TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74310 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dis nog nie buitensporig… Geniepsig Wildehont -1 hour ago
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -3 hours ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -4 hours ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -4 hours ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -5 hours ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -7 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -7 hours ago

c

Kamp en Ramaphosa

PRETORIA
Submitted by Leeutemmer on Wed, 17/06/2020 - 21:42
Forums

Soos gewoonlik het Ramaphosa baie gese maar eintlik ook niks. Hy het meer oor geweld teen vroue en kinders gepraat as oor kovid 19. Ek glo nie hy weet wat kamp is nie!!! wonder net??? mag ons gaan kamp of nie. Maak nie sin om dit langer toe te hou nie, sou hulle jou met jou wa aftrek, is daar `n boete of word jy net teruggetstuur huis toe.

 

 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 17/06/2020 - 22:19

Soos gebruiklik sal ons moet wag vir die ministeriële regulasies om afgekondig te word in die Staatskoerant.

Die feit dat restourante en hotelle/gastehuise (uitgesonderd AirB&B) kan oopmaak, lei ek af dat vakansie-oorde (en ek neem aan ook kampoorde) sal mag open, maar ek twyfel baie sterk of oorgrens-reise toegelaat sal word.

Dis my raai hierdie, maar ons sal moet wag en sien.

Ns. As die President die Suid-Afrikaanse volk wil toespreek, kan hy seker enige saak van belang aanroer en nie noodwendig net die Covid-19 pandemie nie.  Die geweldadige moord op vroue en kinders die afgelope twee weke het hom geen ander keuse gelaat om daaroor te praat nie. Dit bly egter vir my interessant dat die rasse-kwessie net navore kom wanneer die slagoffer en die geweldenaar van verskillende rasgroepe is, uitgesonderd plaasmoorde wat maar min aandag trek.  As die twee partye van dieselfde rasgroep is, is dit minder populêr by protesteerders.

Worcester

Wildehont

Thu, 18/06/2020 - 02:51

Ek het nie geweet hy gaan praat nie (en sou nie geluister het al het ek geweet nie). Klink darem of hulle uiteindelik amper tot hulle sinne gekom het. Ons sal egter moet wag en kyk wat Eerste Minister Zuma besluit. Cyril is maar net ‘n handpop en swaai nie die septer nie. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 18/06/2020 - 07:20

Leeutemmer, ja swaer, is swaar swaer. Hy praat baie, maar sê min!

Met sy gehammer op geslags geweld, en geweld teenoor kinders,  stem ek saam,  dat daar daad werklik op getree moet word, en dat strawwe maksimaal af gedwing moet word.  Dit, in my opinie  is 'n direkte gevolg van alkohol misbruik.

Die land se leier, met die kop doek, sal seker die nodige "lime light" gebruik om haar septer te swaai.

Len, ek hoop jy is reg met die kamp bedryf, dan gaan kamp ek maar in Bloemfontein, of Gariep dam 😂

Alles dui vir my daarop dat jy MAG kamp in jou eie provinsie en dit laat my my met een groot probleem!

Ons kamp NIE in GAUTENG nie - punt.

So, vir nou is kamp uit vir die Petoors Clan.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 18/06/2020 - 11:02

Frik, maar daar is paar mooi lekker plekke in Gauteng.

Dinokeng het 'n paar, Eastco Magalies, Bass Lake.

Frik, maar daar is paar mooi lekker plekke in Gauteng.

Dinokeng het 'n paar, Eastco Magalies, Bass Lake.

Dankie Willem, ek sal jou op vat en gaan kyk hoe lyk Willems Rus, lyk nogal of dit in die bosveld kan wees.yes 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 19/06/2020 - 06:40

More Frik, jy kan Willems rus gerus 'n probeer gee, ons was al daar, dit is 'n puik oord, absoluut rus en vrede. Die stuk grond pad van Hammanskraal af kan dalk bietjie rof wees, maar ons het hom goed gevang. 

Daar is geen winkel op die oord nie, jy moet dus als saam vat.

Ek sal beslis weer gaan👍

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 21/06/2020 - 11:57

Ek self was ook nog nie by hulle nie, maar daar is 'n hele paar oorde in Dinokeng.

Middag vriende

Lyk my ons stem saam dat mens binne jou eie provinsie mag beweeg, selfs om te kampeer.

Die vraag is egter: moet die kampeerplekke aan sekere vereistes voldoen, word hulle ge-audit en dan gesertifiseer dat hulle oop mag maak.[kampeerders ontvang]

Daar moet 'n rede wees waarom SANPARKE nog toe is vir oornagbesoekers. Waar al die plekke sekerlik 'n inkomste wil kry, hoekom adverteer hulle nie dat hulle oop is nie??

Ons ontbreek beslis sekere inligting. Het iemand al prober bespreek by 'n plek binne sy provinsie??

Groete 

Middag vriende

Ek het nounet met Dube buite Brits gesels.

Volgens die dame is alles baie vaag. Hulle wag op die detail wat in staatkoerant geplaas moet word. Dit klink of die kampeerplekke nie weet of hulle mag oopmaak nie, nog minder of daar voorskrifte is vir hulle.

Dus kortliks, ek glo nie die kampeerplekke gaan besprekings maak vir die onmiddelike periode nie. Dube neem wel besprekings vir Desember al.

Hoop dit help

Waar my wa staan

Arie

Mon, 22/06/2020 - 17:16

Wessel daar is plekke wat adverteer op face boek. Almal het maar verskilende reels vir social distancing en so. Soek maar rond en jy sal vind.

Worcester

Wildehont

Mon, 22/06/2020 - 17:48

Lyk my ons stem saam dat mens binne jou eie provinsie mag beweeg, selfs om te kampeer.

Die owerhede stem ongelukkig volgens die artikel nie saam nie. Daar is mense wat by Ceres wou gaan sneeu kyk het wat R1 000 beboet is. 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 22/06/2020 - 19:42

Wiilehont, gemelde artikel maak nie sin nie. Ons mag plesier-ritte doen in Wildparke, het toevallig gister met Karoo N Park gesels,  dagbesoekers is welkom. Dan binne n 5km radius inkopies doen. Ons hier in Oudtshoorn is deel van die Eden ditrik munisipaliteit, dus mag ek van hier tot in George, selfs Knysna toe gaan vir aankope, en het nie ñ permit nodig nie, en dit is so oorgedra by ñ padblokade.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 22/06/2020 - 20:52

My opinie is ons moet maar wag om te sien watter regulasies word Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer.  Interessant is dat die ministers nie meer perskonferensies hou oor hulle regulasies nie  -  seker omdat hulle besef hulle het gekke van hulleself gemaak.

Worcester

Wildehont

Mon, 22/06/2020 - 21:23

gemelde artikel maak nie sin nie

Baie dinge wat ons regering doen maak nie sin nie. Soos Oom Len sê sal die nuwe regulasies dinge ietwat duideliker maak. Tot dan gaan ek nie ‘n kans vat nie. Jy hoef net in ‘n padblokkade met die verkeerde polisie- of weermaglid te beland dan toer jy terug huis toe. Ons is saam met die stad Kaapstad ‘n sg hotspot en hulle is bietjie ernstiger oor gepaardgaande wetgewing hier. Dis ook nie regtig wys om te veel uit die huis uit te gaan onder omstandighede nie. Volgens ons premier in die artikel is die kruin van ons infeksies naby.