Het vir haar n 4 in 1 laser wifi printer vir haar verjaarsdag gekoop.

Centurion

Dusty

Tue, 02/06/2020 - 06:41

Môre Gesie.

Dra my gelukwense aan jou vrou oor. Dit klink my of sy lekker bederf gaan word vandag.

 4 in 1 laser wifi printer

Jy klink hier nou net soos iemand wat ek lank gelede geken het. Wanneer hy 'n sekere gereedskap baie nodig het dan koop hy dit vir sy pa vir sy verjaarsdag en gaan leen dit dan gereeld. 

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Tue, 02/06/2020 - 06:46

Thx oom Dusty, oom slaan die spyker op die kop.smiley

Die keer onskuldig, sy het gemoan en gese sy is gatvol om my altyd te vra om by die werk vir haar goette te gaan print en scan en sy like nie om te wag nie. smiley

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 02/06/2020 - 06:59

Goeie môre mense en geeste, julle moet die dag geniet.👍 

Gesie, baie geluk aan jou wyfie, mag dit vir haar 'n baie goeie jaar wees.

Jy laat my terug dink,  ek het baie jare terug vir my vrou 'n kar radio vir haar verjaardag gekoop, sy het toe nog nie 'n kar gehad nie.😀 

Met my volgende verjaardag, kry ek toe 'n elektriese braai pan, darem regtig spiteful nê.😈